Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontevredenheid Onder die Engele

    Lucifer het sy plek in die teenwoordigheid van God verlaat en ontevredenheid onder die ander engele aangemoedig. Met geheimsinnige geheimhouding, onder voorwendsel van eerbied vir God en deur sy eintlike doei te verberg, het Lucifer gepoog om ontevredenheid te verwek aangaande die wette wat hemelse wesens onderworpe aan was, deur voorte hou dat hierdie wette onnodige beperkings opgeiê het. Aangesien engeie heilige wesens is, het Lucifer daarop aangedring dat engele slegs hul eie vrye wil moes eerbiedig. God het onregverdiglik opgetree deur die hoogste eer aan Christus te gee. Lucifer het beweer dat hy nie sy selfverhoging nagestreef het nie, maar dat sy doel was om vryheid vir al die inwoners van die hemel te verkry sodat hulle ‘n hoër vlak van bestaan of seifverwesenliking kon bereik.DGrH 8.3

    God was geduldig met Lucifer. Lucifer was nie degradeer van sy verhoogde posisie nie, selfs nie nadat hy begin het om valse steilings voor die engele te maak nie. Keer op keer was vergifnis vir hom aangebied, onderworpe aan sondebelydenis en onderwerping aan gesag. Pogings wat slegs deur oneindigende liefde voortgebring kan word, is aangewend om Luciferte probeer oortuig van sy foute. Onvergenoegdheid was nooit voorheen in die hemel geken nie. Lucifer het persoonlik aanvanklik ook nie die werklike natuur van sy gevoelens verstaan nie. Omdat dit bewys was dat sy ontevredenheid ongegrond was, is Lucifer oortuig dat die goddellike eise regverdig was en dat hy dit voor die volle vergadering in die hemel moes erken. Indien Lucifer dit gedoen het, kon hy moontlik homself en baie ander engele gered het. Indien Lucifer bereid was om terug te keer na God en tevrede gewees het om die posisie en plek in te neem wat God vir hom aangewys het, sou Lucifer weer in sy amp aangestel geword het. Trots het Lucifer egter verbied om homseif te onderwerp. Hy het volgehou dat hy geen behoefte gehad het om skuldbelydenis te doen nie en het besluit om homself ten volle te verbind tot die groot stryd met sy Skepper.DGrH 9.1

    Ai die kragte van sy meesterbrein is nou aangewend vir misleiding, om die simpatie van die engele te verkry. Satan het aangevoer dat hy onregverdiglik en verkeerdelik beoordeel is en dat sy vryheid geskend was. Lucifer het wegbeweeg van wanvoorstelling van die woorde van Christus na direkte valsheid, deur die Seun van God te beskuldig van ‘n pian om hom voor die inwoners van die hemel te wil verneder.DGrH 11.1

    Almal wie hy nie kon oorhaal na sy kant toe nie, het hy beskuldig van onverskilligheid teenoor die belange van hemelwesens. Hy het hom toe gewend na wanvoorstelling van die Skepper. Oit was sy beleid om die engele te verwar met subtiele argumente aangaande God se bedoelings. Enige iets eenvoudigs het hy omsluit in geheimsinnigheid en deur kreatiewe verdraaiing het hy twyfel gesaai oor duideiike en eenvoudige stellings van God. Sy hoë posisie het groter gesag gegee aan sy wanvoorstellings. Baie engele is oorreed om saam met hom te verenig in rebellie.DGrH 11.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents