Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 1—My Eerste Gesig1Hierdie gesig is gegee kort na die groot teleurstelling in 1844 en dit het die eerste maal in druk verskyn in 1846. Net 'n paar van die gebeurtenisse van die toekoms is toe gesien. Die latere gesigte was vollediger.

    Aangesien God aan my die reise getoon het van die Adventmense na die Heilige Stad, en die groot loon wat diegene sal ontvang wat wag vir die terugkoms van die Here van die bruilof, mag dit my plig wees om u ‘n kort beskrywing te gee van wat God aan my geopenbaar het. Die dierbare heiliges het baie beproewings om deur te maak. Maar ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, sal vir ons ‘n allesoortreffende ewige gewig van heerlikheid bewerk, omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare: want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. Ek het geprobeer om ‘n goeie rapport en ‘n paar trosse druiwe terug te bring van die hemelse Kanaan, waarvoor vele my sal wil stenig nes die mense Kaleb en Josua wou stenig oor hulle rapport. (Numeri 14:10.) Maar ek wil aan julle sê, my broeders en susters in die Here, dit is ‘n mooi land, en ons is heeltemal in staat om op te trek en dit in besit te neem.EG 5.1

    Onderwyl ek by daardie huisaltaar gebid het, het die Heilige Gees op my gekom, en dit was asof ek al hoër en hoër gestyg het, ver bokant hierdie ou, donker wêreld. Ek het omgekyk om te sien of ek die adventmense in die wêreld kon sien, maar ek kon hulle nie sien nie; toe hoor ek ‘n stem sê, “Kyk weer, en kyk ‘n bietjie hoër.” Toe het ek my oë opgehef en ‘n nou, reguit pad gesien, hoog bokant die aarde. Die Adventmense het met hierdie pad gereis na die stad wat aan die einde van die pad was. By die begin van die pad was daar ‘n helder lig agter hulle, en ‘n engel het aan my gesê dat dit die middernagtelike geroep was. Hierdie lig het op die hele pad geskyn en het voor hulle voete gelig sodat hulle nie struikel nie. Solank hulle hulle oë gevestig het op Jesus, wat net voor hulle was en hulle na die stad gelei het, was hulle veilig. Baie gou het sommige moeg geword en gesê dat die stad baie ver was, en dat hulle verwag het om al lankal daar te gewees het. Jesus het hulle aangemoedig deur Sy heerlike regterarm omhoog te hou, en uit Sy arm het daar lig gestraal wat oor die adventgroep geskyn het, en hulle het geskreeu, “Halleluja!” Ander het botweg die lig agter hulle geloën, en gesê dat dit nie God was wat hulle so ver gelei het nie. Die lig agter hulle het doodgegaan, en hulle is in volkome duisternis gelaat; hulle het gestruikel en het die doel en Jesus uit die oog verloor, en hulle het van die pad afgeval terug in die donker en bose wêreld daar onder. Kort daarna het ons die stem van God soos van vele waters gehoor; dit het die dag en uur van Jesus se koms aangekondig. Die lewende heiliges, 144,000 in getal, het daardie stem geken en verstaan, maar die goddelose het gedink dat dit donder en ‘n aardbewing was.Toe God die tyd aankondig, het Hy Sy Heilige Gees op ons uitgestort, en ons aangesigte is verlig en het geblink van die heerlikheid van God, net soos Moses se gelaat geblink het toe hy van die Berg Sinai afgekom het.EG 5.2

    Die 144,000 was almal verseël en volkome eenstemmig. Op hulle voorhoofde het geskryf gestaan, God, Nuwe Jerusalem, en ‘n heerlike ster met Jesus se nuwe naam daarop. Die goddelose was gebelg oor ons gelukkige, heilige staat, en hulle het met geweld op ons aangestorm om ons te vang en in die tronk te stop, maar toe ons, ons hande uitgestrek het in die Naam van die Here, het hulle hulpeloos op die grond neergeval. Toe het die sinagoge van die Satan geweet dat God ons wat mekaar se voete kon was en die broeders met ‘n heilige kus groet, liefhet; en hulle het by ons voete aanbid.EG 6.1

    Ons oë het na die ooste begin kyk, want daar het ‘n swart wolkie verskyn, helfte so groot as ‘n man se hand, en ons het almal geweet dat dit die teken van die Seun van die mens was. Met groot erns het ons gesien dat die wolkie, namate dit nader kom, ligter geword het, en al heerliker en heerliker, totdat dit ‘n groot wit wolk was. Onder was dit soos vuur; daar was ‘n reënboog bo-oor die wolk, en rondom was daar tienduisende engele wat die heerlikste lied gesing het; op die wolk het die Seun van die mens gesit. Hy het wit, krulhare wat op Sy skouers hang, en op Sy hoof was baie krone. Sy voete was soos vuur; in Sy regterhand was ‘n skerp sekel, en in Sy linkerhand het Hy ‘n silwertrompet gehad. Sy oë was soos vlamme vuur wat Sy kinders deursoek het. Toe het alle gesigte verbleek, en diegene wat God verwerp het, het verdonker.Toe het ons almal uitgeroep,“Wie sal kan staan? Is my kleed vlekkeloos?” Die engele het opgehou om te sing, en daar was ‘n ondraaglike stilte, en toe het Jesus gepraat:“Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, sal staande bly; My genade is vir julle genoeg.” Daarop is ons aangesigte verlig, en vreugde het in elke hart gekom. Die engele het weer begin sing, en die wolk het nader aan die aarde gekom.EG 6.2

    Toe het Jesus se silwertrompet weerklink onderwyl Hy afgedaal het op die wolk, omhul van vuurvlamme. Hy het na die grafte van die slapende heiliges gekyk, en toe het Hy Sy oë en hande opgehef na die hemel en uitgeroep. “Ontwaak! ontwaak! ontwaakíjulle wat slaap in diestofvan die aarde, staan op.”Toe was daar ‘n groot aardbewing. Die grafte het oopgegaan, en die dode het voortgekom, beklee met onsterflikheid. Die 144,000 het geskreeu(“Halleluja!”toe hulle hulle vriende herken wat deur die dood van hulle geskeur is, en op dieselfde oomblik is ons verander en saam met hulle opgeneem die Here tegemoet in die lug.EG 7.1

    Ons het almal in die wolk gegaan, en dit het ons sewe dae geneem om na die see van glas op te vaar, waar Jesus krone gebring het en met Sy eie regterhand op ons hoofde geplaas het. Hy het aan ons goue harpe en oorwinningspsalms gegee. Die 144,000 het ‘n volmaakte vierkant op die see van glas gestaan. Sommige van hulle het glinsterende blink krone gehad, terwyl ander s'n nie so geblink het nie. Sommige van die krone was swaar van die sterre, terwyl ander maar net ‘n paar gehad het. Almal was heeltemal tevrede met hulle krone. Ook het almal ‘n heerlike wit mantel gehad wat van hulle skouers tot op hulle voete gehang het. Orals rondom ons was daar engele toe ons oor die see van glas geloop het na die poort van die stad. Jesus het Sy magtige en heerlike arm uitgesteek, die pêrel-hek beetgeneem en dit op sy blink skarniere oopgeswaai en aan ons gesê, “Julle het julle klere in My bloed gewas, onwankelbaar vir My waarheid gestaan, gaan binne.”Ons het almal die stad binnegestap en gevoel dat ons daar volkome reg gehad het.EG 7.2

    Daar het ons die boom van die lewe en die troon van God gesien. Vanuit die troon het ‘n rivier van helder water gevloei, en aan beide kante van die rivier was die boom van die lewe. Aan die een kant van die rivier was daar ‘n boomstam, en aan die anderkant van die rivier ook; albei was van deurskynende goud. Eers het ek gedink dat ek twee bome sien. Ek het weer gekyk, en toe het ek gesien dat hulle bo verenig was in een boom. Dit was dus die boom van die lewe aan beide kante van die rivier van die lewe. Sy takke het afgehang tot by die plek waar ons gestaan het, en die vrugte was pragtig; hulle het gelyk soos goud met silwer vermeng.EG 7.3

    Ons het almal onder die boom gaan sit om die heerlikheid van die plek te betrag.Toe het Broeders Fitch en Stockman, wat die evangelie van die koninkryk verkondig het, en wat God in die graf weggelê het om hulle te red, na ons gekom en ons gevra wat ons deurgemaak het terwyl hulle geslaap het. Ons het getrag om aan ons grootste beproewings te dink, maar hulle het so nietig gelyk in teenstelling met die oortreffende ewige gewig van heerlikheid wat ons omring het; dat ons nie daarvan kon praat nie, en ons het uitgeroep, “Halleluja, die hemel is goedkoop genoeg!”en ons het op ons heerlike harpe begin speel en die hemel laat weergalm.EG 8.1

    Met Jesus aan die hoof het ons almal van die stad af na die aarde neergedaal op ‘n groot berg wat geskeur en in ‘n vlakte verander het toe Jesus dit aanraak.Toe het ons opgekyk en die groot stad met twaalf fondamente en twaalf poorte, drie aan elke kant, gesien met ‘n engel by elke poort. Ons het almal uitgeroep, “Die stad, die groot stad, dit kom, dit daal neer van God uit die hemel,“en dit het gekom en neergesakopdie plekwaaronsgestaan het.Toehet onsnadie heerlike dinge buitekant die stad gekyk. Daar het ek die pragtigste huise gesien, soos van silwer, staande op vier pilare versier met pérels wat te pragtig was om te aanskou. Hulle sou bewoon word deur die heiliges. In elkeen was ‘n goue rak. Ek het gesien hoe baie van die heiliges die huise binnegaan, hulle blink krone afhaal en op die rak sit; toe het hulle na die lande gegaan by die huise om iets aan die grond te doen, maar nie soos ons hier doen nie, glad nie. Om hulle hoofde het daar ‘n heerlike lig geskyn, en hulle het gedurig gejuig en God geloof.EG 8.2

    Ek het ‘n ander land gesien vol allerhande soorte blomme; toe ek hulle pluk, het ek uitgeroep, “Hulle sal nooit verwelk nie.” Daarna het ek ‘n land vol lang gras gesien, te pragtig; dit was ‘n lewende groen met ‘n skynsel van silwer en goud, en dit het trots gewuif tot heerlikheid van Koning Jesus.Toe het ek ‘n veld gesien vol allerhande soorte diere-die leeu, die lam, die luiperd, en die wolf, almal vreedsaam bymekaar. Ons is tussen hulle deur, en hulle het ons vreedsaam gevolg. Toe het ons ‘n bos binnegegaan, nie soos die donker bosse wat ons hier het nie, glad nie; dit was lig en baie heerlik; die takke het heen en weer geswaai, en ons het almal uitgeroep, “Ons sal veilig woon in die woestyn en slaap in die bosse;” ons het deur die bosse gegaan, want ons was op weg na die Berg Sion.EG 8.3

    Terwyl ons voortgereis het, het ons ‘n groep teëgekom wat ook na die heerlikheid van die plek gestaan en kyk het. Ek het gesien dat elkeen se kleed ‘n rooi soom het, hulle krone het geskitter en hulle klere was spierwit.Toe ons hullegroet, het ek Jesus gevra wie hulle was. Hy het geantwoord dat hulle martelare is wat om Sy ontwil gedood is. By hulle was ‘2n ontelbare aantal kindertjies; ook hulle kledingstukke het rooi some gehad. Die Berg Sion was net voor ons, en bo-op die berg was ‘n heerlike tempel met sewe berge rondom waarop rose en lelies gegroei het. Ek het gesien hoedat die kleintjies daar uitklim, of, as hulle dit verkies het, het hulle hul vlerkies gebruik om na die top van die berge te vlieg en van die blomme te pluk wat nooit sal verwelk nie. Rondom die tempel was allerhande soorte bome om die omgewing te verfraai; daar was olienhoutbome, dennebome, olyfbome, mirte, granate, en vyebome swaarbelaai met vye-dit het die omgewing baie mooi gemaak. Ons het op die punt gestaan om die tempel binne te gaan, toe ons Jesus se lieflike stem hoor sê, “Net die 144,000 kan hierdie plek binnegaan,“en ons het uitgeroep, „Halleluja!”EG 9.1

    Hierdie tempel het op sewe pilare gestaan, van deurskynende goud en versier met pêrels. Die wonderbare dinge wat ek daar gesien het, kan ek nie in woorde beskryf nie. 0, dat ek die taal van Kanaan kon praat, dan sou ek iets kon vertel van die heerlikhede van daardie beter wêreld. Daar het ek kliptafels gesien waarop die name van die 144,000 in goue letters gestaan het. Nadat ons die heerlikheid van die tempel besigtig het, het ons uitgegaan, en Jesus het ons verlaat en na die stad gegaan. Eerlank het ons Sy lieflike stem hoor sê, “Kom My volk, julle het uit groot verdrukking gekom, en My wil gedoen; julle het vir My gely; kom na die eetmaal, want Ek sal My omgord en julle bedien.”Ons het uitgeroep, :“Halleluja! Heerlik!” en die stad binnegegaan. Ek het ‘n tafel van skone silwer gesien; dit was baie myle lank, maar ons kon dit heeltemal sien. Ek het die vrugte van ‘die boom van die lewe gesien, die manna, die amandels, vye, granate, druiwe, en baie ander soorte vrugte. Ek het Jesus gevra om my van die vrugte te laat eet. Sy antwoord was, “Nie nou nie. Diegene wat van die vrugte van hierdie land eet, gaan nie meer terug aarde toe nie. Maar na ‘n klein rukkie, as jy getrou bly, mag jy van die vrug van die boom van die lewe eet, en van die water van die fontein drink.” Verder het Hy gesê, “Jy moet teruggaan na die aarde en aan ander vertel wat Ek aan jou geopenbaar het.”Toe het ‘n engel my saggies na hierdie donker wêreld teruggeneem. Soms dink ek dat ek nie langer hier kan bly nie; al die dinge van hierdie aarde lyk so mistroostig. Ek voel baie eensaam hier, want ek het die beter land gesien. O, vir die vlerke van ‘n duif, dan sal ek wegvlieg en gaan rus!EG 9.2

    _______________

    Nadat die visioen verby was, het alles anders voorgekom; alles wat ek aanskou het, het somber gelyk. 0, hoe donker het hierdie wêreld vir my gelyk! Ek het begin huil toe ek ontdek dat ek weer hier terug was, en ek was vol heimwee. Ek het ‘n beter wêreld gesien, en dit het hierdie een vir my bederf. Ek het aan die groepie te Portland vertel wat ek gesien het, en hulle het almal geglo dat dit van God was. Dit was ‘n magtige tyd. Die erns van die ewigheid het ons vervul. Sowat ‘n week daarna het die Here my nog ‘n gesig laat sien waarin aan my getoon is die beproewings wat ek sou deurmaak; en dit moes ek dan aan ander gaan meedeel, en ek sou heftige teenstand ondervind en baie in die gees ly. Maar, het die engel gesê,“Die genade van God is genoeg vir jou; Hy sal jou ondersteun.”EG 10.1

    Toe hierdie visioen verby was, was ek baie ontstel. My gesondheid was baie swak, en ek was maar sewentien jaar oud. Ek het geweet dat vele tot ‘n val gekom het weens selfverheffing, en ek het geweet dat God my sou verlaat as ek myself enigsins sou verhef, en dat ek verlore sou gaan. Ek het die Here toe in gebed genader en Hom gesmeek om die las op iemand anders te lê. Dit het vir my gevoel asof ek dit nie sou kon dra nie. Ek het vir ‘n lang tyd op my gesig gelê, en al lig wat tot my gekom het, was,“Vertel aan ander wat Ek aan jou geopenbaar het.”EG 10.2

    In my volgende gesig het ek die Here ernstig gesmeek om my, as ek dan aan ander moet gaan vertel wat aan my geopenbaar is, te bewaar van selfverheffing. Hy het my toe gewys dat my gebed verhoor is, en dat Hy Sy hand op my sou lê wanneer daar gevaar was van selfverheffing, en dat ek met siekte sou getref word. Die engel het gesê,“As jy die boodskappe getrou aflewer, en volhou tot die einde, sal jy eet van die vrug van die boom van die lewe en drink van die water van die rivier van die lewe.”EG 10.3

    Eerlank is daar orals rond vertel dat die gesigte die gevolg van mesmerisme (hipnotisme) was, en baie Adventiste was bereid om die gerugte te glo en te versprei. ‘n Geneesheer wat bekend daarvoor was dat hy mense kon hipnotiseer, het gesê dat my gesigte niks anders as mesmerisme was nie, dat ek ‘n baie maklike proefpersoon was, en dat hy my kon hipnotiseer en my gesigte laat sien. Ek het aan hom gesê dat die Here aan my geopenbaar het dat mesmerisme van die duiwel uit die afgrond was, en dat dit eerlank daarheen sou terugkeer met diegene wat aanhou om dit te praktiseer. Ek het hom toe verlof gegee om my te hipnotiseer as hy kon. Hy het vir meer as ‘n halfuur geprobeer, verskeie metodes gebruik, en toe die saak gewonne gegee. Deur geloof in God was ek in staat om sy invloed te weerstaan sodat hy niks met my kon uitrig nie.EG 11.1

    Wanneer ek op ‘n byeenkoms ‘n visioen gegee is, was daar baie wat gesê het dat dit blote opwinding was, en dat iemand my gehipnotiseer het. Na sulke voorvalle het ek alleen in die bosse gegaan waar geen oor of oog behalwe God s'n my kon hoor of sien nie, en daar het ek tot Hom gebid, en soms het Hy my daar visioene laat sien. In sulke gevalle het ek my verheug, en het aan die mense vertel wat God aan my geopenbaar het, daar alleen, waar geen sterfling my kon beïnvloed nie.Toe het sommige gesê dat ek myself gehipnotiseer het. 0, het ek gedink, het dit nou al sover gekom dat diegene wat eerlik tot God gaan om alleen aanspraak te maak op Sy beloftes en op Sy verlossing, daarvan beskuldig word dat hulle onder die verderflike invloed van mesmerisme is? Gaan ons dan na ons barmhartige hemelseVaderen vra Hom vir”brood” om dan ‘n “klip” of ‘n “slang” te ontvang? Hierdie dinge het my gees baie seergemaak sodat ek byna wanhopig geword het, en daar was baie wat my wou wysmaak dat daar geen Heilige Gees is nie, en dat alles wat die heilige manne van God ondervind het maar net die gevolg was van mesmerisme, of die bedrog van die Satan.EG 11.2

    In hierdie tyd was daar fanatisme in Maine. Sommige het glad nie gewerk nie, en almal wat nie met hulle op daardie punt saamgestem het nie en wat nie sekere dinge wou doen wat hulle as godsdienstige pligte voorgeskryf het nie, is uit die kerk verban. God het hierdie dwalings aan my in ‘n gesig geopenbaar, en Hy het my na Sy dwalende kinders gestuur om hulle reg te help; maar baie van hulle het die boodskap heeltemal verwerp en my beskuldig van gelykvormigheid aan die wêreld. Maar aan die anderkant weer, het die naam-Adventiste my beskuldig van fanatisme; sommige het my valslik, en sommige kwaadwillig voorgestel as die leidster in die fanatisme wat ek inderwaarheid besig was om te bestraf. Herhaaldelik is daar datums bepaal vir die koms van die Here, maar die Here het aan my geopenbaar dat daar niks van sou kom nie, want die tyd van benoudheid moes eers kom vóór die koms van Christus, en dat elke datum wat bepaal is en verbygegaan het net die geloof van Gods kinders sou verswak. Daarom het hulle my beskuldig dat ek soos daardie slegte slaaf is wat in sy hart gesê het, “My heer talm om te kom’ Al hierdie dinge het my baie swaarmoedig gemaak, en in die verwarring het ek soms in die versoeking gekom om te twyfel aan my eie ervarings. By die huisgodsdiens, een oggend, het die krag van God op my gekom, en die gedagte het my skielik binnegeskiet dat dit mesmerisme was, en ek het dit weerstaan. Dadelik het ek stom geword, en vir ‘n paar oomblikke het ek nie geweet waar ek was nie.Toe het ek my sonde gesien omdat ek aan die krag van God getwyfel het, en dat dit daarom was dat ek stom geword het, en dat ek binne vier-en-twintig uur weer sou kon praat. Daar is ‘n kaart voor my gehou, en daarop het die skriftuurplase van vyftig tekste in goue letters gestaan. 1Hierdie tekste word aan die einde van hierdie artikel gegee. Nadat die gesig verby was, het ek aangedui dat hulle vir my die lei moes bring; daarop het ek geskryf dat ek stom was, ook wat ek gesien het, en dat hulle vir my die groot Bybel moes bring. Ek het die Bybel geneem en al die tekste nageslaan wat ek op die kaart gesien het. Daardie hele dag kon ek nie praat nie. Vroeg die volgende more was my siel vol vreugde, en my tong het losgeraak om God te loof. Daarna het ek dit nooit weergewaag om vireen oomblik te twyfel aan die krag van God, of om dit te weerstaan nie, ongeag wat ander ook al van my mag dink.EG 11.3

    In die jaar 1846, terwyl ons by Fairhaven, Massachusetts, was, het my suster (sy het my altyd vergesel), Suster A., Broeder G., en ek met ‘n skuit na West’s Island gegaan om ‘n gesin daar te besoek. Dit was al byna donker toe ons vertrek het. Nadat ons ‘n kort rukkie op die water was, het daar skielik ‘n storm opgekom. Dit het gedonder en geblits, en daar was ‘n geweldige stortreën. Dit was duidelik dat ons sou omkom as God ons nie verlos nie.EG 12.1

    Ek het in die skuitjie neergekniel en ernstig tot God gebid om ons te bewaar. Terwyl ons skuitjie daar op die onstuimige waters rondgedobber en die water oor ons gespoel het, het ek ‘n gesig gesien, en ek het gesien dat die hele see eerder sou opdroog as dat God sou toelaat dat ons vergaan, want my werk het maar nou eers begin. Nadat die gesig verby was, was al my vrees ook weg( en ons het gesing en God geloof, en ons skuitjie was vir ons soos ‘n drywende Bet-el. Die redakteur van The Advent Herald het gesê dat dit bekend was dat my gesig die “gevolg van mesmerisme” was. Maar nou wil ek vra, watter geleentheid was daar vir die werkinge van mesmerisme in omstandighede soos wat ek beskryf het? Broeder G. moes al sy kragte inspan om die bootjie te hanteer. Hy het die anker uitgewerp, maar dit het nie gehou nie. Die bootjie is heen en weer geslinger in die storm, en dit was so donker dat ons nie eens die lengte van die bootjie kon sien nie. Eindelik het die anker vasgeslaan, en Broeder G. het om hulp geroep. Daar was slegs twee huise op die eiland, en gelukkig was ons naby die een, maar nie die een waar ons wou wees nie. Die huismense het toe al gaan slaap, maar een van die kinders het die geroep gehoor op die water. Die vader het ons dadelik kom help, en hy het ons met sy skuitjie aan wal gebring. Ons het feitelik die res van die nag deurgebring om God te loof en te dank vir Sy goedheid.EG 13.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents