Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Uit die Hemel Verban

    Satan en sy gevolg het vir Christus die skuid vir die rebellie gegee; indien hulle nie berispe was nie, sou hulle nooit gerebelleer het nie. Weerbarstig en uitdagend, terwyl hulle godlasterlik aanspraak maak dat hulle onskuldige slagoffers is van onderdukkende gesag, is die aartsrebel en sy simpatiseerders uit die hemel verban. Sien Openbaring 12:79.DGrH 15.1

    Satan se gees is steeds besig om rebellie op aarde te inspireer in die kinders van ongehoorsaamheid. Net soos Satan beloof hulle vryheid aan mense, deur oortreding van God se wet. Teregwysing van sonde wek steeds haat op. Satan verlei die mens om hulself te regverdig en om die simpatie van andere te soek vir hul sonde. In plaas daarvan om foute te korrigeer, verwek hulle verontwaardiging teenoor die teregwyser, asof hy/sy die oorsaak was van die oortreding, sonde of probleem.DGrH 15.2

    Deur dieselfde wanvoorstelling van die karakter van God, soos wat hy gedoen het in die hemel, deur Hom te beskou as wreed en tiranies, het Satan die mens ook oorreed om te sondig.DGrH 16.1

    Hy het verklaar dat God se onregverdige beperkings tot die val van die mens gelei het, soos wat God se beperkings tot sy eie rebellie gelei het. DGrH 16.2

    In die verbanning van Satan uit die hemel, het God sy regverdigheid en eer verklaar. Maar toe die mens gesondig het, het God bewys gelewer van Sy liefde, deur Sy eie Seun te stuur om vir die gevalle mensdom te sterf. Deur die versoeningsbloed word die karakter van God openbaar. Die kragtige argument van die kruis demonstreer dat sonde geensins toegeskryf kan word aan die regering van God nie. Gedurende die Verlosser se aardse bediening, is die groot bedrieër ontmasker. Die vermetelde godslastering van sy versoek dat Christus aan hom hulde bring, die onvermoeide kwaadwilligheid wat jag op Hom gemaak het van plek tot plek, wat die harte van priesters en mense inspireer het om Sy liefde te verwerp en te skreeu, “Kruisig hom! Kruisig hom!” - al hierdie gebeure het die verwondering en verontwaardiging van die wêreld verwek. Die prins van sonde het al sy kragte en sluheid aangewend om Jesus te vernietig. Satan het die mense en sy agente aangewend om die Veriosser se lewe te vul met lyding en smarte. Die opgekropte vure van jaloesie, afguns, haat en wraaksug het uitgebars op Golgota teen die Seun van God.DGrH 17.1

    Nou het Satan se skuld uitgekom sonder verskoning. Hy het sy ware karakter getoon. Satan se aanklagtes gevul met leuens teen die goddellike karakter het nou duidelik aan die lig gekom. Hy het God aangekia van die verhoging van Homself deur gehoorsaamheid te vereis van Sy skepsels en het verklaar dat terwyl die Skepper noukeuriglik selfverioëning van almal verlang het, Hy Homself nie selfverioëning beoefen het nie en geen opofferings gemaak het nie. Nou is dit egter onteenseglik bewys dat die Regeerder van die heelal die grootste opoffering gemaak het wat liefde kan maak, “naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het.” 2 Korinthiërs 5:19. Sodat sonde vernietig kon word het Christus Homself verneder en tot die dood toe gehoorsaam gebly.DGrH 17.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents