Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Resulte van Gebedsversuim en Bybelstudie

    Die Bybel moet nooit bestudeer word sonder gebed nie. Die Heilige Gees alleen kan ons help om te onderskei tussen belangrik en onbelangrik, reg en verkeerd en verhoed dat ons met moeilike waarhede en vraagstukke moet worstel. Hemelse engele berei die hart voor om God se Woord te kan verstaan. Ons sal verheug word met die skoonheid, versterk word met die beloftes. Versoekings kom dikwels voor as onweerstaanbaar, omdat die persoon wat die versoeking ervaar, nie geredelik God se beloftes onthou om Satan se aanvalle met die wapens van die Skrif af te kan weer nie. Engele verkeer rondom hulle wie bereidwillig en begerig is om te leer en die engele sal die waarhede wat benodig word bekend maak en in hul gedagtes lê.DGrH 92.4

    “Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” 1 Johannes 14:26. Maar die onderrig van Christus moes voorheen in die gedagtes vasgelê gewees het, vir die Heilige Gees om dit in herinnering in ons gedagtes op te roep, gedurende die tyd van verdrukking.DGrH 93.1

    Die bestemming van die krioelende menigtes op aarde sal binnekort bepaal word. Elke volgeling van Christus moet ernstiglik navraag doen: “... Here wat wil U hê moet ek doen?” Handelinge 9:6. Ons moet nou ‘n diep en lewendige ondervinding verkry in die dinge van die Here. Ons het nie tyd om te verkwis nie. Ons is op Satan se terrein, op sy betowerde grondgebied. Moenie slaap nie, skildwagte van die Here!DGrH 93.2

    Baie wens hulleself geluk met die verkeerde dade wat hulle nie verrig nie. Dit is nie genoeg om net bome in God se tuin te wees nie. Elke boom moet vrugte dra. In die boeke van die hemel is diesulkes geregistreerd as belemmeraars van die grond. Nogtans, met hulle wie God se genade geminag het en Sy guns nie aanvaar het nie, pleit die hart van lankmoedigheid nog steeds.DGrH 94.1

    In die Somer is daar geen opsigtelike verskil tussen immergroen en ander bome nie; maar wanneer die Winter koue kom, bly die immergroenbome steeds onveranderlik, terwyl die ander bome gestroop word van hul blare. Laat opposisie ontstaan, laat onverdraagsaamheid weer heerskappy voer, laat vervolging inspireer word, dan sal die halfhartige en skynheilige hul geloof verloor, maar die ware Christen sal steeds vaster staan, sy geloof sterker, sy hoop blinker as in die dae van voorspoed.DGrH 94.2

    “Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou hy nie op om vrugte te dra nie.” Jeremia 17:8.DGrH 94.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents