Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 20—William Miller Se Droom

    (Waarna verwys word op bladsy 43)

    Ek het gedroom dat God, deur ‘n onsigbare hand, aan my ‘n mooi kissie gestuur het, tien duim by ses duim, gemaak van ebbehout, met pragtige inlegwerk van pêrels. Aan die kissie was daar ‘n sleutel vas; ek het dit oopgesluit en tot my verbasing het ek gevind dat dit vol was met alle soorte juwele: diamante, edelstene, en goue en silwer muntstukke van verskeie groottes en waardes. Alles was mooi gerangskik in die kissies; en wel op so ‘n wyse dat hulle ‘n lig weerkaats het wat in heerlikheid gelyk wasaan die van die son.EG 79.1

    Ek het gevoel dat ek nie hierdie heerlike skouspel alleen moes geniet nie, alhoewel my hart oorstelp was van vreugde by die aanskouing van die skitterende prag en waarde van die inhoud. Ek het dit toe op ‘n tafel in die middel van my kamer geplaas, en laat aankondig dat almal wat wil, maar kon kom kyk na die skitterendste prag wat die mens ooit in hierdie lewe kan sien.EG 79.2

    Die mense het begin kom, eers ‘n paar, maar later ‘n groot skare. Toe hulle eers in die kissie gekyk het, was hulle verbaas en het hulle uitgeroep van vreugde. Maar namate die toeskouers vermeerder het, het elkeen begin krap in die kissie; hulle het die juwele uitgehaal uit die kissie en hulle op die tafel versprei.EG 79.3

    Ek het begin dink dat die eienaar die kissie juwele van my hand sou eis, en as ek toelaat dat hulle versprei raak, sal ek hulle nooit weer so in die kissie kan plaas as wat hulle oorspronklik was nie; en ek het gevoel dat ek nie sal kan rekenskap gee nie, want die verantwoordelikheid sal te groot wees. Ek het die mense toe gesoebat om nie die goed te hanteer of hulle uit die kissie te haal nie; maar hoe meer ek gesoebat het, hoe meer het hulle versprei geraak; en nou het dit ook gelyk of hulle in die hele kamer rondgestrooi word, op die vloer en orals op die meubels in die kamer.EG 79.4

    Toe het ek gemerk dat daar onder die egte juwele en muntstukke ook ‘n groot aantal valse juwele en muntstukke was. Ek het my baie vererg oor die slegte gedrag en ondankbaarheid van die mense, en ek het hulle bestraf en verwyt; maar hoe meer ek hulle bestraf het, hoe meer het hulle die valse juwele en valse munt met die egte vermeng.EG 79.5

    Ek het toe so kwaad geword dat ek hulle met geweld uit die kamer gestoot het; maar wanneer ek een uitstoot het daar weer drie in sy plek ingekom met vuilgoed en skaafsels en sand en allerhande rommel totdat hulle elkeen van die egte juwele, diamante, en muntstukke so bedek het dat mens nie een meer kon sien nie. Hulle het selfs ook die kissie stukkend gebreek en die stukke daar in die vuilgoed rondgestrooi. Ek het gedink dat niemand hom gesteur het aan my verdriet of ontsteltenis nie. Ek was heeltemal ontmoedig, en het gaan sit en huil.EG 79.6

    Terwyl ek so gesit en huil en treur het oor my groot verlies, en die rekenskap wat ek sou moes gee, het ek aan God gedink en ek het ernstig tot Hom gebid om hulp.EG 80.1

    Dadelik het die deur oopgegaan, en ‘n man het die kamer binnegekom, en toe het al die ander die kamer verlaat; in sy hand het hy ‘n stofbesem gehad; hy het die vensters oopgemaak en die vuilgoed en rommel uit die kamer begin vee.EG 80.2

    Ek het vir hom geskreeu om op te hou, want daar was ook van die kosbare juwele verstrooi in die vuilgoed.EG 80.3

    Hy het aan my gesê, “Moenie vrees nie, ek sal sorg vir hulle.” En toe, terwyl hy die vuilgoed en rommel en valse juwele en muntstukke uitgevee het, is alles by die venster uit soos ‘n wolk, en die wind het hulle weggewaai.Te midde van die gewerskaf het ek my oë vir ‘n oomblik gesluit; toe ek hulle weer oopmaak, was al die vuilgoed weg. Die kosbare juwele, die diamante, die goue en silwermuntstukke het nog orals in die kamer verstrooi gelê.EG 80.4

    Toe het hy op die tafel ‘n kissie geplaas, baie groter en mooier as die eerste een, en hy het die juwele, die diamante, en die muntstukke handvol gewys opgetel en hulle in die kissie gegooi, sodat daar nie een agtergebly het nie, alhoewel sommige van die diamante nie groter as ‘n speldekop was nie.EG 80.5

    Toe het hy vir my gesê, “Kom kyk.”EG 80.6

    Ek het in die kissie gekyk, en my oë is verblind deur die skouspel. Hulle het tienmaal meer geskitter as voorheen. Ek het gedink dat hulle so blink geskuur is in die sand deur die voete van daardie goddelose mense wat hulle in die stof gegooi en vertrap het. Hulle is baie mooi gerangskik in die kissie, elkeen op sy plek, sonder enige inspanning van die kant van die man wat hulle weer ingegooi het. Ek het uitgeroep van vreugde, en dit het my wakkergemaak.EG 80.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents