Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    4 — Onverganklike Lewe

    Satan, wie ‘n rebellie ontketen het in die hemel, het daarna gesmag om ook die aardbewoners te verenig in sy oorlog met God. Adam en Eva was volkome gelukkig in gehoorsaamheid teenoor die wet van God - in teenstelling met die aanspraak wat Satan gemaak het in die hemel, dat God se wet verdrukkend was. Satan was gedetermineerd om Adam en Eva se sondeval te verseker met die doel om ‘n koninkryk op die aarde te vestig in opposisie teenoor die Allerhoogste.DGrH 46.1

    Adam en Eva was gewaarsku teen hierdie gevaarlike vyand, maar hy het in die donker gewerk en sy planne verdoesel. Satan het die slang as sy medium gebruik, wat toe ‘n skepsel met ‘n boeiende voorkoms was, wie Eva aangespreek het: “Is dit so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?” Eva het dit gewaag om in gesprek met hom te tree en het ‘n prooi van sy slinksheid geword. “En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome van die tuin mag ons eet, maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou:Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.” Genesis 3:1-5.DGrH 46.2

    Eva het geswik onder versoeking en deur haar invloed was Adam in sonde verlei. Hulle het die woorde van die slang aanvaar; hulle het hul Skepper wantrou en het Hom verdink dat Hy hul vryheid beperk het.DGrH 47.1

    Wat het Adam ontdek was die betekenis van die woorde,DGrH 47.2

    “Die dag as jy daarvan eet sal jy sekerlik sterf”? Was Adam bedoel om in ‘n hoër vlak van bestaan in te beweeg? Adam het gevind dat dit nie die betekenis was van God se stelling nie. God het verklaar dat as straf vir sy sonde, moes die mens terugkeer na die aarde toe. “Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.” Genesis 3:19. Die woorde van Satan, “... julle oë sal oopgaan,” was slegs waar deurdat hulle oë geopen is om hulle dwaasheid te kon onderskei. Hulle het nou onheil leer ken en het die bitter vrugte van hul oortreding geproe.DGrH 47.3

    Die boom van die lewe het die krag van ewigdurende lewe gehad. Adam sou voortgegaan het om gratis toegang tot hierdie boom te geniet en om vir ewig te kon bly leef, maar toe hy gesondig het, was hy afgesny van die boom van die lewe en was nou onderworpe aan die dood. Onsterflikheid was nou verlore deur sy oortreding. Daar kon nou geen hoop meer vir die gevalle menslike ras wees nie, as God nie deur die opoffering van Sy Seun, weer onsterflikheid binne hul bereik geplaas het nie. “En so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het, en “Jesus Christus wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie.” Slegs deur Christus kan onsterflikheid verkry word. “Hy wat in die Seun glo het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie.” Romeine 5:12; 2 Timotheus 1:10; Johannes 3:36.DGrH 47.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents