Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 66—Die Luide Geroep

    Ek het engele heen en weer sien haas in die hemel. Hulle het op die aarde neergedaal, en weer opgevaar na die hemel, in voorbereiding vir ‘n belangrike gebeurtenis. Toe het ek ‘n ander magtige engel gesien, met opdrag om na die aarde te vlieg om sy stem te voeg by die van die derde engel om krag aan sy boodskap te gee. Groot krag en heerlikheid is aan hierdie engel gegee, en toe hy neerdaal is die aarde verlig met sy heerlikheid. Die lig wat hierdie engele gebring het, het orals binnegedring, en hy het met ‘n groot stem geroep, “Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword die woonplek van duiwels en die versamelplek van allerhande onreine geeste en die versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls.” Die boodskap van die val van Babilon, soos verkondig deur die tweede engel, word herhaal, met die melding van die korrupsie wat die kerke binnegedring het sedert 1844. Die werk van hierdie engel kom op die regte tyd om aan te sluit by die laaste groot werk van die derde engel se boodskap waar dit uitbrei tot ‘n luide geroep. Die volk van God word so voorberei om te staan in die uur van versoeking waarin hulle eerlank sal kom. Ek het gesien dat ‘n groot lig hulle bestraal, en hulle het saamgestaan om die derde engel se boodskap sonder vrees te verkondig. Engele is gestuur om die magtige engel uit die hemel by te staan, en ek het stemme wat orals binnegedring het soos dit gelyk het, hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haarongeregtighede onthou.”Dit het geskyn of hierdie boodskap bykomstig tot die derde engel se boodskap was, en daarby aangesluit het, net soos die middernagtelike geroep aangesluit het by die tweede engel se boodskap in 1844. Die heerlikheid van God het die geduldige, wagtende heiliges bestraal waar hulle sonder vrees die laaste plegtige waarskuwing gegee het, die val van Babilon aangekondig het, en Gods kinders geroep het om uit haar uit te gaan, sodat hulle haar vreeslike ondergang kon vryspring.EG 281.1

    Die lig wat op die wagtendes geskyn het, het orals binnegedring, en diegene in die kerke wat enige lig gehad het, wat nie die drie boodskappe gehoor en verwerp het nie, het gehoor gegee aan die roepstem, en die gevalle kerke verlaat. Baie het die ouderdom van verantwoordelikheid bereik sedert die verkondiging van die boodskappe, en die lig het op hulle geskyn, en hulle het die voorreg gekry om of die lewe of die dood te kies. Sommige het die lewe gekies en saamgestaan met diegene wat gewag het op die koms van hulle Here en al Sy gebooie gehou het. Die derde engel se boodskap sou sy werk doen; almal sou daardeur getoets word, en die kosbares sou uitgeroep word uit die godsdienstige liggame. ‘n Mag het die opregtes beweeg, terwyl die openbaring van Gods mag hulle ongelowige bloedverwante en vriende vreesagtig en terughoudend gemaak het, sodat hulle diegene in wie die Gees van God gewerk het, nie durf verhinder het nie; en al wou hulle ook, het hulle nie die mag gehad nie. Die laaste boodskap het ook tot die slawe gekom, en die vromes onder hulle het hulle harte uitgestort in vreugdeliedere by die vooruitsig aan hulle verlossing. Hulle meesters kon hulle nie terughou nie; vrees en verbasing het hulle laat swyg. Magtige wonderwerke is gedoen; die siekes is genees, en tekens en wonders het die gelowiges gevolg. God was in die werk, en elke heilige het, sonder om die gevolge te vrees, die inspraak van sy gewete gevolg en het aangesluit by diegene wat al die gebooie van God gehou het; hulle het die derde engel se boodskap met krag verkondig. Ek het gesien dat hierdie boodskap met ‘n krag en sterkte sal eindig wat die middernagtelike geroep ver sal oortref.EG 281.2

    Dienaars van God, omgord met krag van omhoog, en met hulle gesigte stralende van heilige toewyding, het uitgegaan om die boodskap van die hemel te verkondig. Siele wat orals in die verskillende kerke was, het gehoor gegee aan die roepstem, en die dierbares is haastig geneem uit die gedoemde kerke, net soos Lot haastig geneem is uit Sodom vóór die verwoesting van daardie stad. Gods volk is versterk deur die oortreffende heerlikheid wat hulle so ryklik bestraal en hulle voorberei het om te kan staan in die uur van versoeking. Aan alle kante het ek stemme hoor sê, “Hier kom die geduld van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.”EG 282.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents