Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 61—‘n Hegte Platvorm

    Ek het ‘n groep gesien, goed beskerm en standvastig, wat geen gehoor gegee het aan diegene wat die vaste geloof van die groep wou ondermyn nie. God het hulle met welbehae betrag. Aan my is drie trappe getoon, die eerste, tweede, en derde engele se boodskappe. Die engel by my het gesê:“Wee hom wat een blok of pen van hierdie boodskappe sal losmaak. Die regte begrip van hierdie boodskappe is lewensbelangrik. Die lot van siele is afhanklik van die wyse waarop hulle hulle aanneem.” Ek is weer deur hierdie boodskappe geneem, en ek het gesien hoe duur die volk van God hulle ervaring gekoop het. Dit is verkry deur baie lyding, en ‘n groot stryd. God het hulle stap vir stap voorwaarts gelei, totdat Hy hulle op ‘n soliede, onbeweeglike platvorm gebring het. Ek het mense die piatvorm sien nader en die grondslag daarvan ondersoek. Sommige het in blydskap dadelik daarop geklim. Ander het begin foute sien in die fondament. Hulle wou verbeterings aanbrin0g; dan sou die platvorm volmaak wees, en die mense baie gelukkiger. Sommige het van die platvorm afgestap om dit te ondersoek, en hulle het gesê dat dit heeltema! verkeerd gemaak is. Maar ek het gesien dat byna almal vasgestaan het op die platvorm, en hulle het diegene wat afgestap het, vermaan om hulle geklaag te staak, want God is die Meesterbouer, en hulle was besig om teen Hom te veg. Hulle het weer vertel van die wonderbare werk van God wat hulle tot die vaste platvorm gelei het, en saam het hulle hul oë hemelwaarts gerig en God met ‘n groot stem geloof. Dit het ‘n uitwerking gehad op sommige wat gekla en die platvorm verlaat het, en hulle het in ootmoed weerdaaropgeklim.EG 261.1

    Ek is terugverwys na die verkondiging van die eerste koms van Christus. Johannes is gestuur in die gees en krag van Elia om die weg vir Jesus te berei. Diegene wat die boodskap van Johannes verwerp het, het nie gebaat by die lering van Jesus nie. Hulle teenstand teen die boodskap wat Sy koms voorspel het, het hulle op die plek gebring waar hulle selfs nie die sterkste bewys van Sy Messiasskap sou aanneem nie. Die Satan het diegene wat die boodskap van Johannes verwerp het, voortgelei om nog verder te gaan, naamlik om Christus te verwerp en te kruisig. Deur dit te doen, het hulle hulleself in ‘n posisie gebring waar hulle nie die seën van Pinksterdag kon ontvang wat hulle die weg tot die hemelse heiligdom sou gewys het nie.EG 261.2

    Die skeuring van die voorhangsel van die tempel het aangetoon dat die Joodse offerstelsel en insettinge nie langer aangeneem sou word nie. Die groot Offer was geoffer en aangeneem, en die Heilige Gees wat op Pinksterdag neergedaal het, het die aandag van die dissipels van die aardse op die hemelse heiligdom gevestig, waarin Jesus gegaan het deur Sy eie bloed, om op Sy dissipels die voordele van die versoening uit te stort. Maar die Jode is in totale duisternis gelaat. Hulle het al die lig verloor wat hulle kon gehad het op die verlossingsplan, en hulle het voortgegaan om te vertrou op hulle nuttelose offers. Die hemelse heiligdom het die plek ingeneem van die aardse, maar hulle het geen kennis van die verandering gehad nie. Daarom kon hulle nie bevoordeel word deur die middelaarswerk van Christus in die heilige plek nie.EG 262.1

    Baie dink met afsku aan die handelwyse van die Jode in hulle verwerping en kruisiging van Christus; en waar hulle die geskiedenis lees van die skandelike behandeling wat Hy ondergaan het, dink hulle dat hulle Hom liefhet, en dat hulle Hom nie sou verloën het soos Petrus, of Hom sou gekruisig het soos die Jode nie. Maar God wat die harte van almal kan lees, het die liefde wat hulle sê dat hulle vir Jesus het, op die proef gestel. Die ganse hemel het met die grootste belangstelling gekyk hoe die eerste engel se boodskap ontvang word. Vele wat gesê het dat hulle Jesus liefhet, en wat trane stort wanneer hulle die verhaal van die kruis lees, het gespot met die goeie nuus van Sy koms. Pleks dat hulle die boodskap met blydskap aangeneem het, het hulle gesê dat dit ‘n bedrog was. Hulle het diegene gehaat wat Sy koms liefgehad het, en het hulle uit die kerke verban. Diegene wat die eerste boodskap verwerp het, kon nie baat by die tweede nie; ook is hulle nie bevoordeel deur die middernagtelike geroep wat hulle sou voorberei om deur geloof saam met Jesus in te gaan in die allerheiligste plek van die hemelse heiligdom nie. Deur die twee vorige boodskappe te verwerp, is hulle verstand so verduister dat hulle geen lig kon sien in die derde engel se boodskap wat die weg aangewys het na die allerheiligste plek nie. Ek het gesien dat net soos die Jode Jesus gekruisig het, so het die kerke hierdie boodskappe gekruisig, en daarom het hulle geen kennis van die weg tot die allerheiligste plek nie, en hulle kan geen voordeel trek uit die middelaarswerk van Jesus daar nie. Net soos die Jode, wat hulle nuttelose offers gebring het, so stuur hulle hulle nuttelose gebede op na die afdeling wat Jesus verlaat het; en die Satan, in sy skik met hierdie bedrog, neem ‘n godsdienstige karakter aan, en lei die harte van hierdie sogenaamde Christene tot homself, en hy werk met sy krag, en tekens, en wonders van die leuen om hulle in sy strik te vang. Sommige bedrieg hy op die een manier, en ander weer op ‘n ander. Hy het verskillende verleidings vir die verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met afsku verwerp, terwyl hulle ‘n ander een geredelik sal aanneem. Die Satan bedreig sommige met Spiritisme. Ook kom hy in die gedaante van ‘n engel van die lig, en versprei hy sy invloed oor die land deur middel van valse reformasies. Die kerke is in hulle skik, en hulle meen dat God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk, terwyl dit al die tyd die werk van ‘n ander gees is. Die opwinding bedaar later en dit iaat die wêreld en die kerk in ‘n slegter toestand as voorheen.EG 262.2

    Ek het gesien dat God Sy opregte kinders het onder die naam-Adventiste, en die gevalle kerke; en vóór die uitstorting van die plae, sal predikante en lede uit hierdie kerke geroep word, en hulle sal die waarheid aanneem. Die Satan weet dit, en vóór die luide roepstem van die derde engel gehoor word, sal hy opwinding laat ontstaan in hierdie kerke, sodat diegene wat die waarheid verwerp het, mag dink dat God met hulle is. Hy hoop om die opregtes te verlei en hulle te laat dink dat God nog vir die kerke werk. Maar die lig sal skyn, en almal wat opreg is, sal die gevalle kerke verlaat, en gaan aansluit by die oorblyfsel.EG 263.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents