Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ’n Oplettende Vyand

    Hierdie oplettende vyand stel homself bekend in elke huishouding, in elke straat, in die kerke, in nasionale rade, in geregshowe, verwar, mislei, verlei en oral vernietig hy die siele en liggame van mans, vroue en kinders. Hy verbrokkel families, saai haat, onenigheid, ophitsing en moord. Dit wil voorkom of die wêreld aanvaar dat God hierdie dinge bepaal het en dat hulle moet bestaan. Almal wie nie volgelinge van Christus is nie, is slawe van Satan. Wanneer Christene vereniging met die goddelose kies, stel hulle hulself bloot aan versoeking. Satan verberg homself en trek sy misleidende sluier oor hulle oë.DGrH 22.1

    Aanpassing by onkerklike tradisies verander die kerk na die wêreld, nooit die wêreld na Christus nie. Familiariteit met sonde sal veroorsaak dat dit minder weersindwekkend is. Wanneer ons pligshalwe in versoeking kom, kan ons seker wees dat God ons sal beskerm; maar indien ons onsself aan versoeking blootstel, sal ons vroeër of later swig.DGrH 22.2

    Die verleier werk dikwels suksesvol deur hulle wie die minste verdink word dat hulle onder sy beheer staan. Talente en kultuur is gawes van God, maar indien hulle weglei van God af, word hulle vangstrikke. Baie persone van kulturele intellek en aangename maniere, is dikwels gepoleerde instrumente in die hande van Satan.DGrH 22.3

    Moet nooit die geinspireerde waarskuwings deur die eeue heen tot vandag toe vergeet nie:DGrH 22.4

    “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.” “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.” 1 Petrus 5:8; Efesiërs 6:11. Ons groot teenstander is besig om voor te berei vir sy laaste veldtog. Almal wie Jesus volg sal in konflik wees met hierdie vyand. Hoe duideliker en meer nougeset die Christen die goddellike voorbeeld navolg, hoe meer verseker is dit dat hy/sy ‘n teiken vir die aanvalle van Satan sal word.DGrH 22.5

    Satan het Christus aangeval met verskriklike en subtiele versoekings; maar hy was in elke konflik teruggedryf. Daardie oorwinnings maak dit moontlik vir ons om te triomfeer. Christus sal krag gee aan elkeen wat dit soek. Geen persoon kan sonder toestemming deur Satan oorweldig of oorrompel word nie. Die verleier het geen mag om die wil te beheer of om die siel te forseer om te sondig nie. Satan kan rampspoed bewerkstellig maar nie verontreiniging forseer nie. Die feit dat Christus oorwin het behoort Sy volgelinge te inspireer om met moed te veg in hierdie stryd teen Satan en die sonde.DGrH 23.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents