Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Omrgemgáheiá lei tot Rktiern Hebetlie

    God het in sy wysheid besluit om Satan toe te laat om voort te gaan met sy planne, totdat die gees van onvergenoegdheid vererger het en aktiewe opstand gevolg het. Dit was noodsaaklik vir sy planne om ten volle te ontwikkel, sodat die ware bedoelings deur almal identifiseer kon word. Lucifer was baie bemind deur die hemelse wesens en sy invloed oor hulle was baie sterk. God se regering het nie alleen die hemelwesens ingesluit nie, maar van al die wêrelde wat Hy geskape het; en Satan het gedink dat indien hy die engele kon oorreed en saamsnoer in rebellie, hy ook die ander wêrelde kon oorreed.DGrH 11.3

    Deur gebruik te maak van sofistery en bedrog, was sy krag om te mislei baie groot. Selfs die lojale engele kon nie sy karakter ten volle ontleed of begryp wat die uiteindelike gevolge van sy werke sou wees nie.DGrH 12.1

    Satan was so hoog vereer en al sy optredes so omsluit in geheimsinnigheid, dat dit moeilik was vir die engele om die werklike toedrag van sake te kon onderskei. Tensy dit ten volle ontwikkel is, kan die werklike onheil van sonde nie besef word nie. Selfs heilige engele kon nie die gevolge onderskei en voorsien, wat die afskaffing van die goddellike wet(te) sou inhou nie. Satan het aanvanklik voorgegee dat hy hom beywer het om God se eer te bevorder en dat hy die beste belange van al die DGrH 12.2

    In Sy hantering van sonde, kan God alleenlik geregtigheid en waarheid gebruik. Satan kon gebruik wat God nie kon gebruik nie naamlik - vleitaal en bedrog. Die ware karakter van die usurpator (gewelddadige inbesitnemer) moet deur almal verstaan word. Hy moet tyd gegun word om homself te manifesteer deur sy onheilige planne.DGrH 13.1

    Vir die verdeeldheid wat sy eie planne veroorsaak het in die hemel, het Satan vir God as die oorsaak blameer en beskuldig. Alle boosheid het hy toegeskryf as die resultaat van goddeliike bestuur. Vir daardie rede was dit belangrik dat hy sy voorgenome veranderings van goddellike wetgewing moes demonstreer. Sy eie werke moet hom veroordeel. Die heelal moet die bedrieër ontmasker sien.DGrH 13.2

    Selfs nadat besluit is dat Satan nie langer in die hemel kon bly nie, het Oneindige Wysheid nie vir Satan vernietig nie. Die getrouheid van God se skepsels moet berus op oortuiging van God se regverdigheid. Die inwoners van die hemel en ander wêrelde, wat onbekend en onvoorbereid was om die gevolge van sonde te verstaan, sou op daardie tydstip nie God se genade en regverdigheid begryp het, indien God vir Satan sou vernietig het nie. Indien God vir Satan onmiddellik uitgewis het, sou ander skepsels God gedien het uit vrees en nie uit liefde nie Die invloed van die bedrieër sou ook nie ten volle vernietig gewees het nie en ook sou die gees van rebellie nie uitgeroei gewees het nie. Vir die beswil van die heelal deur die oneindigheid heen, moes Satan sy planne meer volledig tot uitvoer bring, sodat sy aanklagte teen die goddellike regering deur alle geskape wesens in werklike perspektief gesien kan word.DGrH 13.3

    Satan se rebellie moes vir die heelal getuig van die verskriklike resultate van sonde. Satan se heerskappy sal die vrugte vertoon, waar goddellike gesag verwerp word. Die geskiedenis van hierdie verskriklike eksperiment van rebellie, is bedoel om ‘n ewigdurende beveiliging vir alle heilige en redelike wesens te wees, om hulle van sonde en die dood (straf vir sonde) te red.DGrH 14.1

    Toe dit aangekondig is dat die usurpator en al sy simpatiseerders uit die hemel gewerp moes word, het die rebelle leier vermetel sy minagting van die Skepper se wet verklaar. Hy het die goddellike wetlike gesag verwerp as ‘n beperking van vryheid en het sy doelstelling om die afskaffing van die wet te verseker, bevestig. Hy het verklaar dat indien die hemelwesens bevry word van hierdie beperking op vryheid, hulle moontlik ‘n verhoogde vlak van bestaan sal kan bereik.DGrH 14.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents