Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 11—Plig In Die Tyd Van Benoudheid

    Die Here het keer op keer aan my getoon dat dit teen die Bybel is om enige voorsorg te maak vir ons stoflike behoeftes in die tyd van benoudheid. Ek het gesien dat as die heiliges voedsel opgaar, of op die lande het in die tyd van benoudheid, wanneer die swaar hongersnood, en pessiektes in die land is, sal dit van hulle afgeneem word deur geweldenaars, en vreemdelinge sal hulle lande afoes. Dan sal dit die tyd vir ons wees om heeltemal op God te vertrou, en Hy sal ons onderhou. Ek het gesien dat ons brood en water in daardie tyd aan ons gegee sal word, en dat ons geen gebrek of honger sal ly nie; want God is by magte om vir ons ‘n tafel te dek in die woestyn. As dit nodig is, sal Hy kraaie stuur om ons te voed soos Hy vir Elia gevoed het, of Hy sal manna uit die hemel laat reën soos vir die Israeliete.EG 49.1

    Huise en grond sal in die tyd van benoudheid. niks werd wees vir die heiliges nie, want hulle sal dan moet vlug voor die toornige gepeupel, en in daardie tyd sal hulle nie hulle eiendom van die hand kan sit om die saak van die waarheid te bevorder nie. Aan my is getoon dat dit Gods wil is dat die heiliges allen bande moet verbreek wat hulle kan belemmer, voordat die tyd van benoudheid begin, en dat hulle ‘n verbond met God moet maak deur opoffering. As hulle hul besittings op die altaar sou lê en God ernstig vra wat hulle plig is, sal Hy hulle leer wanneer om hierdie dinge van die hand te sit. Dan, in die tyd van benoudheid, sal hulle vry wees, sonder enige beslommering.EG 49.2

    Ek het gesien dat as daar diegene is wat aan hulle besittings vashou en nie die Here vra wat hulle plig is nie, sal Hy dit nie aan hulle bekend maak nie en hulle sal toegelaat word om hulle besittings te behou, en in die tyd van benoudheid sal dit voor hulle staan soos ‘n berg om hulle te verpletter; hulle sal dan probeer om dit van die hand te sit, maar sal nie kan nie. Ek het gehoor hoe sommige hulle lot beklaag: “Die saak het skade gely, Gods volk het gesmag na die waarheid, en ons het geen poging gemaak om te voorsien in die behoefte nie; nou is ons besittings waardeloos. 0, as ons dit maar opgegee en vir ons skatte in die hemel weggelê het” Ek het gesien dat ‘n offer nie vermeerder nie, maar steeds verminder totdat dit heeltemal verteer is. Ook het ek gesien dat God nie van al Sy kinders verwag om hulle besittings op dieselfde tyd van die hand te sit nie; maar as hulle geseglik is, sal Hy hulle leer; in ‘n tyd van behoefte, wanneer om te verkoop en hoeveel om te verkoop. Van sommige is in die verlede geverg dat hulle hul besittings moet verkoop om die Advent saak te onderhou, terwyl ander toegelaat is om hulle besittings te behou totdat daar ‘n behoefte is en dan, wanneer die saak dit nodig het, is dit hulle plig om te verkoop.EG 49.3

    Ek het gesien dat die boodskap, “Verkoop julle besittings en gee aalmoes,“deur sommige nie in die regte lig gestel is nie, en dat die doel van die Heiland se woorde nie duidelik voorgestel is nie. Die doel met die verkoop van die goed is nie om hulp te gee aan mense wat in staat is om te werk en hulleself te onderhou nie, maar om die waarheid te versprei. Dit is ‘n sonde om mense wat in staat is om te werk in hulle luiheid te sterk. Sommige was baie ywerig om al die dienste by te woon, nie om God te verheerlik nie, maar die“brode en die visse.”Sulke mense moes liewer tuisgebly het om met hulle hande”te werk wat goed is,“om te voorsien in die behoeftes van hulle gesinne en om iets te hê om te gee vir die onderhoud van die kosbare waarheid. Nou is dit die tyd om skatte in die hemel weg te lê en ons harte reg te maak, in gereedheid vir die tyd van benoudheid. Alleen diegene wat skoon hande en rein harte het, sal kan staan in daardie vreeslike tyd. Nou is dit die tyd vir die wet van God om in ons verstand, op ons voorhoofde, en in ons harte geskryfte word.EG 50.1

    Die Here het aan my die gevaar getoon wat ontstaan wanneer ‘n mens toelaat dat jou hart vervul word met wêreldse gedagtes en sorge. Ek het gesien dat sommige harte afgetrek is van die teenwoordige waarheid en die liefde vir die Bybel, omdat daar ander opwindende boeke gelees word; en dan is daar nog ander wat hulle kwel oor wat hulle sal eet, drink, en aantrek. Sommige stel die koms van die Here te vêr in die toekoms. Die tyd het ‘n paar jaar langer aangehou as wat hulle gereken het, en daarom dink hulle dat dit nog ‘n paar jaar mag duur, en so word hulle harte afgetrek van die teenwoordige waarheid agter die wêreld aan. In hierdie dinge het ek groot gevaar gesien; want as die hart met ander dinge vervul is, word die teenwoordige waarheid uitgesluit, en bly daar geen plek oor op ons voorhoofde vir die seël van die lewende God nie. Ek het gesien dat die tyd wat Jesus nog in die allerheiligste plek sal vertoef byna verstreke is, en dat daar maar baie min tyd oor is. Die tyd wat ons het, behoort ons te bestee aan die ondersoek van die Bybel waardeur ons geoordeel sal word in die jongste dag.EG 50.2

    My liewe broeders en susters, laat die gebooie van God en die getuienis van Jesus gedurig in julle gedagtes wees, en laat hulle die wêreldse gedagtes en sorge verdryf. Oorpeins hulle wanneer u gaan lê en wanneer u opstaan. Lewe en handel soos iemand wat die koms van die Seun van die mens verwag. Die verseëling tyd is baie kort en sal gou verby wees. Nou is dit die tyd, terwyl die vier engele die winde vashou, om ons roeping en verkiesing vas te maak.EG 51.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents