Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Direkte Toegang Tot God

    Elke stap van geloof en gehoorsaamheid bring die siel in nouer kontak met die Lig van die Wêreld. Die helder strale van die Son van Geregtigheid skyn oor die dienaars van God en die dienaars moet Sy strale reflekteer. Die sterre bevestig dat daar ‘n lig in die hemel moet wees, met wie se glorie hulle helder gemaak word; daarom manifesteer Christene hulle geloof in ‘n God wat op ‘n troon in die hemel sit, wie se karakter waardig is om te prys en na te volg. Die heiligheid van Sy karakter sal manifesteer in Sy getuies.DGrH 85.2

    Deur die meriete van Christus het ons toegang tot die troon van Oneindige Krag. “Hy wat selfs Sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” Jesus sê: As julle dan wat sleg is weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilge Gees gee aan die wat Hom bid?” “As julle iets in My naam vra, sal Ek dit doen.” “Tot nou toe het julle niks in My naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” Romeine 8:32; Lukas 11:13; Johannes 14:14; Johannes 16:24.DGrH 85.3

    Dit is die voorreg van elke persoon om so te leef dat God sy lewe sal goedkeur en seën. Dit is nie die wil van ons hemelse Vader dat ons ooit onder veroordeling moet staan en in duisternis moet leef nie. Daar is geen bewys van egte nederigheid indien ons met hoofde gebuig loop maar met die hart wat vol van gedagtes is wat handel oor onsself nie. Ons kan na Jesus toe gaan en gereinig word en voor die wet staan sonder skaamte of selfverwyt.DGrH 86.1

    Deur Jesus kan die gevalle seuns van Adam, “seuns van God” word. Jesus is nie skaam om hulle broers te noem nie, want hulle “... is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie.” Die Christenlewe moet een van geloof, oorwinning en geluk in God wees.DGrH 86.2

    “Moenie bedroef wees nie. Die blydskap van die Here is jou sterkte.” Nehemiah 8:10 [N.I.V.DGrH 86.3

    Vrylik vertaal]. “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.”DGrH 86.4

    Hebreërs 2:11; Nehemiah 8:10; 1 Thessalonicense 5:16,17,18.DGrH 86.5

    Dit is die vrugte van Bybelbekering en heiligmaking; en dit is omdat die belangrike beginsels van geregtigheid wat in die wet saamgevat is so onverskillig beskou word, dat hierdie vrugte so min gesien word. Daarom manifesteer so min diep en blywende werking van die Heilige Gees wat vorige herlewings gekenmerk het.DGrH 86.6

    Dit is deur aanskouing en volharding dat ons verander word. Namate daardie heilige voorskrifte waardeur God die volmaaktheid en heiligheid van Sy karakter bekend gemaak het, verontagsaam word en die gedagtes van mense eerder aangetrokke word tot menslike voorskrifte en teorieë, volg daar ‘n afname in pïeteit in die kerk. Dit is alleen wanneer die gebooie van God herstel word tot sy regmatige posisie, dat daar ‘n herlewing kan wees van primitiewe geloof en goddellikheid onder Sy verklaarde volgelinge.DGrH 87.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents