Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 4—Gods Liefde Vir Sy Volk

    Ek het gesien dat die tere liefde wat God vir Sy volk het baie groot is. Ek het engele bo-oor die heiliges gesien, met hulle vlerke oor hulle uitgestrek. Elke heilige het ‘n skutsengel gehad. Wanneer die heiliges ten gevolge van teleurstelling geween het, of in gevaar was, het die engele wat altyd by hulle was vinnig na bo gevlieg met die nuus, en dan het die engele in die stad opgehou met sing. In sulke gevalle het Jesus aan ‘n engel opdrag gegee om na die aarde te vlieg en die heiliges aan te moedig, te beskerm, en te belet dat hulle die enge pad verlaat; maar as hulle nie ag slaan op die beskerming van hierdie engele nie, en nie deur hulle vertroos wil word nie, maar aanhou om af te dwaal, dan het die engele hartseer geword en geween. Hulle neem dan die nuus na bo, en dan ween al die engele daar, en sê hulle met luide stemme, “Amen.” Maar wanneer die heiliges hulle oë gevestig hou op die prys voor hulle en God verheerlik deur Hom te loof, het die engele die goeie nuus na die stad geneem, en dit het die engele in die stad op hulle harpe laat speel en hulle het hard gesing, “Halleluja!”en die hemelgewelf laat weergalm met hulle lieflike liedere.EG 29.1

    Daar is volkome orde en harmonie in die Heilige Stad. Al die engele wat opdrag het om die aarde te besoek, het ‘n goue kaartjie wat hulle aan die engele by die poorte van die stad toon wanneer hulle inen uitgaan. Die hemel is ‘n goeie plek. Ek verlang om daar te wees en my lieflike Jesus te sien wat Sy lewe vir my gegee het, sodat Hy my kan verander in Sy eie heerlike ewebeeld. 0, dat ek oor die taal kon beskik om die heerlikheid te beskryf van daardie pragtige aanstaande wêreld! Ek dors na die lewende strome wat die stad van God bly maak.EG 29.2

    Die Here het my ‘n gesig van die ander wêrelde gegee. Daar is vlerke aan my gegee, en ‘n engel het my vergesel van die stad na ‘n plek wat blink en heerlik was. Die gras daar was ‘n lewende groen, en die voëls het pragtig gesing. Die inwoners van die plek was van verskeie grootte; hulle was edel, majestueus en lieflik. Hulle het die ewebeeld van Jesus gedra, en hulle aangesigte het gestraal van heilige vreugde-‘n teken van die vryheid en geluk van die plek. Ek het een van hulle gevra waarom hulle so veel mooier was as die aardbewoners. Die antwoord was, “Ons het in stipte gehoorsaamheid aan die gebooie van God gelewe, en ons het nie deur ongehoorsaamheid geval soos diegene op die aarde nie.”Toe het ek twee bome gesien, die een het baie gelyk soos die boom van die iewe in die stad. Die vrugte van albei bome was pragtig, maar van die een kon hulle nie eet nie. Hulle het die mag gehad om van albei te eet, maar hulle is belet om van die een te eet. Toe het die engel aan my gesê,“Niemand in hierdie plek het die vrug van die verbode boom gesmaak nie; maar as hulle dit sou doen, sou hulle val.”Toe is ek na ‘n wêreld geneem met sewe mane. Daar het ek die goeie ou Henog gesien wat verheerlik is. Op sy regterarm was ‘n heerlike palm, en op elke blad het die woord “Oorwinning”gestaan. Op sy hoof was ‘n spierwit louerkrans en daarop was blare; op elke blad het die woord, “Reinheid” gestaan, en rondom die krans was stene van verskillende kleure, en hulle het heerliker geskitter as die sterre, en hulle lig het geval op die letters en hulle vergroot.EG 29.3

    Die krans was agter vasgebind met ‘n strik waarop geskryf was, “Heiligheid” Op die krans was ‘n lieflike kroon wat blinker was as die son. Ek het hom gevra of dit die plek is waarheen hy geneem is van die aarde. Hy het geantwoord,“Dit is nie; die stad is my woning; ek is hier op besoek.” Hy het daar rondgeloop asof hy volkome tuis was. Ek het my begeleidende engel gesmeek om my toe te laat om in daardie plek te bly. Ek kon nie daaraan dink om weer na hierdie donker wêreld terug te kom nie.Toe het die engel gesê, “Jy moet teruggaan, en as jy getrou is, sal jy saam met die 144,000 die voorreg hê om al die wêrelde te besoek, en die handewerk van God te besigtig.” EG 30.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents