Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sal Almal Gered Word?

    Die wat glo in universele verlossing verdraai die Skrif. Die vermeende prediker van Christus herhaal die leuenagtigheid wat deur die slang in Eden verkondig is, “Julle sal gewis nie sterf nie.” “Julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”DGrH 50.3

    Hy verklaar dat die mees veragtelike sondaars - die moordenaar, die dief, die egbreker - na die dod, onsterflike saligheid sal ontvang. ‘n Bevredigende sprokie beslis, geskik om die sinnelike hart te verheug!DGrH 51.1

    Indien dit waar sou wees dat die siele van almal na die dood direk hemel toe vaar, kan ons net sowel die dood eerder as die lewe begeer. Baie is deur hierdie geloof gelei om ‘n einde aan hul eie lewens te maak. Oorrompel deur probleme en teleurstelling, kan dit maklik voorkom om die draad van die lewe te breek en om dan op te styg na die saligheid van die ewige lewe.DGrH 51.2

    God het in Sy Woord afdoende bewyse gegee dat Hy oortreders van Sy wet sal straf. Is God te genadig om geregtigheid oor die sondaar te laat geskied? Kyk na die kruis op Golgota. Die dood van die Seun van God bevestig dat die “gevolg van sonde die dood is” (Romeine 6:23), dat elke oortreding van God se wet vergelding moet ontvang. Christus die sondelose het sonde vir die mens geword. Hy het die skuld vir die oortreding en die straf van die sonde ontvang totdat Sy hart gebreek is en Sy lewe afgelê is - sodat sondaars bevry kon word. En elke persoon wie weier om deel te neem aan hierdie verkryging van geregtigheid teen so ‘n geweldige koste, moet self in sy eie persoon die skuld en straf vir sy oortredings ontvang.DGrH 51.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents