Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 25—Voorbereiding Vir Christus Se Koms*Uit die Review, 17 Februarie 1853.

    Geagte Broeders En Susters: Glo ons met ons hele hart dat Christus spoedig sal kom, en dat ons nou die laaste genade boodskap het wat aan ‘n gedoemde wêreld verkondig moet word? Is ons voorbeeld wat dit behoort te wees? Toon ons aan diegene rondom ons, deur ons lewe en heilige gedrag, dat ons uitsien na die heerlike koms van ons Here en Verlosser, Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam? Ek is bevrees dat ons hierdie dinge nie glo en besef soos ons behoort nie. Diegene wat die belangrike waarhede wat ons bely, glo, behoort hulle geloof uit te lewe. Daar is ‘n te sterk hunkering na plesier en dinge wat ons aandag in beslag neem in hierdie wêreld; daar word te veel gedink aan klere, en die tong word te besig gehou met ligsinnige praatjies, en dit is dinge wat ons belydenis loënstraf, want ons hou ons nie besig met die dinge van die hemel vanwaar ons die Heiland verwag nie.EG 107.1

    Engele hou die wag oor ons en beskerm ons; omdat ons deelneem aan ligsinnige praatjies en grappe, en agtelosig word, grief ons hierdie engele. Al maak ons so nou en dan ‘n poging, om die oorwinning te behaal, en al slaag ons ook soms daarin, sal ons dit nie behou nie, maar weer terugval in dieselfde sorgelose, onverskillige toestand; ons sal die versoeking van die vyand nie weerstaan nie, en nie die beproewing van ons geloof wat kosbaarder is as goud, kan verduur nie. Ons ly nie vir die ontwil van Christus nie, en verbly ons nie in die beproewing nie.EG 107.2

    Daar is ‘n groot gemis aan Christelike volharding en aan die diens van God volgens beginsel. Ons moenie soek om die eie-ek te bevredig nie, maar om God te eer en te verheerlik; en alles wat ons doen en sê, moet alleen Sy verheerliking beoog. As ons maar wou ag slaan op die volgende belangrike woorde, en hulle gedurig sou onthou, sou ons nie so maklik in die versoeking kom nie, en ons woorde sou min en verstandig wees: “Hy is terwille van ons oortredinge deurboor, terwille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.””Elke ydel woord wat die mense praat, daar moet hulle rekenskap van gee in die oordeelsdag.””U is ‘n God wat sien.”EG 107.3

    Ons kan nie aan hierdie belangrike woorde dink, of dink aan die lyde van Jesus, dat ons, arme sondaars, vergifnis kan ontvang en deur Sy kosbare bloed met God versoen word, sonder om te voel dat ‘n heilige hand ons terughou; en daar by ons ‘n ernstige begeerte ontstaan om te ly vir Hom wat soveel vir ons gely het nie. As ons oor hierdie dinge sou dink, sou die geliefde eie-ek( en die eiewaardigheid, verneder word, en die plek daarvan sal ingeneem word deur ‘n kinderlike eenvoud wat die bestraffing van ander sal kan verduur, en wat nie maklik kwaad sal word nie. Dan Sal ons siel nie regeer word deur ‘n eiesinnige gees nie.EG 108.1

    Die ware Christen se vreugde en vertroosting moet en sal in die hemel wees. Die verlangende siele van diegene wat die kragte van die aanstaande wêreld, en die hemelse vreugde ondervind het, sal nie bevredig word deur die dinge van die aarde nie. Hulle sal genoeg vind om te doen in hulle vry tyd. Hulle siele sal tot God getrek word. Waar die skat is, daar sal ook die hart wees; hulle sal soete gemeenskap hou met die God wat hulle liefhet en aanbid. Hulle vermaak sal wees die betragting van hulle skatte-die heilige stad, die nuwe aarde, hulle ewige tuiste. En terwyl hulle dink aan die dinge wat verhewe, rein, en heilig is, sal die hemel naby kom, en hulle sal die krag van die Heilige Gees voel( wat hulle steeds meer en meer sal afwend van wêreldse dinge, om hulle troos en vernaamste vreugde te vind in die dinge van die hemel, hulle heerlike tuiste. Die aantrekkingskrag tot God en die hemel sal dan so sterk wees dat niks hulle gedagtes sal kan aftrek van die hoofdoel van die verlossing van hulle siele en die verering en verheerliking van God nie.EG 108.2

    Namate ek besef hoeveel daar vir ons gedoen is om ons reg te hou, is ek gedwonge om uit te roep, 0 watter liefde, watter wonderbare liefde, het die Seun van God vir ons arme sondaars! Moet ons dan so dwaas en onverskillig wees terwyl alles gedoen word wat daar kan gedoen word vir ons verlossing? Die ganse hemel stel belang in ons. Ons moet lewendig en wakker wees om die verhewe en heilige Verlosser te eer, te verheerlik, en lief te hê. Ons harte behoort uit te gaan in liefde en dankbaarheid tot Hom wat so vol liefde en ontferming teenoor ons is. Met ons lewe moetEG 108.3

    ons Hom vereer, en met ‘n reine en heilige gedrag moet ons wys dat ons van omhoog gebore is, dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie, maar dat ons pelgrims en vreemdelinge hier is, op weg na ‘n beter land.EG 109.1

    Vele wat die Naam van Christus bely, en wat sê dat hulle Sy spoedige koms verwag, weet nie wat dit is om te ly vir die ontwil van Christus nie. Hulle harte is nie versag deur genade nie; hulle het nie die eie-ek afgesterf soos hulle dikwels op verskillende maniere toon nie. Maar terselfdertyd praat hulle ook van beproewings. Die hoofoorsaak van hulle beproewings is hulle onwedergebore harte waarin die eie-ek nog so sensitief is dat dit dikwels seergemaak word. As sulke mense maar kon besef wat dit beteken om nederige navolgers van Christus te wees, om ware Christene te wees, sou hulle dadelik ernstig begin werk, en reg begin. Ten eerste moet hulle die eie-ek afsterf, dan moet hulle bid sonder ophou, en al die drifte van die hart moet hulle in toom hou. Julle moet alle selfvertroue en selfvoldaanheid laat vaar, broeders, en julle moet die nederige Patroon volg. Dink altyd aan Jesus dat Hy u voorbeeld is, en wandel in Sy voetstappe. Sien op Jesus, die leidsman en voleinder van u geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra en die skande verag het. Hy het die teenspraak van sondaars teen Hom verdra. Vir ons sondes was Hy eenmaal die sagmoedige, geslagte Lam; Hy is verwond, verbrysel, geslaan, en gestraf.EG 109.2

    Laat ons dan, blymoedig, ook iets ly vir die ontwil van Jesus, die eieek elke dag kruisig, deelgenote word van Christus se lyde hier, sodat ons deelgenote kan word van Sy heerlikheid wanneer ons gekroon sal word met eer, en heerlikheid, onsterflikheid, en die ewige lewe.EG 109.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents