Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    VoldoendeBewyse

    God het in Sy Woord voldoende bewyse van Sy goddeilike karakter gegee. Steeds is dit vir ons beperkte verstandelike vermoëns onmoontlik om ten volle die bedoelings van die Oneindige Een te kan verstaan. “Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik is sy weë.’’ Romeine 11:33. Ons kan steeds Sy grenslose liefde en genade, verenig met oneindigende krag, identifiseer. Ons Vader in die hemel sal soveel as wat nodig is aan ons bekend maak; verder as dit moet ons die Hand wat almagtig is vertrou, die Hart wat vol liefde is.DGrH 41.3

    God sal nooit alle moontlike redes vir verskoning vir ongeloof verwyder nie. Almal wie hake soek om hul ongeloof aan op te hang, sal dit vind. Almal wie weier om te gehoorsaam voordat alle besware verwyder is, sal nooit tot die lig kom nie. Die onhernieude hart is in konflik met God. Maar geloof word inspireer deur die Heilige Gees en sal floreer soos dit gekoester word. Geen mens kan sterk word in geloof, sonder gedetermineerde poging nie. Indien die mens hom verbind tot vittery, sal hy vind dat twyfel al meer bevestig sal word.DGrH 42.1

    Maar hulle wie twyfel en wantrou in die versekering van Sy genade, onteer God. Hulle is soos onproduktiewe bome wat die sonlig van ander plante afsluit, wat veroorsaak dat hulle verlep en vrek onder die ysingwekkende skaduwee. Die lewenswerk van hierdie mense sal verskyn as ‘n nimmereindigende getuienis teen hulle.DGrH 42.2

    Daar is slegs een weg om te volg vir hulle wie eerlik begeer om van twyfel ontslae te raak. In plaas van om te bevraagteken dit wat hulle nie verstaan nie, laat hul eerder aandag skenk aan die lig wat reeds op hulle skyn en hulle sal nog meer lig ontvang.DGrH 42.3

    Satan kan ‘n vervalsing aanbied wat so naby aan die waarheid skyn te wees, dat dit hulle sal mislei wie bereid is om mislei te word, wie begeer om die opoffering wat deur die waarheid vereis word, te ontwyk. Maar dit is onmoontlik vir Satan om enige persoon onder sy mag te hou, wie eerlik begeer om die waarheid ten alle koste te wil ontdek. Christus is die waarheid. “Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.” “En as iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat. Johannes 1:9; en 7:17 (1983 Vertaling).DGrH 42.4

    Die Here veroorloof Sy dienaars om onderworpe te wees aan erge beproewing, nie omdat Hy genot put in hierdie teëspoed nie, maar omdat dit essensieël is vir hul finale oorwinning.DGrH 45.1

    Hy kan ook nie, konsekwent en getrou aan Sy eie glorie, hulle beskerming verleen teen versoeking nie, omdat die doel van die beproewing is om hulle voor te berei om al die verleidelikhede van die bose te kan oorwin. Geen bose mense of duiwels kan God se teenwoordigheid uitsluit van Sy dienaars nie, indien hulle hul sondes bely en aflê en Sy beloftes opeis. Elke sigbare of geheime versoeking kan suksesvol weerstaan word. “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My gees, sê die Here van die leërskare.” Sagaria 4:6.DGrH 45.2

    “Wie is dit wat julle sal kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is?” 1 Petrus 3:13.DGrH 45.3

    Satan is goed bewus dat die swakste siel wie in Christus is, meer as gelyke is vir die leërskare van die duisternis. Daarom poog Satan om die soldate van die kruis van hul sterk vesting af weg te lok, terwyl hy ‘n hinderlaag voorberei, gereed om almal te vernietig wie op sy terrein inbeweeg. Slegs in vertroue op God en onderhouding van al Sy gebooie, kan ons veilig wees.DGrH 45.4

    Geen mens is veilig vir ‘n dag of ‘n uur sonder gebed nie. Smeek God in gebed vir wysheid om Sy woord te verstaan. Satan is ‘n ekspert in aanhaling van die Skrif en deur plasing van sy interpretasie op sekere skrifgedeeltes, hoop hy om daarmee te veroorsaak dat ons struikel. Ons moet studeer met nederigheid van hart. Terwyl ons deurlopend moet waak teen die aanvalle van Satan, moet ons onophoudelik bid in geloof: . en lei ons nie in versoeking nie...” Mattheus 6:13.DGrH 45.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents