Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 7—Die Beproewing Van Ons Geloof

    In hierdietyd van beproewing behoort ons mekaar aan te moedig en te troos. Die versoekings van die Satan is vandag sterker as ooit tevore, want hy weet dat sy tyd kort is en dat die saak van elke indiwidu eerlank beslis sal word of vir die lewe of vir die dood. Dit is nie nou die tyd om te beswyk onder ontmoediging en beproewings nie; ons moet sterk wees onder al ons beproewings en volkome vertrou op die Almagtige God van Jakob. Die Here het aan my getoon dat Sy genade genoeg is vir al ons beproewings; en alhoewel hulle groter is as ooit tevore, sal ons, as ons volkome op God vertrou, elke versoeking deur Sy genade kan oorwin.EG 37.1

    As ons, ons beproewings te bowe kom, en die oorwinning oor die versoekings van die Satan behaal, sal ons die beproewing van ons geloof wat kosbaarder is as goud, kan verdra, en sal ons sterker en beter toegerus wees om die volgende beproewing die hoof te bied. Maar as ons beswyk onder die versoekings van die Satan, sal ons verswak, geen loon vir die beproewing kry nie, en nie so goed toegerus wees vir die volgende nie. Op hierdie wyse sal ons al swakker word totdat die Satan ons na willekeur gevange kan neem. Ons moet toegerus wees met die volle wapenrusting van God, en enige oomblik gereed wees vir die stryd met die magte van die duisternis. Wanneer versoekings en beproewings op ons aanstorm, moet ons na God gaan en Hom in die gebed smeek. Hy sal ons nie sonder hulp wegstuur nie, maar ons genade en krag gee om te oorwin, en die mag van die vyand te breek. 0, dat almal dinge in hulle ware lig kon sien, en beproewing mag verduur soos goeie krygsmanne van Jesus! Dan sou Israel voorwaarts gaan, sterk in God en in Sy krag.EG 37.2

    God het aan my getoon dat Hy aan Sy volk ‘n bitter beker gegee het om te drink, om hulle te was en te reinig. Dit is reeds baie bitter, en hulle kan dit nog meer bitter maak deur te murmureer, te kla, en te treur. Maar diegene wat die beker in daardie gees neem, sal dit tog weer moet drink omdat dit die eerste keer nie die gewenste uitwerking op die hart gehad het nie. En as die tweede beker nie die werk doen nie, sal hulle nog een en nog een moet drink, totdat die nodige uitwerking verkry is, of hulle sal vuil en onrein van hart gelaat word. Ek het gesien dat hierdie bitter beker soet gemaak kan word deur lankmoedigheid, volharding, en gebed( en dat dit die beoogde uitwerking sal hê op die harte van diegene wat dit so sal aanneem, en dat God daardeur geëer en verheerlik sal word. Dit is nie ‘n geringe iets om ‘n Christen te wees en deur God geëien en goedgekeur te wees nie. Die Here het aan my sommige getoon wat die teenwoordige waarheid bely, maar wie se lewens nie ooreenkomstig hulle belydenis is nie. Hulle standaard van vroomheid is heeltemal te laag, hulle skiet vêr kort aan Bybelse heiligheid. Sommige neem deel aan ydel en onbetaamlike geselskap, en ander gee toe aan die eie-ek. Ons moet nie verwag om onsself te bevredig en te lewe en te handel soos die wêreld, om deel te neem aan sy plesier en omgang te hou met diegene wat van die wêreld is, en dan nog saam met Christus in heerlikheid te wil regeer nie.EG 38.1

    As ons deelgenote wil wees van Christus se heerlikheid in die hiernamaals, moet ons ook deelgenote wees van Sy lyde hier. As ons eiebelang bevorder en streef om onsself hier te bevredig pleks van God te behaag en Sy saak te bevorder, sal ons God en die heilige saak wat ons bely, oneer aandoen. Ons het maar ‘n baie klein rukkie nog om vir God te werk. Ons moet geen opoffering te groot ag vir die redding van die verstrooide en verskeurde kudde van Jesus nie. Diegene wat nou ‘n verbond deur opoffering met God maak, sal eerlank huis toe geneem word om ‘n heerlike loon te ontvang en die nuwe koninkryk vir ewig en altyd te beërf.EG 38.2

    O, laat ons heeltemal vir die Here lewe! Deur ‘n goeie lewe en reine geselskap toon ons dat ons met Jesus en Sy nederige navolgers omgaan. Ons moet werk solank dit dag is, want wanneer die donker nag van angs kom, sal dit te laat wees om vir God te werk. Jesus is in Sy heilige tempel en Hy sal nou ons offers, ons gebede, en die belydenis van ons sondes en foute aanneem, en Hy sal al die oortredinge van Israel vergewe sodat dit uitgedelg kan word voordat Hy die heiligdom verlaat. Wanneer Jesus die heiligdom verlaat, sal diegene wat heilig en regverdig is, heilig en regverdig bly; want al hulle sondes sal uitgedelg wees en hulle sal verseël wees met die seël van die lewende God. Maar diegene wat onregverdig en vuil is, sal onregverdig en vuil bly; want dan sal daar geen Priester in die heiligdom wees om hulle offers te offer, en hulle belydenis en hulle gebede voor die Vader se troon te bring nie. Wat dus gedoen moet word om siele te red van die komende storm van toorn, moet gedoen word voordat Jesus die allerheiligste plek van die hemelse heiligdom verlaat.EG 38.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents