Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 37—Die Bediening Van Christus

    Nadat die Satan klaar was met sy versoekings, het hy Jesus vir ‘n tyd met rus gelaat, en engele het voedsel in die wildernis berei vir Hom en Hom verkwik; en die seën van die Vader het op Hom gerus. Die kwaaiste versoekings van die Satan het misluk, maar nogtans het hy uitgesien na tye in die bediening van Jesus wanneer hy sy liste teen Hom sou kon gebruik. Hy het nog gehoop om die oorwinning oor Hom te behaal deur diegene wat Jesus nie sou aanneem nie, op te stook om Hom te haat en te probeer vernietig. Die Satan het spesiaal beraadslaag met sy engele. Hulle was teleurgesteld en toornig omdat hulle niks uitgerig het teen die Seun van God nie. Hulle het besluit dat hulle nog listiger sal moet wees en hulle kragte tot die uiterste sal moet inspan om ongeloof aan te wakker onder Sy eie volk dat Hy die Verlosser van die wêreld is, en op hierdie wyse Jesus te ontmoedig in Sy sending. Dit sal nie saak maak hoe nougeset die Jode mag wees in die nakoming van hulle seremonies en offergawes nie, as hulle maar kon verblind word vir die profesieë, en gelei word om te glo dat die Messias sou kom as ‘n magtige aardse koning, mag hulle daartoe gebring word om Jesus te verag en te verwerp.EG 155.1

    Aan my is getoon dat die Satan en sy engele baie besig was tydens Christus se bediening, deur die mense met ongeloof, haat, en veragting te besiel. Dikwels, wanneer Jesus ‘n snydende waarheid geleer en hulle sondes bestraf het, het die mense toornig geword. Die Satan en sy engele het hulle aangehits om die lewe van die Seun van God te neem. Meer as eenmaal het hulle klippe opgetel om Hom te stenig, maar die engele het Hom beskerm, en Hom weggeneem van die bose skare na ‘n plek van veiligheid. Weer, toe Hy die onomwonde waarheid gespreek het, het die skare Hom na ‘n berg geneem met die voorneme om Hom daar af te gooi. Daar het stry onder hulle ontstaan oor wat hulle met Hom sou doen, en toe het engele Hom weer vir hulle oë verberg, en Hy het deur die skare gegaan en ontsnap.EG 155.2

    Die Satan het nog gehoop dat die groot verlossingsplan sou misluk. Hy het al sy kragte ingespan om die harte van die mense te verhard en hulle gevoelens te verbitter teen Jesus. Hy het gehoop dat so min Hom sou aanneem as die Seun van God dat Hy Sy lyde en opoffering te groot sou ag vir so ‘n klein klompie. Maar ek het gesien dat as daar maar slegs twee was wat Jesus sou aangeneem het as die Seun van God en in Hom sou geglo het tot redding van hulle siele, Hy die plan sou uitgevoer het.EG 155.3

    Jesus het Sy werk begin deur die mag van die Satan te verbreek oor die lydendes. Hy het die siekes in gesondheid herstel, die blindes laat sien, die kreupeles genees en hulle laat huppel van vreugde tot verheerliking van God. Hy het diegene gesond gemaak wat vir jare siek was, gebind deur die wrede mag van die Satan. Met woorde van genade het Hy die swakkes, die vreesagtiges, en die neerslagtiges vertroos. Die swakkes en lydendes wat die Satan in oorwinning vasgehou het, het Jesus verlos uit sy greep, gesond gemaak, en in groot vreugde en geluk herstel. Hy het die dode lewendig gemaak, en hulle het God verheerlik vir die magtige openbaring van Sy krag. Hy het magtige werke gedoen vir almal wat in Hom geglo het.EG 156.1

    Die lewe van Christus was vol goedertierenheid, medelyde, en liefde. Hy was altyd gereed om te luister na die klaagliedere waarmee hulle na Hom toe gekom het, en het hulle gehelp. Menigtes het in hulle eie persoon die bewyse gedra van Sy goddelike krag. En tog, ná Hy hulle gehelp het, was daar baie wat skaam was vir die nederige, dog magtige, Leraar. Omdat die leiers nie in Hom geglo het nie, was die mense nie gewillig om Jesus aan te neem nie. Hy was ‘n man van smarte en bekend met droefheid. Hulle kon dit nie gedoog om regeer te word deur Sy kalm, selfopofferende lewe nie. Hulle wou die eer geniet wat hierdie wêreld gee. Tog was daar baie wat die Seun van God gevolg het, na Sy leer geluister en woorde ingedrink het wat so genadiglik van Sy lippe gekom het. Sy woorde was vol betekenis, en so duidelik dat die swakstes dit kon verstaan.EG 156.2

    Die Satan en sy engele het die oë en die verstand van die Jode benewel, en hulle het die owerstes van die volk aangehits om die Verlosser om die lewe te bring. Ander is gestuur om Jesus na hulle toe te bring; maar toe hulle by Hom kom, was hulle baie verbaas. Hulle het gesien dat Hy vol van medelyde en ontferming was by die aanskouing van die menslike ellende. Hulle het gehoor hoedat Hy in liefde en tederheid die swakkes en siekes aanmoedig. Ook het hulle gehoor hoedat Hy met gesag die mag .van die Satan bestraf en hom gebied om die gevangenes vry te laat. Hulle het geluister na die woorde van wysheid wat oor Sy lippe gevloei het, en dit het hulle qeboei; hulle kon eenvoudig nie die hande aan Hom slaan nie. Hulle het na die priesters en owerstes teruggegaan sonder Jesus. Toe hulle gevra is# “Waarom het julle Hom nie gebring nie?” het hulle vertel wat hulle gesien het van Jesus se wonderwerke, en van die heilige woorde van wysheid en liefde en kennis wat hulle gehoor het, en hulle het gesê, “Nooit het ‘n mens so gespreek soos hierdie man nie.” Die owerpriesters het hulle beskuldig dat hulle ook bedrieg is, en sommige van die dienaars was skaam dat hulle Hom nie gevange geneem het nie. Die priesters het honend gevra of enige van die owerstes in Hom geglo het. Ek het gesien dat baie van die magistrate en ouderlinge wel in Jesus geglo het; maar die Satan het hulle teruggehou om dit te bely; hulle mensevrees was groter as hulle vrees vir God.EG 156.3

    Dusver het die lis en haat van die Satan nie daarin geslaag om. die verlossingsplan te laat misluk nie. Die tyd vir die verwesenliking van die doel waarvoor Jesus na die wêreld gekom het, het genader. Die Satan en sy engele het saam raad gehou en hulle het besluit om Christus se eie volk te besiel om te roep om Sy bloed en Hom met smaad en hoon te belaai. Hulle het gehoop dat Jesus sulke behandeling nie sou gedoog nie( en dat Hy Sy nederigheid en sagmoedigheid nie sou handhaaf nie.EG 157.1

    Terwyl die Satan besig was om planne te beraam, het Jesus: sorgvuldig aan Sy dissipels verduidelik watter lyding Hy sou ondergaan-dat Hy gekruisig sou word en dat Hy die derde dag weer sou opstaan. Maar hulle was traag om te verstaan, en hulle kon nie begryp wat Hy aan hulle vertel het nie.EG 157.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents