Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Dag van die Here

    Die profeet Jesaja het gesê: “Daardie dag sal die mense die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het om voor te buig, weggooi vir die rotte en die vlermuise.” “As die Here die aarde begin skud, sal hulle die rotsholtes en die klipskeure invlug vir die verskrikking wat van Hom kom en vir die glans van Sy majesteit.” Jesaja 2:20,21.DGrH 121.3

    Hulle wie bereid was om alles op te offer vir Christus is nou veilig. Hulle het voor die mense en in die gesig van die dood hul lojaliteit teenoor Christus wie vir hulle sondes gesterf het, bevestig.DGrH 122.1

    Hul gesigte wat tot nou toe bleek en vervalle was, is nou helder in verwondering. Hul stemme verrys in oorwinnende sang: “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” “Daaroom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge in die dieptes van die see.” Psalm 46:2,3.DGrH 122.2

    Terwyl die woorde van heilige vertroue opstyg na God, kan die glans van die heilige stad wat deur die poorte straal, reeds op ‘n afstand waargeneem word. Dan verskyn daar in die lug ‘n hand met twee tablette van klip. Daardie heilige wet wat op die berg Sinai proklammeer is, word nou onthul as die wet van oordeel. Die woorde is so duidelik, dat almal dit kan lees. Die geheue word gestimuleer. Die duisternis van bygeloof en kettery word uit elke menslike gedagte uitgevee.DGrH 122.3

    Dit is onmoontlik om die ontsteltenis en vertwyfeling te beskryf van hulle wie God se gebooie verontagsaam het. Om die guns van mense te verkry het hulle God se gebooie nie eerbiedig nie en het hulle ander ook geleer om die gebooie te oortree. Nou word hulle beoordeel deur dieselfde wet wat hulle geminag het. Hulle besef hulle het geen verskoning om aan te bied nie. Die vyande van God se gebooie het nou ‘n nuwe begrip van waarheid en plig. Te laat besef hulle dat die Sabbat die seël is van die lewende god. Te laat besef hulle dat hulle op sand gebou het. Hulle het al die tyd teen God geveg. Geestelike leiers het siele na die verdoemenis toe gelei, terwyl hulle gemeen het om hulle na die Paradys toe te lei. Hoe groot is die verantwoordelikheid van geestelike leiers nie. Hoe vreeslik die resultate van hul ontrouheid!DGrH 122.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents