Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Eerste Geskrifte

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 33—Die Val Van Die Satan

    Die Satan was eentyd ‘n geëerde engel in die hemel, naas Christus. Sy gelaat, soos die van die ander engele, was sag, en met die uitdrukking van geluk daarop. Sy voorkop was hoog en breed, en het groot intelligensie getoon. Sy gestalte was volmaak; en sy houding was trots en majestueus. Maar toe God aan Sy Seun gesê het, “Laat Ons mense maak na Ons beeld,” het die Satan jaloers geword op Jesus. Hy wou geraadpleeg gewees het oor die vorming van die mens, en omdat hy nie geraadpleeg is nie, is hy met afguns, jaloesie, en haat vervul. Hy wou, naas God, die hoogste eer in die hemel hê.EG 141.1

    Tot op daardie tyd het daar orde en harmonie in die hemel geheers, en daar was volkome onderworpenheid aan die regering van God. Dit was die grootste sonde om te rebelleer teen Sy orde en Sy wil. Die ganse hemel was in beroering. Die engele is aangemonster in afdelings, en aan die hoof van elke afdeling het ‘n engel van ‘n hoër orde gestaan. Die Satan, wat eersugtig was om homself te verhef, en onwillig om te buig vir die gesag van Jesus, het onder ‘n dekmantel teen die regering van God gespreek. Sommige van die engele het met die Satan gesimpatiseer in sy opstand, en ander het hulle beywer vir die eer en wysheid van God waar Hy gesag aan Sy Seun gegee het. Daar was ‘n stryd onder die engele. Die Satan en die wat met hom gesimpatiseer het, het hulle beywer om die regering van God te hervorm. Hulle wou Sy ondeurgrondelike wysheid naspeur, om te ontdek met watter doel Hy Jesus verhef het en Hom met sulke onbeperkte mag en gesag beklee het. Hulle het gerebelleer teen die gesag van die Seun. Die ganse hemelse leërskare is gedaag om voor die Vader te verskyn, om in die geval van elkeen ‘n beslissing te vel. Dit is daar besluit om die Satan uit die hemel te werp, saam met al die engele wat by hom aangesluit het in sy rebellie. Toe het daar oorlog in die hemel gekom. Die engele het teen mekaar geveg; die Satan wou die Seun van God en die wat hulle aan Sy wil onderwerp het, oorrompel. Maar die goeie en getroue engele het die oorwinning behaal, en die Satan, saam met sy volgelinge, is uit die hemel verdryf.EG 141.2

    Nadat die Satan en diegene wat saam met hom geval het, uitgesluit is uit die hemel, en hy besef het dat hy vir ewig die reinheid en heerlikheid van die hemel verloor het, het hy berou gekry, en wou hy graag in die hemel herstel word. Hy was gewillig om sy regte plek in te neem, of enige plek wat hom aangewys mag word. Maar nee; die hemel kon nie weer in gevaar gebring word nie. Daar was gevaar dat die hele hemel besoedel kon word as hy weer teruggeneem sou word; want die sonde het by hom begin, en die saad van rebellie was binne-in hom. Sowel hy en sy volgelinge het geween, en hulle het gesoebat om herstel te word in die guns van God. Maar hulle sonde-hulle haat en nyd en jaloesie-was so groot dat God dit nie kon uitdelg nie. Dit moes bly om die finale straf te ontvang.EG 142.1

    Toe die Satan ten volle besef het dat daar geen moontlikheid was dat hy weer in die guns van God herstel sou word nie, het sy kwaadwilligheid en haatdraendheid begin sigbaar word. Hy het sy engele geraadpleeg, en daar is ‘n plan beraam om nog teen die regering van God te werk. Toe Adam en Eva in die pragtige tuin geplaas is, het die Satan planne beraam om hulle te vernietig. Hierdie gelukkige egpaar sou op geen manier beroof kon word van hulle geluksaligheid solank hulle God gehoorsaam het nie. Die Satan sou nie sy mag oor hulle kon laat geld tensy hulle God eers ongehoorsaam is en so Sy guns verbeur nie. Daar moes dus ‘n plan beraam word om hulle tot ongehoorsaamheid te lei sodat hulle die misnoeë vanEG 142.2

    God oor hulle kon bring, om hulle dus meer regstreeks onder die invloed van die Satan en sy engele te laat kom. Daar is besluit dat die Satan ‘n ander gedaante moes aanneem, en belangstelling in die mens moes toon. Hy moes Gods trou in twyfel trek en die vraag laat ontstaan of God wel presies bedoel het wat Hy gesê het; vervolgens moes hy hulle nuuskierigheid opwek, en hulle beweeg tot ‘n poging om Gods onnaspeurlike planne agter te kom, die juiste sonde waaraan die Satan hom skuldig gemaak het en die rede te ontdek waarom Hy sekere beperkings gestel het ten opsigte van die boom van die kennis.EG 142.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents