Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Onvoorbereid Om Die Hemel Binne Te Gaan

    Hulle wie Satan gekies het as hulle leier, is nie bereid om in God se teenwoordigheid in te gaan nie. Trots, misleiding, sedeloosheid en wreedheid is vasgelê in hul karakters. Kan hulle die hemel binnegaan om saam met hulle te wandel wie hulle hier op aarde gehaat het? Die waarheid sal nooit welgevallig wees vir ‘n leuenaar nie; sagmoedigheid sal nie selfagting tevrede stel nie; reinheid is nie aanvaarbaar vir die korrupte nie; onselfsugtige liefde is nie aantreklik vir die selfsugtige nie. Watter genot kon die hemel bied aan hulle wie vasgevang is in selfsugtige belangstellings?DGrH 54.1

    Kon hulle wie se harte gevul is met haat vir God, van waarheid en heiligheid, meng met die hemelse menigte en inval by hulle lofgesange? Jarelange proeftydperk was aan hulle vergun, maar hulle het nooit die gedagtes onderrig om reinheid lief te kry nie. Hulle het nooit die taal van die hemel aangeleer nie. Nou is dit te laat.DGrH 54.2

    ’n Lewe van rebellie teen God het hulle ongeskik gemaak vir die hemel. Die hemelse reinheid en vrede sal marteling wees vir hulle; die glorie van God sal ‘n verterende vuur wees vir hulle. Hulle sal smag daarna om te vlug van daardie heilige plek en sal eerder verdelg word, sodat hulle verberg kan wees vir die gesig van Hom wie vir hulle sondes gesterf het sodat hulle gered kan word. Die bestemming van die goddeloses is bepaal volgens hul eie keuses. Hul uitsluiting uit die hemel is vrywilliglik en geregverdig en genadiglik van die kant van God. Soos die waters van die Sondvloed sal die vure op daardie groot dag God se uitspraak bevestig, dat die goddeloses ongeneeslik is. Hulle wil is uitgeoefen deur rebellie. Wanneer die lewe beëindig is, is dit te laat om hulle gedagtes van oortreding te verander na gedagtes van gehoorsaamheid, van haat na liefde.DGrH 54.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents