Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 36—Die Eerste Advent Van Christus

    Aan my is die tydstip getoon toe Jesus die menslike natuur sou opneem, Homself sou verneder as mens, en ly onder die versoekings van die Satan.EG 149.1

    Hy is sonder aardse prag en praal gebore. Hy is in ‘n stal gebore, en is in ‘n krip neergelê; en nogtans is Sy geboorte geëer ver bokant die van enige ander mensekind. Engele van die hemel het die herders verwittig van die advent van Jesus, en lig en heerlikheid uit die hemel het hulle boodskap bevestig. Die hemelse leërskare het hulle harpe bespeel en God verheerlik. In triomf het hulle die advent van die Seun van God in ‘n gevalle wêreld aangekondig om die verlossingswerk te kom doen, en om deur Sy dood vrede, geluk, en die ewige lewe aan die mens te bring. God het die advent van Sy Seun geëer. Engele het Hom aanbid.EG 149.2

    Engele van God het gesweef oor die toneel van Sy doop; die Heilige Gees het neergedaal in die vorm van ‘n duif en op Hom gerus; en terwyl die mense verbaas gestaan het, met hulle oë op Hom gevestig, is die Vader se stem uit die hemel gehoor, en Hy het gesê, U is My geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.EG 149.3

    Johannes was nie seker of dit die Verlosser was wat gekom het om deur hom in die Jordaan gedoop te word nie. Maar God het aan hom ‘n teken belowe sodat hy die Lam van God kon ken. Daardie teken is gegee in die vorm van die hemelse duif wat op Jesus neergedaal het, en die heerlikheid van God wat rondom Hom geskyn het. Johannes het sy hand uitgestrek, na Jesus gewys, en met ‘n groot stem gesê,“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”EG 149.4

    Johannes het sy dissipels meegedeel dat Jesus, die beloofde Messias, die Verlosser van die wêreld was. Namate sy werk ten einde geloop het, het hy sy dissipels geleer om na Jesus op te sien en Hom te volg as die groot Leermeester. Johannes se lewe was vol droefheid en selfverloëning. Hy het die eerste koms van Christus aangekondig, maar hy is nie toegelaat om Sy wonderwerke te sien of die krag te geniet wat Hy geopenbaar het nie. Wanneer Jesus gevestig sou wees as leraar, het Johannes geweet dat hy self sou moes sterf. Sy stem is selde gehoor, behalwe in die woestyn. Sy lewe was eensaam. Hy was nie verknog aan sy vader se gesin om hulle geselskap te geniet nie, maar hy het hulle verlaat ten einde sy roeping te vervul. Menigtes het die besige stede en dorpe verlaat en na die wildernis gegaan om die woorde te hoor van die wonder profeet. Johannes het die byl aan die wortel van die boom geslaan. Hy het sonde bestraf, ongeag die gevolge, en het die weg vir die Lam van God berei.EG 149.5

    Herodes was aangedaan waar hy geluister het na die kragtige, reguit getuienis van Johannes, en met die grootste belangstelling het hy gevra wat hy moes doen om een van sy dissipels te word. Johannes was bekend met die feit dat hy op die punt gestaan het om met sy broer se vrou in die huwelik te tree, terwyl sy broer nog gelewe het; en onverskrokke het hy Herodes meegedeel dat dit nie wettig sou wees nie. Herodes was onwillig om die opoffering te maak. Hy het sy broer se vrou getrou, en deur haar invloed het hy Johannes in die gevangenis laat werp, met die plan egter om hom later vry te laat. Terwyl hy in die gevangenis was, het Johannes deur middel van sy dissipels gehoor van die magtige werke van Jesus. Hy kon nie na daardie woorde van genade gaan luister nie; maar sy dissipels het hom ingelig gehou en hom vertroos met wat hulle gehoor het. Kort daarna is Johannes onthoof op aandrang van Herodes se vrou. Ek het gesien dat die nederigste dissipels wat Jesus gevolg het, Sy wonders gesien, en Sy vertroostende woorde gehoor het, groter was as Johannes die Doper; dit wil sê hulle was meer verhewe en geëerd, en het meer plesier in hulle lewe gehad.EG 150.1

    Johannes het gekom in die gees en krag van Elia om die eerste koms van Jesus aan te kondig. My aandag is gevestig op die laaste dae, en ek het gesien dat Johannes diegene voorgestel het wat sou uitgaan in die gees en krag van Elia om die dag van wraak aan te kondig, en die tweede koms van Jesus.EG 150.2

    Ná die doop van Jesus in die Jordaan, is Hy deur die Gees in die woestyn gelei om deur die duiwel versoek te word. Die Heilige Gees het Hom berei vir daardie spesiale toneel van heftige versoekings. Vir veertig dae is Hy deur die Satan versoek, en gedurende daardie tyd het Hy niks geëet nie. Alles in Sy omgewing was onaangenaam, en waarvoor die menslike natuur sou terugdeins. Hy was saam met die wilde diere en die duiwel, in ‘n woeste, eensame plek. Die Seun van God was bleek en uitgeteer ten gevolge van Sy vas en lyding. Maar Sy loopbaan was duidelik aangewys;EG 150.3

    Hy moes die werk klaarmaak wat Hy gekom het om te doen. Die Satan het voordeel getrek uit die lyde van die Seun van God, en hy het besluit om Hom aan te val met baie versoekings, in die hoop om die oorwinning oor Hom te behaal omdat Hy Homself verneder het deur die menslike natuur aan te neem. Die Satan het met hierdie versoeking gekom:“As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word” Hy het Jesus versoek om bewys te gee dat Hy die Messias is deur gebruik te maak van goddelike krag. Bedaard het Jesus hom geantwoord, “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”EG 151.1

    Die Satan wou Jesus in ‘n twisgesprek wikkel of Hy die Seun van God is. Hy het verwys na Sy swak en lydende toestand, en hy het vermetel verklaar dat hy sterker was as Jesus. Maar die woord wat uit die hemel gespreek is, “U is My geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae,“was genoeg om Jesus in al Sy lyde te ondersteun. Ek het gesien dat Christus niks te doen gehad het om die Satan te oortuig van Sy krag en of Hy die Verlosser van die wêretd was nie. Die Satan het genoeg bewys gehad van die verhewe posisie en gesag van die Seun van God. Dit was sy onwilligheid om te buig vir die gesag van Christus wat hom uit die hemel uitgesluit het.EG 151.2

    Om sy krag te openbaar, het die Satan vir Jesus na Jerusalem geneem en Hom op die dak van die tempel laat staan; daar het hy Hom versoek om bewys te gee dat Hy die Seun van God is deur Homself daar af te werp. Die Satan het die volgende skriftuur aangehaal:“Want daar is geskrywe: Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar is ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.” Die Satan wou hê dat Jesus op vermetele wyse moes reken op die genade van die Vader en Sy lewe in gevaar moes stel vóór die volvoering van Sy sending. Hy het gehoop dat die verlossingsplan sou misluk; maar die plan was te heg gelê om deur die Satan in die war gestuur te word. Christus is die voorbeeld vir alle Christene. Wanneer hulle in versoeking kom, of as hulle regte bestry word, moet hulle dit geduldig dra. Hulle moenie voel dat hulle reg het om die Here aan te roep om Sy krag ten behoewe van hulle te openbaar sodat hulle die oorwinning oor hulle vyande kan behaal, tensy God daardeur EG 151.3

    regstreeks geëer en verheerlik kan word nie. As Jesus van die dak van die tempel sou afgespring het, sou dit die Vader nie verheerlik het nie; want niemand sou daardie daad gesien het nie behalwe die Satan en die engele van God. En dit sou die Here in versoeking gebring het om Sy krag te openbaar aan Sy bitterste vyand. Dit sou ‘n toegewing gewees het aan die een wat Jesus gekom het om te oorwin.EG 152.1

    “Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”EG 152.2

    Die Satan het aan Jesus die koninkryke van hierdie wêreld voorgestel so aanloklik moontlik. As Jesus hom daar sou aanbid, het hy aangebied om sy aansprake op die besittings van hierdie aarde prys te gee. As die verlossingsplan uitgevoer sou word, en Jesus sou sterf om die mens te verlos, het die Satan geweet dat sy eie mag beperk en eindelik, weggeneem sou word, en dat hy vernietig sou word. Dit was dus sy weldeurdagte plan om, indien moontlik, die volvoering te belet van die groot werk wat deur die Seun van God begin is. As die verlossingsplan vir die mens sou misluk, sou die Satan die koninkryk kon behou waarop hy toe aanspraak gemaak het. En as hy sou wen, het hy homself gevlei dat hy sou regeer in opposisie tot die God van die hemel.EG 152.3

    Die Satan het hom verbly toe Jesus Sy mag en heerlikheid afgelê en die hemel verlaat het. Hy het gemeen dat die Seun van God toe in sy mag oorgegee is. Die versoeking het so goed geslaag met die heilige paar in Eden dat hy gehoop het om deur sy sataniese mag en lis selfs die Seun van God te oorrompel, en sodoende sy eie lewe en sy koninkryk te red. As hy Jesus kon verlei om af te wyk van die wil van Sy Vader, sou hy sy doel bereik. Maar Jesus het die versoeker ontmoet met die bestraffing, “Gaan weg agter My, Satan.” Hy sou neerbuig alleen voor Sy Vader. Die Satan het aanspraak gemaak op die koninkryk van die aarde as syne, en hy wou Jesus wysmaak dat al Sy lyde verhoed kon word, en dat Hy nie hoef te sterfom die koninkryke van hierdie aardeen hulle heerlikheid te verkry nie; as Hy hom maar sou aanbid, sou Hy al die besittings van die aarde kon verkry, en die heerlikheid geniet om daaroor te regeer. Maar Jesus het vas gestaan. Hy het geweet dat die tyd sou kom wanneer Hy deur Sy eie lewe die koninkryk sou loskoop van die Satan, en dat almal in die hemel en op die aarde, uiteindelik aan Hom sou onderdanig wees. Hy het die lewe van lyde en die vreeslike dood verkies as die weg deur Sy Vader aangewys, sodat Hy die wettige erfgenaam van die koninkryke van die aarde kon word en hulle in Sy hande gegee kon word as Sy ewige besitting. Ook die Satan sal in Sy hande oorgegee word om deur die dood vernietig te word, sodat hy nooit meer vir Jesus of die heiliges in heerlikheid kan lastig val nie. EG 152.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents