Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 67—Die Derde Engel Se Boodskap Afgesluit

    Ek is gewys op die tyd wanneer die derde engel se boodskap afgesluit sal word. Die krag van God het op Sy volk gerus; hulle werk was afgedaan, en hulle was gereed vir die uur van beproewing voor hulle. Hulle het die laat reën ontvang, of die verkwikking van die aangesig van die Here, en die lewende getuienis het herlewe. Die laaste groot waarskuwing is orals gegee, en dit het die aardbewoners wat die boodskap nie wou aanneem nie, woedend gemaak.EG 283.1

    Ek het engele heen en weer sien haas in die hemel. ‘n Engel met ‘n skrywer se inkpot aan sy sy het van die aarde af teruggekom en aan Jesus gerapporteer dat sy werk klaar was, en dat die heiliges genommer en verseël is. Toe het ek gesien dat Jesus, wat voor die ark waarin die tien gebooie is, gedien het, die reukpan neergooi. Hy het Sy hande opgehef, en met ‘n groot stem uitgeroep, “Dit is verby!” Die ganse leërskare van engele het hulle krone afgehaal toe Jesus die volgende plegtige aankondiging gedoen het: ldquo;Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.”EG 283.2

    Elke saak is beslis of vir die lewe of vir die dood. Terwyl Jesus in die heiligdom gedien het, is die regverdige dode geoordeel, en daarna die lewende heiliges. Christus het Sy koninkryk ontvang, nadat Hy versoening gedoen het vir Sy volk en hulle sondes uitgedelg het. Die onderdane van Sy koninkryk was voltallig. Die huwelik van die Lam is voltrek. En die koninkryk, en die grootheid daarvan onder die ganse hemel, is gegee aan Jesus en die erfgename van die saligheid, en Jesus sal regeer as Koning van die konings en Here van die here.EG 283.3

    Toe Jesus die allerheiligste plek verlaat het, het ek die klokkies van Sy kleed hoor lui; en toe Hy daaruit is, het ‘n wolk van duisternis die aardbewoners oordek. Nou was daar geen middelaar tussen die skuldige mens en ‘n veronregte God nie.Terwyl Jesus nog gestaan het tussen God en die skuldige mensdom, is die mense in bedwang gehou; maar toe Hy uitgetree het, is die weerhoudende krag verwyder, en die Satan het volkome heerskappy gehad oor die onboetvaardiges. Terwyl Jesus nog in die heiligdom gedien het, was dit onmoontlik om die plae uit te stort; maar aangesien Sy werk daar nou klaar en Sy middelaarswerk afgesluit was, was daar niks om die wraak van God terug te hou nie, en dit het met woede ontvlam op die onbeskutte hoof van die skuldige sondaars wat die saligheid versmaai, en die bestraffing gehaat het. In daardie vreeslike tyd, ná die afsluiting van Jesus se middelaarswerk, het die heiliges voor ‘n heilige God gelewe sonder ‘n middelaar. Elke saak is afgehandel, en elke juweel is genommer. Jesus het vir ‘n rukkie in die eerste afdeling van die heiligdom vertoef, en die sondes wat bely is terwyl Hy in die allerheiligste plek was, is geplaas op die Satan, die bewerker van die sonde; hy moet die straf daarvoor ondergaan.EG 283.4

    Toe het ek gesien dat Jesus Sy priesterlike kleed uittrek, en Sy koninklike kleed aantrek. Op Sy hoof was baie krone, ‘n kroon op ‘n kroon. Omgewe van die leërskare van engele, het Hy die hemel verlaat. Die plae was besig om op die aardbewoners te val. Sommige het God verwens en vervloek. Ander het na die volk van God gehaas en hulle gesmeek om geleer te word hoe om Sy oordele te ontvlug. Maar die heiliges kon hulle nie help nie. Die laaste traan vir sondaars was gestort, die laaste smeekbede gebid, die laaste las gedra, en die laaste waarskuwing gegee. Die soete stem van genade sou hulle nie meer uitnooi nie.Toe die heiliges, en die hele hemel, belanggestel het in hulle verlossing, het hulle persoonlik geen belangge-stel nie. Hulle het die keuse van die lewe of die dood gehad. Vele het die lewe begeer, maar hulle het geen poging gemaak om dit te verkry nie. Hulle het nie die lewe gekies nie, en nou was daar geen versoeningsbloed meer om sondaars te reinig nie, en geen ontfermende Verlosser om vir hulle te pleit nie, en te roep, “Spaar, spaar die sondaar ‘n bietjie langer.” Die ganse hemel het saamgestaan met Jesus toe hulle daardie vreeslike woorde hoor, “Dit is verby. Dit is volbring.” Die verlossingsplan is volvoer, maar min het verkies om dit aan te neem. En toe die soet stem van die genade wegsterf, het die goddelose vreesbevange geword. Met skrikwekkende helderheid het hulle die woorde gehoor,“Te laat! te laat”EG 284.1

    Diegene wat Gods Woord nie op prys gestel het nie, het heen en weer gehaas, van see tot see geloop, en van die noorde tot die ooste om te soek na die Woord van die Here. Die engel het gesê, “Hulle sal dit nie vind nie. Daar is ‘n hongersnood in die land; nie ‘n honger vir brood nie, of ‘n dors na water nie, maar om die Woord van die Here te hoor. Wat sou hulle nie betaal vir een Woord van goedkeuring van God nie! Maar nee, hulle moet honger en dors ly. Dag na dag het hulle die verlossing versmaai, en meer waarde geheg aan aardse skatte en aardse plesier as aan die skatte van die hemel en die pleitstem van die hemel. Hulle het Jesus en Sy heiliges verwerp. Die wat vuil is, moet nou vir ewig vuil bly.”EG 284.2

    Baie van die goddelose het woedend geword toe hulle getref is deur die plae. Dit was ‘n toneel van die vreeslikste foltering. Ouers het hulle kinders bitter verwyt, kinders hulle ouers, broers hulle susters, en susters hulle broers. Uit alle rigtings is wenende stemme gehoor, “Dit was jy wat my verhinder het om die waarheid aan te neem wat my van hierdie vreeslike uur sou gered het.” Die mense het hulle predikante aangeval met die woorde, “Julle het ons nie gewaarsku nie. Julle het ons vertel dat die hele wêreld tot bekering sou kom, en julle het vrede en veiligheid geroep om ons gerus te stel. Julle het ons nie van hierdie uur vertel nie; en diegene wat ons wel gewaarsku het, het julle uitgemaak as fanatieke en bose mense wat ons ondergang sou bewerk.”Maar ek het gesien dat die predikante nie die wraak van God vrygespring het nie. Hulle lyding was tienmaal erger as die van hulle mense.EG 285.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents