Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 24—Die Hoop Van Die Kerk *Uit die Review, 10 Junie 1852.

    Waar ek in die laaste tyd rondgekyk het om die nederige navolgers van die sagmoedige Jesus te sien, was ek baie ontstel. Baie wat voorgee dat hulle uitsien na die spoedige koms van Christus, is besig om aan hierdie wêreld gelykvormig te word, en hulle soek die goedkeuring van diegene rondom hulle meer as die goedkeuring van God. Hulle is koud en vormlik, net soos die kerke waaruit hulle so kort gelede gekom het. Die woorde geskryf aan die Laodicense is ook ‘n treffende beskrywing van hulle toestand. (Sien Openbaring 3:14-20.) Hulle was nie “koud ... en ook nie warm nie,” maar “lou.” En tensy hulle die raad aanneem van die “getroue en waaragtige Getuie,” en ywerig is om hulle te bekeer en “te koop goud wat deur vuur gelouter is,” en “wit klere,” en “salf”vir hulle oë nie, sal Hy hulle uit Sy mond spuug.EG 103.1

    Die tyd het gekom wanneer ‘n groot gedeelte van diegene wat eenmaal bly was, en van vreugde gejubel het by die gedagte aan die onmiddellike koms van die Here, op dieselfde grond staan as die kerke en die wêreld wat hulle bespot het omdat hulle geglo het dat Jesus sou kom, en allerhande valshede versprei het om vooroordeel teen hulle op te wek en hulle invloed te vernietig. Nou, as iemand verlang na die lewende God, en honger en dors na die geregtigheid, en God hom Sy krag laat voel, en die verlange van sy siel bevredig deur Sy liefde in sy hart uit te stort, en as hy God verheerlik deur Hom te loof, word hy( deur hierdie sogenaamde gelowiges in die spoedige koms van die Here, dikwels as mislei beskou, en word hy daarvan beskuldig dat hy gehipnotiseer is of ‘n bose gees het.EG 103.2

    Baie van hierdie sogenaamde Christene trek aan, praat, en handel soos die wêreld, en die enigste ding waaraan hulle nog uitgeken word, is hulle belydenis. Alhoewel hulle voorgee om uit te sien na die koms van Christus,is hulle gedagtes nie op hemelse dinge nie, maar op aardse dinge. “Hoedanig,” moet hierdie mense“wees in heilige wandel en godsvrug,”wat voorgee dat hulle “die koms van die dag van God verwag en verhaas”? 2 Pet. 3:11,12.”Elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.” 1 Joh. 3:3. Maar dit is duidelik dat baie wat die naam Adventis dra, meer aandag skenk aan die versiering van hulle liggame, en om goed te lyk in die oë van die wêreld, as om uit die Woord van God te leer hoe hulle Hom kan behaag.EG 103.3

    Wat sou gebeur as die lieflike Jesus; ons voorbeeld, onder hulle en die belyers van die godsdiens oor die algemeen, sou verskyn soos tydens Sy eerste koms? Hy is in ‘n krip gebore.EG 104.1

    Volg Hom deur Sy lewe van diens op aarde. Hy was ‘n man van smarte en bekend met droefheid. Hierdie sogenaamde Christene sou skaam wees vir die nederige en sagmoedige Verlosser wat ‘n eenvoudige kleed sonder naat gedra het, en geen plek gehad het waar Hy Sy hoof kon neerlê nie. Sy vlekkelose, selfopofferende lewe sou hulle veroordeel; Sy heilige erns sou hulle ligsinnigheid en ydele gelag op ‘n pynlike wyse stilmaak; Sy sondelose lewe sou ‘n bestraffing wees vir hulle wêreldsgesindheid en hebsugtigheid; Sy onomwonde verklaring van die waarheid sou hulle ware karakter openbaar, en hulle sou net een begeerte hê, en dit sal wees om die nederige patroon, die lieflike Jesus so gou moontlik uit die weg te ruim. Hulle sou onder die eerstes wees wat sou probeer om Hom te verstrik in Sy woorde, en wat sou skreeu, “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”EG 104.2

    Laat ons Jesus volg waar Hy Jerusalem so nederig binnegery het, toe die hele menigte van die dissipels begin het”om God met blydskap te prys met ‘n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf U dissipels. En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.” ‘n Groot gedeelte van diegene wat voorgee dat hulle op die koms van Christus wag, sou net so gretig wees as die Fariseërs om die dissipels die swye op te lê, en ongetwyfeld sou hulle ook die kreet aanhef, “Fanatisme! Mesmerisme! Mesmerisme!” En hulle sou sê dat die dissipels wat hulle klere, en palmtakke op die pad van die Here sprei, spandabel en gek is. Maar God sal ‘n volk op die aarde verwek wat nie so koud en dood is dat hulle Hom nie kan loof en verheerlik nie. Daar sal mense wees wat Hom sal verheerlik, en as Sy uitverkorenes-hulle wat Sy gebooie hou-sou stilbly, sou dieklippe uitroep. Jesus sal kom, maar nie soos Hy die eerste maal gekom het, soos ‘n kindjie in Betlehem nie; nie soos Hy Jerusalem binnegery het, en toe Sv dissipels God met ‘n groot stem geloof en uitgeroep het, “Hosanna” nie; maar Hy sal kom met die heerlikheid van Sy Vader, en die van die groot gevolg van heilige engele wat Hom na die aarde sal begelei. Al die engele van die hemel sal Hom vergesel, terwyl die wagtende heiliges na die hemel sal kyk, net soos die manne van Galilea gestaan eh kyk het toe Hy van die Olyfberg opgevaar het. Dan sal alleen diegene wat heilig is, diegene wat die nederige Patroon ten volle nagevolg het, in verrukking en blydskap uitroep wanneer hulle Hom sien kom, “Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos.” En dan sal hulle verander word, “in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin’-naamlik daardie basuin wat die slapende heiliges uit hulle grafte roep, beklee met die heerlike onsterflikheid, en met die oorwinnings kreet op hulle lippe-oorwinning oor die dood en die graf! Die verheerlikte heiliges word dan saam met die engele opgeneem die Here tegemoet in die lug, om nooit meer geskei te word van die Persoon van hulle liefde nie.EG 104.3

    Met so ‘n vooruitsig, so ‘n heerlike hoop, so ‘n verlossing wat Christus met Sy eie bloed vir ons gekoop het, sal ons kan stilbly? Sal ons God nie met ‘n groot stem loof soos die dissipels Jesus geloof het toe Hy Jerusalem binnegery het nie? Is ons vooruitsig nie baie heerliker as hulle s‘n was nie? Wie durf ons dan belet om die Here te loof, met ‘n groot stem, by die ge-dagte aan so ‘n heerlike hoop, naamlik die onsterflikheid? Ons het ‘n voorsmaak gehad van die kragte van die aanstaande wêreld, en ons verlang na meer. My hele wese roep uit na die lewende God, en ek sal nie tevrede wees voordat ek met Sy volheid vervul is nie.EG 105.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents