Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Bose Engele Opponeer God se Planne

    Bose geeste, wie in die begin sondeloos was, was gelyk in natuur, krag en glorie met die heilige engele wie nou God se boodskappers is. Maar as gevolg van sonde, het hulle nou kragte saamgesnoer tot die oneer van God en vernietiging van die mensdom. Verenig met Satan in rebellie, verleen hulle samewerking in oorlogvoering teen die goddellike gesag.DGrH 26.2

    Ou Testamentiese geskiedenis vermeld hierdie gevalle engele se bestaan, maar gedurende die tyd van Christus se lewe op aarde, het hierdie bose geeste se krag op die mees treffende wyses gemanifesteer. Christus het aarde toe gekom om die mensdom te red en Satan was vasbeslote om die wêreld te regeer. Satan het daarin geslaag om afgodediens dwarsdeur die wêreld te vestig, behalwe in Palestina. Na die enigste land wat nog nie heeltemal geswig het onder die verleier se aanslae nie, het Christus gekom, met sy arms van liefde uitgestrek, met uitnodiging aan almal om vergifnis en vrede van Hom te ontvang. Die bose geeste het besef dat indien Christus se missie suksesvol sou wees, hulle heerskappy oor die aarde vinnig tot ‘n einde sou kom.DGrH 26.3

    Dat mense deur demone in besit geneem is, word duidelik in die Nuwe Testament bevestig. Persone wie deur bose geeste in besit geneem is, het nie bloot gely as gevolg van natuurlike siektes nie, maar Christus het die direkte teenwoordigheid en betrokkenheid van bose geeste in mense identifiseer. Die demone by Gadara, ellendige maniakke, verwronge, skuimende, woedende demone, het hulle self geweld aangedoen en almal wie hulle genader het se lewens in gevaar gestel. Bosegeesgevulde mense se bloeiende, verwronge liggame en geestesversteurde breine was ‘n baie bevredigende skouspel vir die prins van die duisternis. Een van die demone wat ‘n slagoffer beset het, het op ‘n vraag van Jesus uitgeroep: “My naam is Legio, want ons is baie.” Markus 5:9.DGrH 27.1

    In die Romeinse leër het ‘n legioen bestaan uit tussen drie tot vyf duisend man. Op die bevel van Jesus het die bose geeste hul slagoffers verlaat en toe was die slagoffers se geestestoestand beteueld, intelligent en sagsinnig. Die demone het in ‘n trop varke ingevaar en die varke die see ingedryf. Vir die inwoners van Gadara was hierdie verlies aan varke egter groter as die seëning wat Jesus op hulle uitgestort het; die goddellike Geneesheer was verplig om die plek te verlaat. Sien Mattheüs 8:23-34. Deur die blaam vir hulle verlies op Jesus te plaas, het Satan die selfsugtige vrese van die mense opgewek om hulle daarvan te weerhou om na Sy woorde te luister.DGrH 28.1

    Christus het die bose geeste toegelaat om die varke te vernietig as ‘n teregwysing vir die Jode wie met onrein diere geboer het met die oog op winsbejag. Indien Jesus nie die bose geeste bestraf het nie, sou hulle nie net die varke nie, maar ook hul oppassers en eienaars die see ingedryf het.DGrH 28.2

    Bowendien het Jesus hierdie gebeure laat plaasvind sodat die dissipels ook kon sien en getuig van Satan se wreedaardige magsbeoefening oor mens sowel as dier, sodat hulle nie deur sy listige planne mislei sou word nie. Dit was ook Christus se bedoeling dat die inwoners Sy krag moes ervaar en besef dat Hy die mag van sonde kan verbreek en Satan se slagoffers kan bevry. Alhoewel Jesus self vertrek het, het die mense wie so wonderbaarlik gered is, agtergebly om die genade van hul Weldoener bekend te maak.DGrH 29.1

    Ander gevalle is ook opgeteken. Die dogter van die SieroFeniciese vrou, wie ernstiglik deur ‘n duiwel getreiter is, wat Jesus uit haar verdryf het deur Sy woord (Markus 7:25-30); ‘n jongeling wie deur ‘n bose gees beset was wat hom stom gemaak het, “en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak” (Markus 9:17-27); of die man, wie geteister was deur ‘n gees van ‘n onreine duiwel, wie die Sabbatsrus by Kapernaum versteur het (Lukas 4:33-36) - almal was genees deur die Verlosser. In feitlik elke geval, het Christus die demoon aangespreek as ‘n intelligente entiteit, wie beveel is om nie langer sy slagoffer te folter nie. Die aanbidders van Kapernaum het met mekaar gepraat en gesê:“Wat vir ‘n woord is dit, dat Hy met gesag en mag die onreine geeste gebied, en hulle gaan uit!” Lukas 4:36.DGrH 29.2

    Met die doel om bonatuurlike kragte te kan verkry, het sommige mense die satanistiese invloede verwelkom. Hierdie mense het natuurlik geen konflik met demone gehad nie. Uit hierdie geledere was individue wie ‘n gees van waarsêery gehad hetSimon Magus, Elimas die towenaar en die slavin met die waarsêrsgees wie vir Paulus en Silas in Filippi gevolg het. Sien Handelinge 8:9; 18; 13:8; 16:16-18.DGrH 30.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents