Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verheffing van Menslike Gesag

    Christus het ‘n profetiese siening gehad van die verheffing van menslike gesag om die gewete te bestuur, wat so ‘n vreeslike vloek was deur die eeue. Jesus se waarskuwings om nie blinde leiers te volg nie, is op rekord geplaas, as ‘n vermaning en teregwysing vir toekomstige geslagte.DGrH 90.1

    Die Roomse Kerk behou vir die predikante die gesag en die reg voor, om die Skrifte te interpreteer. Alhoewel die Reformasie die geskrifte vir almal gegee het om te lees, weerhou dieselfde beginsels wat onderhou was deur Rome, massas in Protestantse kerke om die Bybel self te ondersoek. DGrH 90.2

    Hulle word geleer om die leerstellings te aanvaar, soos deur die kerk interpreteer. Duisende lidmate durf niks identifiseer in die Skrifte wat teenstrydig is met hul geloofsformulier nie.DGrH 91.1

    Baie is gereed om hul siele toe te vertrou aan die kerkleiers. Hulle stuur feitlik ongemerk verby die Verlosser se Bybelse leringe. Maar is kerkleiers onfeilbaar en onbedrieglik? Hoe kan ons hulle leiding vertrou, tensy ons verseker weet dat hul God se ligdraers is? ‘n Tekort aan morele moed lei baie om geleerde mense te volg en in die proses word hul vasgevang in die leuen. Hulle identifiseer wel die waarheid in die Bybel en kan die krag voel van die Heilige Gees wat hierdie waarheid proklameer, nietemin laat hulle die kerkieiers toe om hulle van die lig af weg te lei.DGrH 91.2

    Satan verseker die lojaliteit van menigtes deur hulle met emosionele bande te verbind aan magte wat vyande is van die kruis. Hierdie verbindings kan verbintenisse wees wat die volgende insluit: ouerlik; kinderlik; egtelik (maritaal) of sosiaal.DGrH 91.3

    Baie glo dit maak nie saak wat jy glo nie, net solank jou lewe reg is. Maar die lewe word bepaal deur die geloof. As die waarheid binne bereik is en ons ignoreer dit, word dit eintlik verwerp, wat beteken dat ons toelaat dat duisternis eerder as lig, heers.DGrH 91.4

    Onkunde is geen verskoning vir die leuen of vir sonde nie, terwyl daar voldoende geleentheid is om die wil van God te ken. As ‘n man op reis gaan en hy kom by ‘n kruising wat paaie aandui wat lei na verskillende plekke, met naamborde wat die verskillende rigtings aantoon en die man ignoreer dit en neem enige pad wat reg lyk, mag hy wel ernstig wees, maar hy sal homself in alle waarskynlikheid op die verkeerde pad bevind.DGrH 91.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents