Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 35—Die Verlossingsplan

    Toe daar besef is dat die mens verlore was, en dat die aarde wat God geskape het, vervul sou word met sterwelinge gedoem tot ellende en siekte en die dood, en dat daar geen uitweg vir die oortreders was nie, is die hemel met droefheid vervul. Die hele geslag van Adam sal moet sterf. Ek het die lieflike Jesus gesien, en dat daar op Sy gelaat ‘n uitdrukking van medelyde en droefheid was. Eerlank het ek gesien dat Hy die vreeslike helder lig wat die Vader omhul het, nader. Die engel by my het gesê, Hy is in ernstige gesprek met Sy Vader. Terwyl Jesus met Sy Vader in gesprek was, het die engele in groot spanning verkeer. Drie maal is Hy ingesluit deur die heerlike lig rondom die Vader, en die derde maal toe Hy van die Vader af kom, kon Sy persoon gesien word. Sy gelaat was kalm, vry van alle sorg en twyfel, en dit het gestraal van ‘n onbeskryflike goedwilligheid en beminlikheid.Toe het Hy die engeleskare meegedeel dat daar ‘n uitweg gevind is vir die verlore mensdom. Hy het aan hulle vertel dat Hy met Sy Vader gepleit het en aangebied het om Sv lewe te gee as losprys, om die doodvonnis self te dra sodat die mens deur Hom vergifnis mag verkry, en dat hulle deur die verdienstes van Sv bloed, en Sy gehoorsaamheid aan die wet van God, weer herstel kan word in die guns van God, en in die pragtige tuin, en weer kan eet van die vrug van die boom van die lewe.EG 145.1

    Eers was die engele nie bly nie, want hulle Aanvoerder het niks van hulle weggesteek nie, maar het die hele verlossings plan aan hulle verduidelik. Jesus het aan hulle gesê dat Hy tussen die toorn van Sy Vader en die skuldig-e mens sou staan, dat Hy die sonde en die smaad sou dra, en dat maar min Hom sou aanneem as die Seun van God. Byna almal sou Hom haat en Hom verwerp. Hy sou al Sy heerlikheid in die hemel aflê, op die aarde verskyn soos ‘n mens, Hom verneder en deur Sy eie ondervinding sou Hy bekend raak met die verskillende versoekings waaraan die mens onderhewig is, sodat Hy kan weet hoe om diegene te help wat in versoeking kom; en eindelik sou Hy, ná Hy Sy sending as leraar volbring het, oorgelewer word in die hande van mense, en Hy sou die wreedste mishandeling en lyding ondergaan wat die Satan en sy engele, bose mense kan beweeg om oor Hom te bring; Hy sou die wreedste dood sterf, tussen die hemel en die aarde opgehang word as ‘n skuldige sondaar; en Hy sou ure van liggaamlike foltering verduur, wat so verskriklik sou wees dat selfs die engele hulle aangesigte daarvoor sou bedek. Hy sou nie alleen liggaamlike pyn verduur nie, maar ook geestelike lyding-iets waarmee liggaamlike foltering nie vergelyk kan word nie. Die gewig van die sondes van die hele wêreld sou op Hom druk. Hy het aan hulle gesê dat Hy sou sterf, en die derde dag weer opstaan, en dat Hy na Sy Vader sou opvaar om in te tree vir die afvallige, sondige mensdom.EG 145.2

    Die engele het hulleself voor Hom neergewerp. Hulle'het hulle lewens aangebied. Jesus het aan hulle gesê dat Hy deur Sy dood vele sou red, maar dat die lewe van ‘n engel nie die skuld sou kon betaal nie. Alleen Sy lewe sou die Vader aanneem as losprys vir die mens. Jesus het ook aan hulle gesê dat hulle wel iets kon doen, naamlik om Hom by te staan en Hom van tyd tot tyd te versterk; Hy het hulle laat verstaan dat Hy die menslike natuur sou aanneem en dat Hy swakker as hulle sou wees. Hulle sou getuies wees van Sy vernedering, en waar hulle Sy lyde sien, en die haat van die mense teen Hom, sou dit hulle baie diep raak, en ten gevolge van hulle liefde vir Hom sou hulle Hom graag wil red uit die hande van Sy moordenaars; maar hulle moes nie probeer om iets te belet wat hulle sou sien nie; by Sy opstanding sou hulle wel iets kon doen. Die verlossingsplan is so opgestel, en Sy Vader het die plan goedgekeur.EG 146.1

    Met ‘n heilige droefheid het Jesus die engele vertroos en bemoedig; Hy het hulle meegedeel dat diegene wat Hy sou verlos in die hiernamaals by Hom sou wees, en dat Hy deur Sy dood vele sou verlos, en dat Hy die een wat die mag van die dood het, sou vernietig. Daarna sou Sy Vader Hom die koningskap en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gee tot in ewigheid. Die Satan en sondaars sou vernietig word, sodat die sonde nooit weer die reinheid van die hemel en die nuwe aarde kon bederf nie. Jesus het die hemelse leërskare gevra om te berus in die plan wat Sy Vader aangeneem het, en om hulle te verbly dat die mensdom deur Sy dood weer herstel sou word in die guns van God en die vreugde van die hemel.EG 146.2

    Toe het vreugde, onuitspreeklike vreugde, die hemel vervul. En die hemelse leërskare het ‘n dank en loflied gesing. Hulle het op hulle harpe gespeel en op ‘n hoër noot gesing as voorheen ten gevolge van die groot genade en neerbuigende liefde van God deur die gawe van Sy geliefde Seun om te sterf vir ‘n geslag van rebelle. Liedere van lof en aanbidding is gesing vir die selfopoffering van Jesus, dat Hy verkies het om die boesem van Sy Vader te verlaat vir ‘n lewe van lyde en angs, en die skandedood te sterf om die lewe aan ander te gee.EG 146.3

    Die engel het gevra, “Dink jy dat die Vader Sy geliefde Seun opgegee het sonder ‘n worsteling? Nee, nee. Dit was vir die God van die hemel ‘n stryd om te besluit of Hy die sondige mens sou laat vergaan, of Sy Seun sou gee om vir hulle te sterf.” Die engele het so groot belanggestel in die redding van die mens, dat daar onder hulle diegene was wat hulle heerlikheid en lewe sou opgegee het vir die sterwende mensdom. “Maar” het die engel wat by my was, gesê,“dit sou niks gebaat het nie. Die oortreding is so groot dat die lewe van ‘n engel nie voldoende sou gewees het om die skuld te betaal nie. Alleen die dood en voorbidding van Gods Seun sou die sondeskuld betaal en die verlore mens verlos uit die hopelose verdriet en ellende.”EG 147.1

    Maar die engele het hulle werk gekry; hulle moes opvaar en neerdaal om die Seun van God in Sy lyde te vertroos met balsem uit die heerlikheid, en Hom te bedien. Ook sou hulle werk wees om die onderdane van genade te beskerm en te bewaar van die bose engele en die duisternis waarmee die Satan gedurig trag om hulle te omhul. Ek het gesien dat dit onmoontlik was vir God om Sy wet te verander om die verlore mensdom te red; daarom het Hy toegelaat dat Sy geliefde Seun : vir die mens se oortreding sterf.EG 147.2

    Weer het die Satan hom saam met sy engele verbly dat hy, deur die mens tot ‘n val te bring, Gods Seun kon neerhaal uit Sy verhewe posisie. Hy het aan sy engele gesê dat wanneer Jesus die gevalle mens se natuur aanneem, sou hy Hom kon oorweldig en die volvoering van die verlossingsplan belet.EG 147.3

    Die Satan soos hy eers was, ‘n gelukkige, verhewe engel, is aan my getoon. Toe is die Satan aan my getoon soos hy nou is. Hy het nog ‘n koninklike gestalte. Sy gelaatstrekke is nog edel, want hy is ‘n gevalle engel. Maar die uitdrukking op sy gelaat is vol angs, sorg, haat, kwaadwilligheid, bedrog, en boosheid. Die voorhoof wat eenmaal so edel was, het ek veral opgemerk. Van sy oë af het sy voorhoof begin terugwyk. Ek het gesien dat hy homself so lank aan die boosheid oorgegee het dat elke goeie hoedanigheid verlaag is, en dat elke bose karaktertrek verskerp is. Sy oë was listig, skelm, met groot deurdringingsvermoë. Hy was groot van liggaamsbou, maar die spiere van sy hande en gesig was pap. Toe ek hom gesien het, het sy ken op sy linkerhand gerus. Dit het geskyn of hy diep dink. Daar was ‘n glimlag op sy gelaat wat my laat bewe het, want dit was vol boosheid en sataniese lis. Dit is die glimlag wat gewoonlik op sy gelaat is net vóór hy seker maak van sy slagoffer, en terwyl hy sy slagoffer vasvang in sy strik, word hierdie glimlag afskuwelik.EG 147.4

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents