Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    IN hierdie veranderlike tye is dit baie seldsaam vir ‘n boek om vir ‘n hele eeu gewild te bly en sy plek te behou langs ander boeke wat oor huidige vraagstukke handel. En tog is dit die geval met die boek Eerste Geskrifte, van Ellen G. White. Daar is al so baie eksemplare van hierdie boek gedruk dat die derde stel plate al uitgeslyt is, en nou het die vierde uitgawe in Amerika verskyn, waarvan hierdie Afrikaanse vertaling gemaak is.EG .0

    Die naam van hierdie boek is baie paslik, want dit is feitelik die herdruk van die eerste drie boeke van Ellen G. White, naamlik, Christian Experience and Views ofMrs. E. G. White, wat eerste verskyn het in 1851; A Supplement to Experience and Views, wat verskyn het in 1854; en Spiritual Gifts, Deel 1, wat verskyn het in die jaar 1858.EG .0

    Die gewildheid van Eerste Geskrifte moet toegeskryf word aan die begeerte om besitter te wees van die boodskappe wat tot die vroeë kerk gekom het, en voordeel te trek uit die inligting en aanmoediging wat gegee is deur die profetiese gawe.EG .0

    Die tweede uitgawe van hierdie lektuur het in die jaar 1882 verskyn in twee boekdele, waarvan die eerste Experience and Views, en Supplement bevat het, en die tweede Spiritual Gifts. In verband met sekere byvoegsels tot die eerste van hierdie oorspronklike werke, en die paar veranderings wat daar destyds gemaak is, meld die uitgewers se voorwoord die volgende:EG .0

    “Voetnotas met datums en verduidelikings, en ‘n byvoegsel wat twee interessante drome beskryf waarvan in die oorspronklike werk melding gemaak is, maar nie daarin verskyn het nie, word in hierdie uitgawe op geneem en sal dit, na ons mening, interessanter maak. Verder is daar geen ander afwykings van die oorspronklike werk in hierdie uitgawe nie, behalwe so nou en dan die gebruik van ‘n nuwe woord, of ‘n verandering in die konstruksie van ‘n sin om ‘n idee beter uit te druk. Geen idee of strekking van die oorspronklike werk is ooit verander nie, en die veranderings van woorde wat daar wel gemaak is, het geskied onder toesig en met volle goedkeuring van die skryfster.”EG .0

    Die twee boekdele is in 1882 as een boekdeel uitgegee onder die titel Early Writings. Die aanvraag was so groot dat daar ‘n derde Amerikaanse edisie gedrukis.EG .0

    In hierdie vierde uitgawe is die inhoud bladsy vir bladsy dieselfde as die vorige uitgawe, om te klop met die bladwyser wat daar opgestel is onder die titel, Index to the Writings ofMrs. Ellen G. White.EG .0

    In Experience and Views het ons ‘n beskrywing van Mev. White se ervarings tydens die Adventbeweging van 1840-44. Dan volg daar ‘n aantal vroeëre gesigte, wat aanvanklik in pamfletvorm verskyn het, of as bydraes tot tydskrifte.EG .0

    Die Byvoegsel verduidelik sekere uitdrukkings in die vroeëre werk wat misverstaan of verkeerd vertolk is, en dit bevat bykomstige raadgewing aan die kerk. Dit het verskyn ‘n jaar vóór die eerste pamflet getitel Testimony for the Church.EG .0

    Geestelike Gawes, Deel 1, het die eerste beskrywing bevat van die gesig van die lang uitgerekte stryd tussen Christus en Sy engele en die Satan en sy engele; dit word gewaardeer vir die treffende en bondige beskrywings, en dit het net die belangrikste punte aangeraak. Later is hierdie kort verhaal van die stryd grootliks uitgebrei tot die vier boekdele van die Gees van Profesie, en het verskyn tussen die jare 1870-84. Hierdie vier boekdele is eindelik vervang deurdie welbekende Conflict oftheAges reeks waarin Mev. White die baie openbarings aan haar gegee in groter besonderhede beskryf. Hoewel die groter boekóele-Patriarchsand Prophets, Prophetsand Kings, Die Koning van die Eeue, Acts ofthe Apostles, en Die Groot Stryd-á\e stryd vollediger beskryf, sal die eerste beskrywing daarvan soos hier in duidelike, eenvoudige, en beknopte vorm gegee, saam met Experience and Views, altyd gewild bly.EG .0

    Die Trustees Van Die Ellen G. White Geskrifte.

    Washington, D.C.

    Januarie 1945

    Voorwoord totdie Tweede Afrikaanse Oplaag

    Hierdie tweede oplaag van die boekie Eerste Geskrifte word uitgegee as gevolg van ‘n toenemende vraag daarna. Dit is ‘n presiese weergawe van die eerste oplaag en word fotografies en litografies afgedruk.Toe die boek vertaal is, was die Afrikaanse Bybelvertaling van 1933 nog in gebruik, en die leser sal dus vind dat sommige tekste wat aangehaal word, effens anders bewoord is as in die Bybelvertaling wat tans in gebruik is. Die sin bly egter wesenlik dieselfde.EG .0

    Vir die gerief van diegene wat met behulp van die Index to the Writings ofEllen G. White wil studeer, word daar bladsynommers voorsien wat met die Index klop. Die nommer verskyn elke keer bo die reël waarmee die betrokke bladsy begin.EG .0

    Die bladsynommers in die Algemene Bladwyser en in die Register van Skriftuurplase klop met die Index.EG .0

    Dat hierdie boekie die leser tot seën sal wees, is die bede van die uitgewers enEG .0

    Die Trustees Van Die Ellen G. White Publications.

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents