Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    8 — Ter Verdediging van die Waarheid

    Die oproep en verpligting om God te aanbid, berus op die feit dat Hy die Skepper is. “Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weide.” Psalm 100:3. “Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.” Psalm 95:6.DGrH 95.1

    In Openbaring 14 word ‘n beroep op die wêreld gedoen om die Skepper te aanbid en Sy gebooie te gehoorsaam. Een van hierdie gebooie verwys direk na God as die Skepper. “Maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God ” “Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig.” Exodus 20:10,11. Wat die Sabbat betref sê die Here verder: “En heilig My sabatte; en hulle sal ‘n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is.” Esegiël 20:20. Indien die Sabbat universeel eerbiedig en onderhou was, sou al die mense se gedagtes en toegeneentheid gefokus gewees het op die Here, as die Een wat eerbiedig en aanbid moet word, en dan sou daar waarskynlik nooit ‘n afgodedienaar, ‘n ateïs of ‘n ongelowige gewees het nie. Die onderhouding van die Sabbat is ‘n teken van lojaliteit aan die ware God. “Hy wie die hemel, en die aarde, en die see en al die waterfonteine gemaak het.” Dit is dus duidelik dat die boodskap wat die mense beveel om God te aanbid en Sy gebooie te eerbiedig, ‘n spesiale beroep doen op hulle om die vierde gebod te onderhou.DGrH 95.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents