Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verstaan die Bybel

    Geeste van duiwels wie familie en vriende verpersoonlik sal ‘n beroep maak op ons simpatie en sal wonderwerke doen. Ons moet hulle weerstaan met die Bybelse waarheid, dat die dooies niks weet nie en dat hulle wie as sodanig verskyn, die geeste van duiwels is.DGrH 69.1

    Almal wie se geloof nie gevestig is op die Woord van God nie, sal mislei en oorval word. Satan werk met al die misleidings van ongeregtigheid en sy misleidings sal meer word. Maar diegene wie na kennis soek van die waarheid en hulle siele reinig deur gehoorsaamheid sal in die God van waarheid ‘n veilige vesting vind. Die Verlosser sal elke engel uit die hemel stuur om Sy dienaars te beskerm, eerder as om een siel wie op Hom vertrou alleen te laat om deur Satan oorrompel te word. Hulle wie hulself vertroos met die versekering dat daar geen straf is vir die sondaar nie, wie die waarhede verwerp wat die Hemel voorsien het as verdediging vir die dag van vervolging, sal die leuens aanvaar wat Satan aanbied, naamlik die misleidende voorstellings en leerstellings van spiritualisme.DGrH 69.2

    Spotters hou vol om die verklarings van die Bybel met betrekking tot die verlossingsplan en die finale oordeel van die afkeurders van die waarheid, as absurd en belaglik af te maak. Hulle bejammer mense wie so verkramp, swak en bygelowig is om die vereistes van God se gebooie na te kom.DGrH 70.1

    Hulle is oorrompel deur die groot bedrieër en so nou verbind met hom en vasgevang deur sy gees, dat hulle geen inklinasie het om te probeer ontsnap uit sy vangstrikke nie.DGrH 70.2

    Die fondament vir Satan se werk op aarde was reeds vasgelê in die versekering wat Satan gegee het aan Eva in die tuin van Eden, toe hy gesê het: “Julle sal gewis nie sterwe nie.” “... julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” Genesis 3:4,5. Satan se meesterstuk van misleiding sal bereik word in die laaste oorblyfsel van tyd. Soos die profeet gesê het: “En ek het.... drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.” Openbaring 16:13,14.DGrH 70.3

    Behalwe hulle wie beskerm word deur die krag van God deur geloof in Sy Woord, sal die hele wêreld ingesluit word deur hierdie misleiding. Die mensdom is vinnig besig om gesus te word tot ‘n fatale sekuriteit, en sal slegs wakker gemaak word deur die uitstorting van die gramskap van God.DGrH 70.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents