Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 49—Die Groot Afval

    Ek is teruggevoer tot die tyd toe die heidense afgodedienaars die Christene vervolg en doodgemaak het. Die bloed het in strome gevloei. Edeles, geleerdes, eenvoudiges-almal is voor die voet en sonder genade om die lewe gebring. Ryk gesinne is in armoede gedompel omdat hulle nie hulle godsdiens wou versaak nie. Maar nieteenstaande die vervolging en lyding wat hierdie Christene moes verduur, wou hulle nie die standaard verlaag nie. Hulle het hulle godsdiens rein gehou. Ek het gesien dat die Satan hom verbly het oor hulle lyding; maar God het hierdie getroue martelare met welbehae bejeën. Die Christene wat in daardie vreeslike tyd gelewe het, was baie dierbaar vir Hom, omdat hulle gewillig was om vir Sy saak te ly. Elke nuwe lyding wat hulle verduur het, het hulle loon groter gemaak in die hemel.EG 207.1

    Alhoewel die Satan hom verbly het in die lyding van die heiliges, was hy nogtans nie tevrede nie. Hy wou beheer hê oor sowel hulle verstand en liggaam. Die lyding wat hulle moes verduur, het hulle nader aan die Here gebring, hulle gelei om mekaar lief te hê, en hulle meer as ooit laat vrees om Hom te mishaag. Die Satan wou hulle daartoe beweeg om God te mishaag; dan sou hulle hul krag verloor, en hulle volharding en standvastigheid versaak. Alhoewel duisende om die lewe gebring is, is daar ander verwek om hulle plek te neem. Die Satan het gesien dat hy sy onderdane verloor; want alhoewel hulle vervolg en gedood is, het hulle Jesus aangeneem om die onderdane van Sy koninkryk te word. Die Satan het toe planne beraam om met groter sukses teen die regering van God te veg en die kerk omver te gooi. Hy het die heidense afgodedienaars gelei om die Christelike geloof gedeeltelik aan te neem. Hulle het voorgegee om te glo in die kruisiging en opstanding van Christus, en hulle het geprobeer om aan te sluit by die volgelinge van Jesus, sonder ‘n verandering van die hart. 0, watter groot gevaar het die kerk bedreig! Dit was ‘n tyd van geestelike angs. Sommige het gemeen dat as hulle die peil sou verlaag en saamstaan met daardie afgodedienaars wat ‘n gedeelte van die Christelike geloof aangeneem het, sou hulle die volkome bekering van laasgenoemdes kon bewerkstellig. Die Satan was daarop uit om die leerstellings van die Bybel te vervals.EG 207.2

    Ek het gesien dat die peil eindelik verlaag is, en dat die heidene by die Christene aangesluit het. Hoewel hierdie afgodedienaars voorgegee het dat hulle bekeer is, het hulle hul afgodediens saam met hulle in die kerk gebring; al wat hulle gedoen het, was om die voorwerpe van hulle aanbidding te verander in beelde van die heiliges, en selfs in die beeld van Jesus en Sy moeder Maria. Namate die volgelinge van Christus geleidelik met hulle verenig het, is die Christelike godsdiens vervals, en die kerk het sy krag en reinheid verloor. Sommige het geweier om met hulle te verenig; hulle het hulle godsdiens rein bewaar en God in die eensaamheid gedien. Hulle het geweier om neerte buig vir ‘n beeld van enigiets in die hemele daarbo, of op die aarde hierbenede.EG 208.1

    Die Satan het hom verheug oor die val van so baie, en toe het hy die gevalle kerk beweeg om diegene wat hulle godsdiens rein bewaar het, te dwing om die seremonies en beelde aanbidding aan te neem op straf van die dood. Die vervolgingsvure is weer aangesteek teen die ware kerk van Christus, en miljoene is sonder genade om die lewe gebring.EG 208.2

    Dit is aan my op die volgende wyse voorgestel: ‘n Groot aantal heidense afgodedienaars het ‘n swart banier gedra, met beelde van die son, maan en sterre daarop. Hierdie groep het baie kwaai en kwaad gelyk.Toe is ‘n ander groep aan my getoon wat ‘n wit banier gedra het, en daarop was geskrywe, “Reinheid en heiligheid aan die Here.” Hulle aangesigte was gekenmerk deur vasberadenheid en ‘n hemelse gelatenheid. Ek het gesien hoedat die heidense afgodedienaars hulle nader, en daar was ‘n groot slagting. Die Christene het voor hulle weggesmelt, maar nogtans het die Christene nader aan mekaar gestaan en hulle banier stywer vasgehou.Terwyl baie van hulle geval het, het ander hulle rondom die banier kom skaar en hulle plekke gevul.EG 208.3

    Ek het gesien dat die groep afgodedienaars raad hou. Omdat hulle die Christene nie kon dwing om oor te gee nie, het hulle op ‘n ander plan besluit. Ek het gesien dat hulle hul banier laat sak, die Christene nader, en voorstelle aan hulle maak. Aan die begin was die voorstelle botweg van die hand gewys.Toe het ek gesien hoe die groep Christene raad hou. Sommige het voorgestel dat hulle hul banier moet laat sak, die voorstelle moet: aanneem en hulle lewens red, om later in krag toe te neem en weer hulle banier oor die heidene op te hef. Daar was egter ‘n paar wat nie hiervan wou hoor nie; vasberade het hulle die dood verkies liewer as om die banier te laat sak.Toe het ek gesien dat vele die banier laat sak en aansluit by die heidene; maar die ander wat vasgestaan het, het dit gegryp en weer omhoog gehou. Ek het gesien dat daar gedurig mense was wat die geledere van die rein groep verlaat en by die afgodedienaars onder die swart banier aansluit om diegene onder die wit banier te vervolg. Baie van hulle is om die lewe gebring, maar die wit banier is omhoog gehou, en ander gelowiges is verwek om hulle daarom te skaar.EG 208.4

    Die Jode wat in die eerste instansie die woede van die heidene opgewek het teen Jesus, sou nie ongestraf bly nie. In die geregsaal, toe Pilatus geaarsel het om Jesus te veroordeel, het die waansinnige Jode uitgeroep, “Laat Sy bloed op ons en op ons kinders kom!” Die vervulling van hierdie vreeslike vloek wat die Jode oor hulleself uitgeroep het, het die Joodse volk getref. Die heidene, sowel as diegene wat Christene genoem word, was hulle vyande. Die naam-Christene, in hulle ywer vir Christus wat deur die Jode gekruisig is, het gemeen dat hoe meer lyding hulle die Jode veroorsaak, hoe beter dit God sou behaag. Ten gevolge hiervan is baie van die ongelowige Jode doodgemaak, terwyl ander van plek tot plek verjaag is, en alle moontlike ontberings moes ly.EG 209.1

    Die bloed van Christus en van Sy dissipels wat hulle dood-gemaak het, het op hulle gekom, en die vreeslikste oordele het hulle getref. Die vloek van God het hulle agtervolg, en vir die heidene en naam-Christene het hulle ‘n spreekwoord en ‘n spot geword. Hulle is verneder, verafsku, gehaat, asof hulle die brandmerk van Kain gedra het. Maar ek het gesien dat God hierdie volk op wonderbaarlike wyse bewaar het, en hulle oor die hele aarde versprei het, sodat hulle beskou kan word as die volk wat spesiaal deur die vloek van God getref is. Ek het gesien dat God die Jode as volk verlaat het, maar dat indiwidue onder hulle nog tot bekering sal kom en dat die skubbe van hulle oë sal afval sodat hulle sal sien dat die profesieë aangaande hulle vervul is; hulle sal Jesus as Verlosser van die wêreld aanneem, en die groot sonde van hulle volk insien wat Hom verwerp en gekruisig het.EG 209.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents