Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Finale Aanslag Teen God

    Satan konsulteer met hierdie magtige mense. Hulle verklaar dat die weermag binne die heilige stad klein is vergeleke met hulle weermag en dat die stad oorwin kan word. Kundiges en vernuftige vakmanne ontwerp en vervaardig wapentuig. Militêre leiers kommandeer oorlogsugtige mense op en organiseer hulle in kompanies en divisies.DGrH 135.2

    Uiteindelik word die bevel gegee om God se stad te naderen die ontelbare menigte kom in beweging, ‘n weermag wat groter is as al die gekombineerde weermagte wat deur al die eeue heen in die wêreld bestaan het. Satan lei self die voorhoede met die konings en soldate wat volg. Met militêre noukeurigheid beweeg die aanvalsmag nader oor die gebreekte oppervlakte van die aarde tot by die stad van God. Op bevel van Jesus word die hekke van die nuwe Jerusalem gesluit en die leërmagte van Satan maak gereed vir die aanval.DGrH 135.3

    Nou verskyn Christus in die sig van Sy vyande. Vêr bokant die stad, op ‘n fondament van poleerde goud, is ‘n troon. Op hierdie troon sit die Seun van God en rondom hom is die onderdane van Sy koninkryk. Die glorie van die Ewige Vader omhul Sy Seun. Die helderheid van Sy teenwoordigheid vloei na buite toe deur die hekke en oorstroom die wêreld met Sy luisterrykheid.DGrH 136.1

    Naaste aan die troon is hulle wie hulself eens vuriglik vir Satan se doelwiite beywer het, maar wie soos brandende stompe uit die vuur geruk is en die Verlosser daarna met intense toewyding gevolg het. Die volgende groep is hulle wie perfekte karakter gebou het ten spyte van valsheid en ontrouheid, wie die wet van God geëer het toe die wêreld dit nietig verklaar het en die miljoene van alle ouderdomsgroepe wie gemartel is vir hulle geloof.DGrH 136.2

    Oorkant was .. ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale... bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande.” Openbaring 7:9. Hulle oorlogvoering is beeïndig, die veldslag gewen. Die palmtak is simboliek van oorwinning. Die wit kleed is ‘n embleem van die geregtigheid van Christus, wat nou aan hulle behoort.DGrH 136.3

    In al daardie menigtes, is daar niemand wie geregtigheid vir hulself deur hul eie goedheid kan verkry nie. Niks word vermeld oor wat hulle moes ly nie; die hooftoon van elke lofgesang is saligheid aan God en aan die Lam.DGrH 136.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents