Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 34—Die Val Van Die Mens

    Heilige engele het dikwels die tuin besoek en Adam en Eva onderrig aangaande hulle werk, en hulle is ook ingelig aangaande die rebellie en val van die Satan. Die engele het hulle gewaarsku teen die Satan, en hulle vermaan om in hulle werk nie van mekaar weg te gaan nie, want hulle kon in aanraking kom met hierdie gevalle vyand. Verder het die engele hulle beveel om die voorskrifte van God stip na te volg, want deur volkome gehoorsaamheid alleen sou hulle veilig wees. Dan sou die gevalle vyand geen mag oor hulle kry nie.EG 143.1

    Die Satan het met Eva begin, en haar beweeg om ongehoorsaam te wees. Die eerste fout wat sy begaan het, was om af te dwaal van haar man af; toe het sy daar by die verbode boom gaan rondstaan; daarna het sy geluister na die stem van die versoeker, en begin twyfel aan wat God gesê het, naamlik, “Die dag as jy daarvan eet, sal jy die dood sterwe.” Sy het gedink dat die Here miskien nie presies gemeen het wat Hy gesê het nie, en sy het dit toe gewaag om haar hand uit te steek en van die vrugte te neem en te eet. Dit was mooi om na te kyk, en dit het lekker gesmaak.Toe het sy jaloers geword dat God iets teruggehou het wat werklik vir hulle goed was, en daarom het sy ook van die vrugte vir haar man aangebied en hom in versoeking gebring. Sy het aan Adam vertel alles wat die slang aan haar gesê het, en sy het haar verbasing uitgespreek dat hy kon praat.EG 143.2

    Ek het gesien dat daar droefheid kom oor die gelaat van Adam. Hy het bang en verbaas gelyk. Dit het geskyn of daar ‘n stryd in sy gemoed aan die gang was. Hy was seker dat dit die vyand was teen wie hulle gewaarsku is, en dat sy vrou sou sterf. Hulle sou geskei moet word. Sy liefde vir Eva was baie sterk, en in wanhoop het hy besluit om ook te deel in haar lot. Hy het die vrug gegryp en dit vinnig geëet. Die Satan was verheug. Hy het in die hemel gerebelleer, en hy het volgelinge verkry wat hom liefgehad het en saam met hom gestaan het. Hy het geval, en hy het ander saam met hom in sy val gesleep. En nou het hy die vrou versoek om God te wantrou, en Sy wysheid en Sy alwyse planne na te speur. Die Satan het geweet dat die vrou nie alleen sou val nie. Adam, ten gevolge van sy liefde vir Eva, was ook die gebod van God ongehoorsaam, en hy het saam met haar geval.EG 143.3

    Die nuus van die val van die mens het deur die hemel versprei. Elke harp het stil geword. Die engele het in droefheid hulle krone van hulle hoofde geneem en neergegooi. Die hele hemel was in beroering. Daar is raad gehou om te besluit wat om met die skuldige paar te doen. Die engele was bang dat hulle hul hand sou uitsteek en ook van die boom van die lewe eet, en so onsterflike sondaars word. Maar God het gesê dat Hy die oortreders uit die tuin sou verdryf. Daar is dadelik opdrag gegee aan engele om die pad na die boom van die lewe te bewaak. Dit was die Satan se bestudeerde plan dat Adam en Eva God ongehoorsaam moes wees om by Hom in onguns te raak, en dat hulle dan van die boom van die lewe sou eet om vir ewig in sonde en ongehoorsaamheid te lewe, en om die sonde so te verewig. Maar heilige engele is gestuur om hulle uit die tuin te dryf, en om die weg tot die boom van die lewe te versper. Elkeen van daardie magtige engele het in sy regterhand iets gehad wat soos ‘n vlammende swaard gelyk het.EG 143.4

    Toe het die Satan getriomfeer. Hy het ander laat ly deur sy val. Hy is uit die hemel uitgesluit, hulle uit die Paradys.EG 144.1

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents