Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 15—Die Blindes Lei Die Blindes

    Ek het gesien hoedat die blinde leidsliede besig is om siele net so blind te maak soos hulleself, sonder ‘n besef van wat oor hulle sal kom. Hulle verhef hulleself teen die waarheid, en namate dit seëvier, sal vele wat hierdie leraars beskou het as manne van God en tot hulle opgesien het vir lig, onrustig word. Hulle vra hierdie leiers aangaande die Sabbat, en hulle, met die doel om van die vierde gebod ontslae te raak, sal probeer om dit weg te redeneer. Ek het gesien dat hulle nie eerlik was met die baie stellings wat hulle teen die Sabbat ingeneem het nie. Die hoofdoel was om verby die Sabbat van die Here te kom en om ‘n ander dag te hou as die een wat deur Jehova ingestel en geheilig is. As hulle uit die een stelling gejaag word, neem hulle die teenoorgestelde een in selfs ‘n standpunt wat hulle self ‘n rukkie tevore veroordeel het as on-logies.EG 63.1

    Gods kinders is besig om tot die eenheid van die geloof te kom. Diegene wat die Sabbat van die Bybel hou, is eensgesind in hulle sienswyse oor Bybelse waarheid. Maar diegene wat die Sabbat weerstaan onder die advent mense is nie eensgesind nie en hulle is verdeeld. Die een weerstaan die Sabbat en sê dat dit so en so is, en meen dat die saak daarmee afgehandel is. Maar aangesien sy poging nie die vraagstuk afgehandel het nie, en die Sabbat waarheid vooruitgaan en die kinders van die Here dit nog aanneem, kom ‘n ander een weer om dit omvêr te werp. Maar waar hy sy standpunt stel om verby die Sabbat te kom, vernietig hy volkome die argumente van die een wat die eerste poging gemaak het teen die waarheid, en stel hy die saak heeltemal anders voor. En so doen ‘n derde en ‘n vierde; maar nie een van hulle wil die saak aanneem soos dit in die Woord van God staan nie: “Die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.”EG 63.2

    Daardie mense, het ek gesien, is nog vleeslik, en daarom onderwerp hulle hul nie aan die wet van God nie. Hulle is self nieeensgesind nie, maar nogtans werk hulle baie hard met hulle veronderstellings wat die Skrifte uit verband ruk om ‘n bres in die wet van God te slaan, en om die vierde gebod te verander, afteskaf, of enigiets daarmee te doen liewer as om dit te hou. Hulle probeer om die kudde stil te maak aangaande daardie vraag; daarom kom hulle voor die dag met allerhande sienswyses hopende dat dit die mense sal bevredig en dat hulle hul Bybels so min sal ondersoek dat hulle leiers meer dwaalleer as waarheid kan voorstel, en dat hulle dit as sulks sal aanneem en nooit verder sal kyk as hulle leiers nie.EG 63.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents