Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Verlossing Kom!

    Teen middernag manifesteer God Sy krag vir die bevryding van Sy dienaars. Die son verskyn in volle krag. Tekens en wonders volg. Die goddeloses kyk met vrees na die toneel en gebeure terwyl die regverdiges die tekens van hul bevryding gadeslaan. Te midde van die ontstoke hemel is daar een helder spasie met onbeskryflike heerlikheid, waarvandaan ‘n stem uitroep: “Dit is verby!” Openbaring 16:17.DGrH 120.3

    Die stem skud die hemel en die aarde. ‘n Magtige aardbewing volg! “En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie - so ‘n geweldige groot aardbewing.” Openbaring 16:18. Gebreekte rotse lê oral, onreëlmatig verstrooid. Die see is onstuimig en briesend van woede. Daar is die geskreeu van ‘n orkaan soos die stemme van demone. Die aarde se oppervlakte is besig om op te breek. Dit wil voorkom of die aarde se fondamente ingee. Hawestede wat soos Sodom geword het as gevolg van goddeloosheid, word opgeslurp deur die magtige, onstuimige, verwoede waters. “En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van Sy toorn.” Openbaring 16:19. Groot haelstene bring vernietiging. Trotse stede word vernietig. Weelderige, vorstelike plekke waar die mense hul geld verkwis het, verkrummel voor hul oë. Tronkmure word omgewerp en God se dienaars bevry.DGrH 120.4

    “Baie van die wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot die ewige skande en veragting.” “Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker!” Daniël 12:2; Openbaring 1:7.DGrH 121.1

    Geweldige weerligstrale omhul die aarde in ‘n vlamme-kleed. Stemme wat uitstyg bo die donder, misterieus en ontsagwekkend, kondig die vernietiging aan van die goddeloses. Hulle wie grootpraterig en uitdagend was, sidder nou in vrees. Demone wie saam met die goddeloses bewe, soebat nou om genade.DGrH 121.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents