Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 54—William Miller

    God het Sy engel gestuur om te werk in die hart van ‘n landbouer wat nie in die Bybel geglo het nie, om hom te beweeg om die Skrifte te ondersoek. Die engele van God het daardie uitverkorene herhaaldelik besoek, om sy verstand te lei en hom die profesieë te laat verstaan wat maar altyd duister was vir Gods volk. Die eerste skakel van die ketting van waarheid is aan hom gegee, en hy is gelei om skakel vir skakel op te soek totdat hy die Woord van God met bewondering bejeën het. Hy het gesien dat daar ‘n volmaakte ketting van waarheid was. Die Woord wat hy eers nie wou aanneem as geïnspireer nie, het nou voor sy gees ontvou in al sy skoonheid en heerlikheid. Hy het gesien dat die een skrifgedeelte die ander uitlê, en wanneer een gedeelte nie vir hom duidelik was nie( het hy ‘n ander gedeelte van die Woord gevind wat dit verklaar het. Hy het die heilige Woord van God met vreugde en met die grootste respek en eerbied bejeën.EG 227.1

    Namate hy die profesieë nagespeur het, het hy gesien dat die aardbewoners in die slottonele van die wêreld se geskiedenis lewe, maar hulle het dit nie geweet nie. Hy het die kerke betrag en gesien dat hulle verdorwe was; hulle het Jesus nie meer liefgehad nie, maar die wêreld; hulle het gesoek na wêreldse eer pleks na die eer wat van omhoog kom; hulle het wêreldse rykdom nagejaag pleks om skatte in die hemel te vergader. Hy kon orals die geveinsdheid, duisternis, en doodsheid sien. Sy gees is binne-in hom opgewek. God het hom geroep om sy plaas te verlaat, net soos Hy Elisa in die land agter sy osse weggeroep het om Elia te volg. In vrees en bewing het William Miller aan die mense die verborgenhede van die koninkryk van God begin verduidelik, en sy toehoorders gevoer, deur die profesieë tot by die tweede koms van Christus. Met elke poging het sy krag vermeerder. Net soos Johannes die Doper die eerste koms van Jesus verkondig het en die weg berei het vir Sy koms, het William Miller en diegene wat hom bygestaan het die tweede koms van die Seun van God verkondig.EG 227.2

    Ek is teruggevoer tot die dae van die dissipels, en daar is aan my getoon dat God ‘n spesiale werk gehad het vir die geliefde Johannes om te doen. Die Satan was vasbeslote om daardie werk te verhinder, en hy het sy die- naars daartoe gelei om Johannes dood te maak. Maar God het Sy engel gestuur en Johannes op wonderbaarlike wyse te bewaar. Almal wat die openbaring van Gods krag gesien het toe hy Johannes verlos het, was verbaas, en vele was oortuig dat God met hom was, en dat sy getuienis aangaande Jesus betroubaar was. Diegene wat hom wou doodmaak, was bang om dit weer te probeer, en hy is toegelaat om maar te ly vir Jesus. Hy is vals beskuldig deur sy vyande, en is toe verban na ‘n eensame eiland, waarheen die Here Sy engel gestuur het om aan hom die gebeurtenisse te openbaar wat op die aarde sou plaasvind, en die toestand van die kerk tot by die einde-sy afvalligheid, en ook die posisie wat hy kan beklee as hy die Here sou behaag en die oorwinning sou behaal.EG 227.3

    Die engel van die hemel het in sy majesteit na Johannes gekom, sy aangesig het geblink van die heerlikheid van God. Hy het aan Johannes tonele van die allergrootste belang in die geskiedenis van die kerk van God geopenbaar, en hy het aan hom die gevaarlike stryd getoon wat die navolgers van Christus sal moet stry. Johannes het hulle deur vurige beproewings sien gaan, hoedat hulle gereinig en beproef is, en hoe hulle eindelik, as oorwinnaars, gered is in die koninkryk van God. Die gelaat van die engel het geskitter van vreugde, en dit was baie heerlik toe hy Johannes gewys het op die uiteindelike oorwinning van die kerk van God. Waar die apostel die uiteindelike verlossing van die kerk gesien het, is hy weggevoer deur die heerlikheid van die toneel, en in diepe eerbied het hy neergeval aan die voete van die engel om hom te aanbid. Maar die hemelse boodskapper het hom dadelik opgerig en saggies bestraf deur te sê, “Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.” Daarna het die engel aan Johannes die hemelse stad getoon, met al sy skitterende glorie, en hy, in verrukking, en oorbluf, en sonder om te dink aan die bestraffing van die engel ‘n rukkie tevore, het weer aan sy voete neergeval. Weer het die engel hom bestraf deur te sê, “Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.”EG 228.1

    Beide predikante en gemeentelede het die boek Openbaring beskou as onverstaanbaar, en nie so belangrik as die ander Skrifte nie. Maar ek het gesien dat hierdie boek inderwaarheid ‘n openbaring is, veral vir diegene wat in die laaste dae sou lewe, om hulle te help verstaan wat hulle posisie en plig is. God het William Miller se aandag gevestig op die profesieë, en hom baie lig gegee op die boek Openbaring.EG 228.2

    As hulle Daniel se gesigte verstaan het( sou die mense die gesigte van Johannes ook beter verstaan het. Maar op die regte tyd, het God in die hart gewerk van Sy uitverkore dienaar wat( duidelik in die krag van die Heilige Gees, die profesieë verklaar en die harmonie aangetoon het tussen die gesigte van Daniël en Johannes en ander dele van die Bybel; en hy het die vreeslike waarskuwings van die Woord voor die mense beklemtoon en hulle gemaan om klaar te maak vir die koms van die Seun van die mens. Diegene wat hom gehoor het, is tot diepe oortuiging gebring, en predikante en gemeentelede en sondaars en ongelowiges, het hulle tot die Here bekeer sodat hulle in die oordeel sou kon staan.EG 229.1

    EngelevanGod hetWilliam Miller vergesel op sy sending. Hy wasstandvastig en moedig, en hy het die boodskap wat aan hom gegee is sonder vrees verkondig. ‘n Wêreld in duisternis, en ‘n koue, wêreldsgesinde kerk was genoeg om al sy kragte in werking te bring en hom gewillig te maak om te swoeg en ontbering te ly. Alhoewel hy teenstand gekry het van die naam-Christene en die wêreld, en die Satan en sy engele versuur het( het hy aangehou om die ewige evangelie te verkondig aan groot gehore, en sy stem is wyd en syd gehoor:EG 229.2

    “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom.”EG 229.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents