Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 68—Die Tyd Van Benoudheid

    Ek het die heiliges die dorpe en stede sien verlaat; hulle het in groepe en op eensame plekke gaan woon. Engele het hulle van voedsel en water voorsien, terwyl die goddelose honger en dors gely het. Toe het ek die leiers van die aarde sien raadhou, en die Satan en sy engele was rondom hulle besig. Ek het geskrifte gesien, en afskrifte daarvan is in verskillende dele van die land versprei; dit het bevele bevat dat as die heiliges nie hulle snaakse geloof versaak, die Sabbat opgee, en die eerste dag van die week hou nie, sou dit die mense vrystaan om hulle na ‘n sekere tyd dood te maak. Maar in hierdie uur van beproewing het die heiliges kalm en bedaard gebly, vertrouende op God en Sy belofte dat ‘n uitweg vir hulle gevind sou word. Op sommige plekke, nog vóór die tyd vir die uitvoering van die dekreet, het die goddelose op die heiliges aangestorm om hulle te dood; maar engele, in die gedaante van soldate, het vir hulle geveg. Die Satan het die voorreg begeer om die heiliges van die Allerhoogste te vernietig; maar Jesus het Sy engele beveel om oor hulle te waak. God sal geëer word deur ‘n verbond te maak met diegene wat Sy wet gehou het in die teenwoordigheid van die heidene; en Jesus sal geëer word deur die getroues wat so lank vir Hom gewag het, te verheerlik sonder dat hulle die dood ondergaan het.EG 287.1

    Gou het ek gesien dat die heiliges in groot angs verkeer het. Dit het gelyk of hulle omring was deur die bose bewoners van die aarde. Dit het geskyn of alles teen hulle was. Sommige het begin vrees dat God hulle eindelik verlaat het om gedood te word deur die goddelose. Maar as hulle oë geopen kon gewees het, sou hulle gesien het dat hulle omring was deur die engele van God.Toe het die verwoede skare gekom, en daarna ‘n menigte van bose engele wat die goddelose aangehits het om die heiliges dood te maak. Maar voordat hulle Gods volk kon nader, moes die goddelose eers deur ‘n groep magtige, heilige engele dring. Dit was onmoontlik. Die engele van God het hulle verplig om terug te val, en dit het ook die bose engele wat dig om hulle was, genoodsaak om terug te val.EG 287.2

    Dit was ‘n uur van die vreeslikste angs vir die heiliges. Hulle het dag en nag tot God geroep om verlossing. Oënskynlik was daar geen moontlikheid dat hulle sou ontsnap nie. Die goddelose het alreeds die oorwinning begin behaal,en hulle het uitgeroep,“Waarom verlos julle God julle nie uit ons hande nie? Waarom vaar julle nie op en red julle lewens nie?”Maar die heiliges het hulle nie geantwoord nie. Soos Jakob het hulle met God geworstel. Die engele was baie begerig om hulle te verlos, maar hulle moes nog ‘n bietjie wag; die volk van God moes eers die beker drink en met die doop gedoop word. Die engele, getrou aan hulle opdrag, het waggehou. God sou nie toelaat dat Sy Naam in die skande kom onder die heidene nie. Die tyd was byna daar vir Hom om Sy mag te openbaar, en Sy heiliges op heerlike wyse te verlos. Vir die eer van Sy Naam sou Hy elkeen verlos wat geduldig vir Hom gewag het, en wie se name in die boek geskrywe was.EG 287.3

    Ek is terugverwys na die getroue Noag.Toe dit begin reën, en die vloedwaters gekom het, was Noag en sy gesin veilig in die ark, en God het die deur gesluit. Noag het die wêreld van sy tyd getrou gewaarsku, terwyl hulle hom bespot en gehoon het. Toe die waters op die aarde begin neersak, en die een na die ander verdrink het, het hulle daardie ark waarmee hulle so lustig die spot gedryf het, veilig op die water gesien, met die getroue Noag en sy gesin daarin. Ek het gesien dat die volk van God, wat die wêreld getrou gewaarsku het van Sy aanstaande toorn, verlos sou word. God sou nie die goddelose toelaat om diegene te vernietig wat gewag het op verheerliking, en wat nie die dekreet van die dier gehoorsaam en sy merk ontvang het nie. Ek het gesien dat as die goddelose toegelaat sou word om die heiliges om die, lewe te bring, sou die Satan en sy bose leërskare, en almal wat God haat, baie bly gewees het. En 0, hoe ‘n groot oorwinning sou dit nie vir die Satan wees nie om in die laaste stryd mag te hê oor diegene wat so lank gewag het om Jesus te sien wat hulle liefhet! Diegene wat gespot het met die idee van die hemelvaart van die heiliges, sal sien hoe God vir Sy kinders sorg, en hoe hulle heerlik verlos word.EG 288.1

    Toe die heiliges die stede en dorpe verlaat het, is hulle agtervolg deur die goddelose, wat hulle wou doodmaak. Maar die swaarde wat opgehef is om Gods volk te dood, het gebreek en so magteloos soos stukkies strooi op die grond geval. Engele van God het die heiliges beskut. Waar hulle dag en nag om verlossing gebid het, is hulle roepstem deur die Here verhoor.EG 288.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents