Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    3 — Gevaarlike Verleidings

    Die groot stryd tussen Christus en Satan sal binnekort beëindig word en die bose een verdubbel sy pogings om die werk wat Christus in belang van die mensdom gedoen het, te vernietig. Om mense in duisternis en onberouvol te hou totdat die Veriosser se bemiddeling afgehandel is, is die doelwit wat Satan wil bereik. Wanneer daar middelmatigheid in die kerk heers, is Satan nie bekommerd nie. Maar wanneer siele vra, “Wat moet ek doen om gered te kan word?” dan is Satan op die grond om sy krag met Christus se krag te probeer ewenaar en om die invloed van die Heilige Gees te probeer verydel.DGrH 33.1

    Tydens een geleentheid toe die engele gekom het om voor God te verskyn, het Satan ook die vergadering bygewoon, nie om voor die Ewige Koning te buig nie, maar om sy kwaadwillige planne teen die regverdiges te bevorder. Sien Job 1:6. Satan is teenwoordig wanneer manne vergader om te aanbid, wanneer hy ook ywerig werk om die gedagtes van die aanbidders te probeer bestuur. Wanneer hy God se boodskapper sien die Skrif ondersoek, neem hy kennis van die onderwerp wat aangebied sal word. Dan implimenteer hy sy sluheid en uitgeslapenheid sodat die boodskap nie by die persone kan uitkom wie hy besig is om te mislei op daardie tydstip nie. Die een wie die waarskuwing die meeste nodig het sal aangespoor word tot een of ander besigheidstransaksie of sal deur ‘n ander rede verhoed word om die boodskap te ontvang.DGrH 33.2

    Satan omhul die Here se dienaars met aktiwiteite van die duisternis om hulle te vermoei en te belas. Hy hoor hulle gebede vir goddelike genade en krag om die betowering van onverskilligheid en gemaksug te verbreek. Dan kom Satan met hernieude ywer om die mensdom te verlei met vraatsugtigheid of selfvergenoegdheid, of iets dergeliks, sodat hul ontvanklikheid verswak word en hulle nie hoor wat hulle veronderstel is om te hoor nie.DGrH 34.1

    Satan weet dat almal wie gebed en Bybelstudie versuim, oorrompel sal word deur sy aanslae. Daarom bedink hy elke moontlike plan om die menslike gedagtes te boei. Satan se helpers is altyd aktief besig wanneer God aan die werk is. Hulle sal die mees entoesiastiese, selfverlonende dienaars van Christus voorhou as misleid of as misleiers. Dit is hulle taak om die motiewe van elke edele daad te verdraai, om insinuasies te versprei en om suspisie in die gedagtes van die onervare individue te saai. Dit sal egter duidelik sigbaar word wie se kinders hulle is, wie se voorbeeld hulle volg en wie se werk hulle doen. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Mattheus 7:16. Verwys ook na Openbaring 12:10.DGrH 34.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents