Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Bybel Voorgehou as Fiksie

    Die apostels, wat verpersoonlik word deur leuenagtige geeste, word voorgehou om te weerspreek wat hulle geskryf het toe hulle op aarde was. Satan versprei gerugte in die wêreld dat die Bybel fiksie is, ‘n boek wat geskik is vir die klein kindertjies van die menslike ras, wat nou as rudimentêr, of uitgediend, beskou moet word. Die boek wat hom en sy volgelinge moet oordeel, wil hy in die skadu sit; die Verlosser van die wêreld wil hy voorhou as niks meer as ‘n gewone mens nie.DGrH 66.3

    En diegene wat glo in spiritistiese manifestasies probeer voorgee dat daar niks wonderbaarlik of bonatuurlik was in die aardse lewe van ons Verlosser nie. Hulle eie wonderwerke, verklaar hulle, oorskry die werke van Christus by verre.DGrH 67.1

    Spiritualisme neem huidiglik ‘n Christelike vermomming aan. Maar spiritualistiese leerstellings kan nie ontken of weggesteek word nie. In sy huidige vorm is dit ‘n meer gevaarlike, meer subtiele misleiding. Huidiglik gee hulle voor dat hulle Christus en die Bybel aanvaar. Maar die Bybel word interpreteer op ‘n wyse wat prettig is vir die onvernieude hart. Liefde word uitgelig as die hoof attribuut van God, maar word gedegradeer na ‘n swak sentimentalisme. God se veroordeling van sonde en die vereistes van Sy heilige gebooie word nie in berekening gebring nie. Fabels lei mense om die Bybel te verwerp as die fondament van hul geloof. Christus word net so geredelik verwerp as tevore, maar die misleiding word nie ontleed nie.DGrH 67.2

    Min het ‘n duidelike begrip van die misleidende krag van spiritualisme. Vele ondersoek spiritualisme bloot om nuuskierigheid te bevredig. Hulle sou ontsteld wees by die blote gedagte om hulleself oor te gee aan die kontrolende gees se beheer. Maar hulle waag dit op verbode terrein en die vernietiger oefen sy mag oor hulle uit teen hulle wil. As hulle een keer toegelaat het dat hulle gedagtes onder sy beheer kom, hou hy hulle in gevangenskap. Niks behalwe die krag van God, in antwoord op ernstige gebed, kan hierdie siele red nie.DGrH 67.3

    Almal wie vrywilliglik bekende sondes koester, verwelkom Satan se versoekings. Hulle skei hulself af van God en die beskerming van Sy engele en beskik oor geen verdediging nie.DGrH 68.1

    “Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou ‘n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg? Terug na die wet en getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!” Jesaja 8:19,20 (1983 Vertaling).DGrH 68.2

    Indien die mens bereid was om die waarheid aangaande die natuur van die mens en die toestand van die dode te ontvang, sou hulle in die misleidende wondere van spiritualisme Satan se krag in werking raakgesien het.DGrH 68.3

    Maar menigtes sluit hul oë vir die lig en Satan stel sy vangstrikke op rondom hulle “... omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo.” 2 Tessalonisense 2:10,11.DGrH 68.4

    Hulle wie spiritualisme opponeer veg teen Satan en sy engele. Satan sal geen duim terugstaan nie, behalwe indien teruggedryf deur hemelse boodskappers. Hy kan die Skrif huidiglik aanhaal soos in die dae van Christus op aarde en hy sal Sy leringe verdraai. Hulle wie staande wil bly in hierdie tyd van beproewing moet die getuienis van die Skrif persoonlik verstaan en ken.DGrH 68.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents