Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 12—”Geheimsinnige Geklop”

    Op 24 Augustus 1850 het ek gesien dat die “geheimsinnige geklop” die krag van die Satan was; in sommige gevalle het dit regstreeks van hom gekom, en in ander het dit onregstreeks deur sy handlangers geskied, maar alles het van die Satan gekom. Dit is sy werk wat hy op verskillende maniere doen, en tog is daar vele in die kerk en in die wêreld wat so deur die duisternis omhul is dat hulle dink en sê dat dit die krag van God is. Die engel het gevra: “Moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie? Moet vir die lewende die dode gevra word?” Moet die lewende na die dode gaan vir kennis? Die dode weet niks. Sal julle die dode vra pleks van die lewende God? Hulle het die lewende God verlaat om die dode te raadpleeg wat niks weet nie.’ (Sien Jesaja 8:19,20.)EG 53.1

    Ek het gesien dat dit eerlank as godslastering sal beskou word as ‘n mens teen die geklop praat, dat dit meer en meer sal toeneem, dat die mag van die Satan sal vermeerder, en dat sommige van sy troue dienaars die mag sal hê om wonderwerke te doen, en selfs vuur uit die hemel voor die mense sal laat neerdaal. Ek het gesien dat hierdie moderne towenaars deur die klopperyen deur mesmerismemet ‘n verklaring sal kom viraldie wonderwerke wat ons Here Jesus Christus gedoen het, en dat vele sal glo dat al die magtige werke van die Seun van God op aarde deur dieselfde mag bewerkstellig is. 1Toe hierdie gesig gegee is, het Spiritisme net begin en was dit nog baie swak; daar was slegs ‘n paar mediums. Sedert daardie tyd het dit oor die hele wêreld versprei en tel vandag miljoene aanhangers. In die algemeen loën Spiritiste die Bybel, en bespot hulle die Christelike geloof. Van tyd tot tyd was daar mense wat daarteen te velde getrek het, maar hulle was so min dat daar nie eintlik veel aandag aan hulle geskenk is nie. Vandag verander die Spiritiste hulle metodes, en baie van hulle noem hulleself “Christen-spiritiste;” hulle verklaar dat dit nie verstandig is om die godsdiens te ignoreer nie, en hulle beweer dat hulle die ware Christelike geloof het. As ons onthou dat baie vooraanstaande geestelikes die Spiritisme goedgesind is, sien ons die weg oopgaan vir die volkome vervulling van hierdie voorspelling wat in 1850 gegee is. Lees ook die opmerkings van die skryfster op bladsy 76.EG 53.2

    Ek is terugverwys op die tyd van Moses en het die tekens en wonders gesien wat God deur hom voor Farao gedoen het, die meeste waarvan deur die towenaars van Egipte nagedoen is; en dat God op magtige wyse vir Sy volk sal werk net vóór die finale verlossing van die heiliges, en dat hierdie moderne towenaars toegelaat sal word om die werk van God na te maak.EG 53.3

    Daardie tyd sal gou kom, en ons sal moet vashou aan die sterk arm van Jehova; want al hierdie groot tekens en magtige wonders van die duiwel is daarop bereken om Gods volk te bedrieg en hulle ondergang te bewerk. Ons harte moet op God vertrou, en ons moet nie die vrees van die goddelose vrees nie, dit wil sê, ons moet nie vrees wat hulle vrees, en eerbiedig wat hulle eerbiedig nie, maar ons moet dapper en wakker wees vir die waarheid. As ons oë geopen kon word, sou ons die gedaante van bose engele rondom ons sien, besig om nuwe maniere uit te dink om ons siele te versondig en ons te vernietig. En ons sal ook engele van God sien wat ons teen hulle beskerm, want God hou Sy wakende oog oor Israel vir hulle beswil, en Hy sal Sy kinders beskerm en uitred as hulle op Hom vertrou. Wanneer die vyand soos ‘n vloed aankom, sal die Here ons beskutting wees.EG 53.4

    Die engel het gesê, “Onthou, jy is op betowerde grond.” Ek het gesien dat ons moet waak en die volle wapenrusting van God en die skild van die geloof moet opneem; dan sal ons kan staan, en die vurige pyle van die Bose sal ons nie kan skaad nie.EG 54.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents