Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 58—Nog ‘N Illustrasie

    Aan my is die belangstelling getoon wat die ganse hemel stel in die werk wat op die aarde aangaan. Jesus het ‘n magtige engel opdrag gegee om neer te daal en die aardbewoners te waarsku om voor te berei vir Sy tweede koms.Toe die engel die teenwoordigheid van Jesus in die hemel verlaat het, het ‘n baie helder en heerlike lig voor hom uitgegaan. Aan my is meegedeel dat sy opdrag was om die aarde te verlig met sy heerlikheid, en die mense te waarsku van die aanstaande wraak van God. Menigtes het die lig aangeneem. Sommige van die mense was baie ernstig, terwyl ander opgeruim en in verrukking verkeer het. Almal wat die lig aangeneem het, het hulle aangesigte hemelwaarts gewend en God verheerlik. Alhoewel die lig op almal geskyn het, het sommige bloot net onder die invloed daarvan gekom, maar het dit nie hartlik aangeneem nie. Baie was met groot woede vervul. Predikante en gemeente lede het saamgestaan met die grofste sondaars, en die lig wat van die magtige engel geskyn het, met alle mag weerstaan. Maar almal wat dit aangeneem het, het hulle onttrek aan die wêreld, en in noue gemeenskap met mekaar verkeer.EG 247.1

    Die Satan en sy engele was druk besig in ‘n poging om die aandag van so baie as hulle maar kon, af te trek van die lig. Die groep wat dit verwerp het, is in duisternis gelaat. Ek het gesien dat die engel van God met die grootste belangstelling waak oor Sy belydende volk, om die karakter op te teken wat hulle gevorm het onder die verkondiging van die hemelse boodskap aan hulle. En waar baie van diegene wat voorgegee het dat hulle Jesus liefhet, die hemelse boodskap spottend en met haat verwerp het, het ‘n engel op ‘n perkamentrol hulle skandelike daad opgeteken. Die ganse hemel was met verontwaardiging vervul dat Jesus so geaffronteer is deur Sy sogenaamde volgelinge.EG 247.2

    Ek het die teleurstelling gesien van diegene wat die Here verwag het toe Hy nie op die verwagte tyd gekom het nie. Dit was Gods doel om die toekoms te verberg en Sy volk tot ‘n besluit te bring. Sonder die prediking van ‘n bepaalde tyd vir die koms van Christus, sou die werk wat God beoog het nie gedoen gewees het nie. Die Satan het menigtes gelei om die groot gebeurtenisse in verband met die oordeel en die einde van die proeftyd ver in die toekoms te stel. Dit was dus nodig om die mense aan die verstand te bring dat hulle elke oomblik gereed moet wees.EG 247.3

    Toe die tyd verbygegaan het, het diegene wat die lig van die engel nie ten volle aangeneem het nie, aangesluit by diegene wat die boodskap verag het, en hulle het ook die teleurgesteldes bespot. Die engele het gesien in watter posisie Christus se volgelinge was. Die verbygaan van die bepaalde tyd het hulle getoets en beproef, en baie is in die weegskaal geweeg en te lig bevind. Hulle het luidrugtig daarop aanspraak gemaak dat hulle Christene is, maar in byna alle opsigte het hulle Christus nie gevolg nie. Die Satan het gejuig oor die toestand van die sogenaamde volgelinge van Christus. Hy het hulle in sy strikke gevang. Hy het die meerderheid van hulle gelei om die nou paadjie te verlaat, en hulle het geprobeer om die hemel te bereik langs ‘n ander weg. Engele het gesien hoedat die reines en heiliges vermeng was met sondaars in Sion en met wêreldsgesinde huigelaars. Hulle het gewaak oor die ware dissipels van Jesus; maar die besoedeldes het ook die heiliges besoedel. Diegene wie se harte gebrand het met ‘n groot begeerte om Jesus te sien, is deur geveinsde broeders belet om van Sy koms te praat. Die engele het die toestand aanskou, en hulle het gesimpatiseer met die oorblyfsel wat die koms van hulle Here liefhet.EG 248.1

    ‘n Ander magtige engel het opdrag gekry om neer te daal op die aarde. Jesus het in sy hand iets geplaas wat geskrywe was, en op weg na die aarde het hy uitgeroep, “Geval, geval het Babilon.”Toe het ek gesien dat die teleurgesteldes weer hulle oë op die hemel gerig het, en met geloof en hoop uitgesien het na die verskyning van hulle Here. Maar dit het gelyk of baie van hulle in ‘n benewelde toestand verkeer het asof hulle aan die slaap was; maar ek het nogtans die tekens van groot droefheid op hulle gesigte gesien. Die teleurgesteldes het uit die Skrifte gesien dat hulle in ‘n talm tyd was, en dat hulle geduldig sou moes wag op die vervulling van die visioen. Dieselfde bewyse wat hulle beweeg het om hulle Here te verwag in 1843, het hulle gelei om Hom in 1844 te verwag. Maar ek het gesien dat die meerderheid nie die energie gehad het wat hulle geloof in 1843 gekenmerk het nie. Hulle teleurstelling het hulle geloof gedemp.EG 248.2

    Namate die volk van God hulle stemme verenig het met die van die tweede engel, het die leërskare van die hemel met die grootste belangstelling die uitwerking van die boodskap gadegeslaan. Hulle het gesien hoe baie van diegene wat die naam Christen gedra het, hulle wend tot die teleurgesteldes en hulle verag en bespot. Toe hulle spottend gesê het, “Julle het nog nie opgevaar nie!” het ‘n engel die woorde opgeskryf. Die engel het gesê, “Hulle bespot God.” Daar is terugverwys na ‘n dergelike sonde in die ou tyd. Elia was opgeneem in die hemel, en sy mantel het geval op Elisa. Bose jongmense, wat van hulle ouers geleer het om die man van God te verag, het Elisa agtervolg en spottend uitgeroep, “Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!”Deur Sy dienaar so te beledig, het hulle God beledig, en hulle het onmiddellik hulle straf gekry. Net so ookEG 248.3

    sal diegene wat die spot gedryf het met die idee dat die heiliges sou opvaar, getref word met die wraak van God, en hulle sal tot die besef kom dat dit ‘n baie ernstige saak is om te spot met hulle Skepper.EG 249.1

    Jesus het aan ‘n ander engel opdrag gegee om vinnig te vlieg om die verflouende geloof van Sy kinders te versterk, en hulle te help om die boodskap van die tweede engel te verstaan, en ook die belangrike gebeurtenis wat eerlank in die hemel sou plaasvind. Ek het gesien hoe hierdie engele groot krag en lig van Jesus ontvang en vinnig na die aarde vlieg en hulle opdrag om die tweede engel met sy werk te help uitvoer. ‘n Groot lig het op die volk van God geskyn toe die engele uitgeroep het,“Daar kom die bruidegom, gaan uit Hom tegemoet.”Toe het ek hierdie teleurgesteldes sien opstaan, en hulle het saam met die tweede engel uitgeroep: “Daar kom die bruidegom, gaan uit Hom tegemoet.” Die lig van hierdie engele het orals die duisternis deurdring. Die Satan en sy engele het geprobeer om hierdie lig te keer sodat dit nie die beoogde uitwerking sou hê nie. Hulle het die engele uit die hemel weerstaan, en aan hulle gesê dat God die mense bedrieg het, en dat hulle met al hulle krag en lig die wêreld nie sou kon laat glo dat Christus sal kom nie. Maar ten spyte van die Satan se pogings om die weg te versper en die aandag van die mense af te trek van die lig, het die engele van God met hulle werk voortgegaan.EG 249.2

    Diegene wat die lig aangeneem het, het baie gelukkig gelyk. Hulle het na die hemel gekyk en verlang na die koms van Jesus. Sommige het in groot droefheid geween en gebid. Dit het gelyk of hulle oë op hulleself gerig was, en hulle het dit nie gewaag om na bo te kyk nie. ‘n Lig uit die hemel het die duisternis van hulle weggehou, en hulle oë, wat eers in wanhoop op hulleself gerig was, het hulle na bo gerig, terwyl ‘n uitdrukking van dankbaarheid en vreugde op hulle gelaat te sien was. Jesus en die leërskare van engele het hierdie getroue, wagtende mense met goedkeuring bejeën.EG 249.3

    Diegene wat die lig van die eerste engel se boodskap verwerp en beveg het, het die van die tweede uit die oog verloor, en hulle het nie gebaat by die krag en heerlikheid waarmee die boodskap, “Daar kom die bruidegom!” gepaardgegaan het nie. Jesus het met ‘n frons van hulle af weggedraai; want hulle het Hom beledig en verwerp. Diegene wat die boodskap aangeneem het, was gehul in ‘n wolk van heerlikheid. Hulle was baie bang om God te mishaag, en hulle het gewag en gewaak en gebid om Sy wil te ken. Ek het gesien dat die Satan en sy engele geprobeer het om hierdie lig weg te hou van die volk van God; maar solank as die wagtendes die lig gewaardeer het, en hulle oë van die aarde af op Jesus gerig het, het die Satan geen mag gehad om die kosbare strale van hulle af weg te hou nie. Die boodskap uit die hemel het die Satan en sy engele baie kwaad gemaak, en hulle het diegene wat voorgegee het dat hulle Jesus liefhet, maar Sy koms verag het, beweeg om die gelowige getroues te verag en te bespot. Maar ‘n engel het ag geslaan op elke belediging, elke affront, en elke onreg wat die kinders van God moes verduur van hulle sogenaamde broeders.EG 250.1

    Baie het hulle stemme verhef en geroep, “Daar kom die bruidegom!” en hulle het hulle afgeskei van hulle broeders wat nie die verskyning van Jesus liefgehad het nie, en wat hulle nie wou toelaat om te praat van Sy tweede koms nie. Ek het gesien dat Jesus Sy gesig wegdraai van diegene wat Sy koms verwerp en verag het, en toe het Hy Sy engele beveel om Sy kinders af te skei van die onreines, sodat hulle nie ook besoedel word nie. Diegene wat gehoorsaam was aan die boodskap, het opsy gestaan, vry en verenig. ‘n Heilige lig het op hulle geskyn. Hulle het die wêreld versaak, hulle aardse belange opgeoffer, hulle aardse skatte opgegee, en hulle oë op die hemel gevestig, in die verwagting om hulle geliefde Verlosser te sien. ‘n Heilige lig het van hulie aangesigte gestraal, wat getuig het van vrede en vreugde in hulle binneste. Jesus het Sy engele beveel om hulle te gaan ver sterk, want die uur van hulle beproewing het nader gekom. Ek het gesien dat hierdie wagtendes nog nie beproef is soos hulle sou word nie. Hulle was nog nie vry van alle dwalings nie. En ek het die genade en goedheid van God gesien in Sy waarskuwing van die aardbewoners, en Sy herhaalde boodskappe om hulle tot ernstige selfondersoek en die ondersoek van die Skrifte te lei om ontslae te raak van die dwalings wat hulle oorgeneem het van die heidene en die pousgesindes. Deur daardie boodskappe was God besig om Sy volk te bring tot die plek waar Hy met groter krag vir hulle kon werk, en waar hulle al Sy gebooie kon hou.EG 250.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents