Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 29—Oneerbiedigheid

    Ek het gesien dat Gods heilige Naam met eerbied en vrees gebruik moet word. Die woorde Almagtige God word deur sommige op onbedagsame wyse in die gebed gebruik, en dit mishaag Hom. Sulke mense besef nie die heiligheid van God of die waarheid nie, of hulle sou nie so oneerbiedig spreek van die grote en vreeslike God wat hulle eerlank in die laaste dag sal oordeel nie. Die engel het gesê, “Moenie daardie twee woorde saam gebruik nie, want vreeslik is Sy Naam.” Diegene wat ‘n besef het van die grootheid en majesteit van God, sal Sy Naam op hulle lippe met heilige eerbied neem. Hy woon in die ontoeganklike lig; geen mens kan Hom sien en leef nie. Ek het gesien dat hierdie dinge verstaan en reggemaak sal moet word voordat die kerk voorspoed kan verwag.EG 121.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents