Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 2—Daaropvolgende Gesigte

    Terwyl die broeders saamgekom het by Topsham, Maine, het die Here my die volgende gesig gegee.EG 21.1

    Ons was in ‘n buitengewone gebed stemming, en onderwyl ons gebid het( het die Heilige Gees op ons gekom. Ons was baie gelukkig. Spoedig het ek alle besef van aardse dinge verloor en het ek ‘n gesig ontvang van die heerlikheid van God. Ek het ‘n engel gesien wat vinnig na my toe aangevlieg gekom het. Hy het my van die aarde af weggevoer na die Heilige Stad. In die stad het ek ‘n tempel gesien, en ek het binnegegaan. Voordat ek by die eerste voorhangsel gekom het, is ek deur ‘n deur. Hierdie voorhangsel was opgelig, en ek het die heilige plek binnegegaan. Daar het ek die reukofferaltaar gesien, die sewe kandelare, en die tafel met die toonbrode. Nadat ek die heerlikheid van die heilige plek gesien het, het Jesus die tweede voorhangsel opgelig en ek het die allerheiligste plek binnegegaan.EG 21.2

    In die allerheiligste plek het ek die ark gesien; die deksel en die kante was van pure goud. Op elke end was ‘n pragtige gerub, met vlerke oor die ark uitgestrek. Die gerubs het gestaan met hulle gesigte na mekaar toe, en hulle het afgekyk.Tussen die engele was ‘n goue wierookbak. Bokant die ark, waar die engele gestaan het, was daar ‘n baie helder glans, wat gelyk het soos die troon waar God woon. Jesus het by die ark gestaan, en namate die heiliges se gebede tot Hom opgestyg het, het Hy hulle gebede saam met die wierook aan Sy Vader geoffer. In die ark was die goue kruik met die manna, die staf van Aaron, en die kliptafels wat toegevou het soos ‘n boek. Jesus het hulle oopgeslaan, en ek het die tien gebooie gesien wat daarop geskryf is met die vinger van God. Op die een tafel was vier, en op die ander een ses. Die vier op die eerste tafel het helderder geskyn as die ander ses; maar die vierde, die Sabbatsgebod, het die helderste van almal geskyn; want die Sabbat is afgesonder om gehou te word tot eer van Gods heilige Naam. Die heilige Sabbat het heerlik gelyk-daar was ‘n stralekrans van heiligheid rondom. Ek het gesien dat die Sabbatsgebod nie aan die kruis genael is nie. As dit die geval was, sou dit ook vir die orige nege gebooie gegeld het, en dan sou dit ons vrygestaan het om hulle almal te oortree, en ook die vierde. Ek het gesien dat God die Sabbat nie verander het nie, want Hy verander nooit nie. Maar die pous het die dag verander van die sewende na die eerste dag van die week; want hy sou tye en die wet verander.EG 21.3

    En ek het gesien dat as God die Sabbat verander het van die sewende tot die eerste dag; sou Hy ook die bewoording van die Sabbatsgebod verander het daar op die kliptafels wat nou in die ark is in die allerheiligste plek van die tempel in die hemel, en dit sou as volg gelees het: Die eerste dag is die Sabbat van die Here julle God. Maar ek het gesien dat die bewoording nog is soos dit was toe dit op die kliptafels geskryf is deur die vinger van God, en toe Hy dit aan Moses op Sinai gegee het. “Maar die sewende dag is die Sabbat van die Here julle God.” Ek het gesien dat die heilige Sabbat die skeidsmuur is, en dit altyd sal bly, tussen die ware Israel van God en die ongelowiges; en dat die Sabbat die groot vraag is wat die harte sal verenig van Gods dierbare, wagtende heiliges.EG 22.1

    Ek het gesien dat God kinders het wat die Sabbat nie sien en hou nie. Hulle het nie die lig in verband daarmee verwerp nie. En aan die begin van die tyd van benoudheid is ons vervul met die Heilige Gees toe ons uitgegaan en die Sabbat met groter krag verkondig het. 1‘Sien bladsy 75.1 Dit het die kerke en die naam-Adventiste woedend gemaak, want hulle kon die Sabbats waarheid nie weerlê nie. In daardie tyd het Gods uitverkorenes almal duidelik gesien dat ons die waarheid het, en hulle het uitgekom en saam met ons gestaan in die vervolging. Ek het die swaard, en hongersnood en pestilensie en groot verwarring in die land gesien. Die goddelose het gemeen dat ons die oordele op hulle gebring het, en hulle het raad gehou om ons van die aarde te verdelg, menende dat hulle op daardie wyse die onheil sou keer.EG 22.2

    In die tyd van benoudheid het ons almal uit die stede en dorpe gevlug, maar die goddelose het ons agtervolg en hulle het die wonings van die heiliges met die swaard binnegedring. Hulle het die swaard opgehef om ons dood te maak, maar die swaarde het gebreek en so magteloos soos stukkies strooi uit hulle hande geval. Ons het dag en nag gebid om verlossing, en ons geroep is deur God verhoor. Die son het opgekom en die maan het stilgestaan. Die waterstrome het gaan staan. Swaar, donker wolke het saamgepak. Maar daar was een plek waar die heerlikheid deurgestraal het, en daaruit het ons die stem van God gehoor, soos vele waters, wat die hemele en die aarde geskud het. Die uitspansel het oopen toegegaan, en dit was in beroering. Die berge het gebewe soos ‘n riet in die wind, en het orals skerpkantige rotse uitgeslinger. Die see het gekook soos ‘n pot; en het klippe op die land uitgewerp. En toe God die dag en die uur van Jesus se koms aangekondig het, en die ewige verbond aan Sy volk oorhandig het, het Hy een sin gespreek en dan gewag terwyl Sy woorde oor die aarde gerol het. Die Israel van God het gestaan met hulle oë na bo gerig, en geluister na die woorde soos hulle uit die mond van Jehova gekom en oor die aarde gerol het soos swaar donderslae. Dit was verskriklik aangrypend. Aan die einde van elke sin het die heiliges uitgeroep, “Heerlik! Halleluja!” Hulle aangesigte was verlig met die heerlikheid van God; hulle het geblink van die heerlikheid soos die gelaat van Moses geblink het toe hy van die berg Sinai afgekom het. Die goddelose kon hulle nie aanskou weens die heerlikheid nie. En toe die ewige seën uitgespreek is oor diegene wat God vereer het deur Sy Sabbat te heilig, het daar ‘n magtige oorwinningskreet opgegaan oor die dier en oor sy beeld.EG 22.3

    Toe het die jubileum begin wanneer die land sou rus. Ek het die vrome slaaf sien opstaan in oorwinning; hy het die kettings wat hom gebind het van hom afgeskud, terwyl sy bose meester verward was en nie geweet het wat om te doen nie; want die goddelose kon nie die woorde van die stem van God verstaan nie. Eerlank het die groot wit wolk verskyn. Dit was pragtiger as ooit. Daarop het die Seun van die mens gesit. Eers het ons Jesus nie op die wolk gesien nie, maar namate dit nader aan die aarde gekom het, kon ons Sy heerlike gestalte sien. Hierdie wolk, toe dit eers verskyn het, was die teken van die Seun van die mens in die hemel. Die stem van die Seun van God het die slapende heiliges opgewek, beklee met die heerlike onsterflikheid. Die lewende heiliges is in ‘n oomblik verander en saam opgeneem in die wolke-wa. Dit het te heerlik gelyk terwyl dit opwaarts gestyg het. Aan albei kante van die wa was daar vlerke, en daaronder was wiele. Namate die wa opwaarts gegaan het, het die wiele uitgeroep, “Heilig,” en die vlerke het, terwyl hulle beweeg het, uitgeroep, “Heilig,“en die gevolg van heilige engele rondom die wolk, het uitgeroep, “Heilig, heilig, heilig, Here God Almagtig!” En die heiliges in die wolk het uitgeroep, “Heerlik! Halleluja!” En die wa het opgevaar na die Heilige Stad. Jesus het die poorte van die goue stad oopgeswaai en ons binnegelei. Daar is ons verwelkom, want ons het die”gebooie van God”gehou en het “reg op die boom van die lewe.” EG 23.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents