Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Inleiding

    Wanneer rampe, onrus of oorlog skielik ons lewens teister; wanneer ons drome van sukses verpletter word; wanneer siekte en die dood ons gelieftes agtervolg - is daar slegs een ding wat ons ons koppe omhoog laat hou en wat vorentoe wys - hoop. Hoop vir ‘n beter more, vir ‘n blink toekoms; vir ‘n gelukkiger dag. Hoop dat die lewe uit meer bestaan as wat ons nou sien en voel.DGrH 4.1

    Hierdie boek is ‘n geskiedenis van hoop. Hoewel dit geskryf is binne die styl en historiese konteks van die 19de eeu, bied dit skerpe insigte vir die 21 ste eeu. Dit is die geskiedenis van ‘n God van liefde, ‘n God wat ingetree het om mense te beskerm en te red, selfs nog voordat hulle bestaan het. Toe lyding en die dood ingetree het in die wêreld, het God nie net eenkant gestaan en die vernietiging bekyk nie. Hy het ‘n plan onthul om mense te red - en die plan is vandag in volle werking.DGrH 4.2

    Die mens se geskiedenis is vol van verhale van diegene wat vir hulself die reg toege-eien het om die Bybel se leerte verduidelik en uitte brei. Hoop en vrede is herhaaldelik versteur deur manne wat voorgee dat hulle in Gods naam en in Sy gesag optree. Die wêreld is verduister deur misverstand oor wie God regtig is, en selfs twyfel oor Sy bestaan.DGrH 4.3

    Maar God se liefde vir mense het nie verflou nie.DGrH 4.4

    Nieteenstaande wat oor Hom gesê is, en die leer van sommiges wat beweer hulle praat namens Hom, kan die waarheid oor God in Sy Woord gevind word - deur almal wat met ope harte daarna soek.DGrH 5.1

    Soek u na waarheid - na vrede - na hoop? Waar sal u begin? Dit blyk of nasies neig na oorlog. Die wêreldekonomie is byna aan flarde. Natuurrampe en die ‘vergiftigde’ ekologie ding mee om die omgewing ‘n finale nekslag toe te dien. Die globale klimaat blyk buite beheer te wees. Dit blyk nie meer dat die wysheid van mense ‘n veilige toekoms of enige hoop op geluk kan bied nie.DGrH 5.2

    Maar ons is glad nie sonder hoop nie! Volg God se spoor deur die mens se geskiedenis en kyk self na Sy aanbod om ons te red. Ontdek die waarhede wat ons uitkoms gee van die duiwel se leuens. Ontdek waarhede wat vandag u lewe kan verander, en u hoop kan gee op ‘n ewige lewe.DGrH 5.3

    En verder, kyk vorentoe, deur die Skrif se profesieë, na die geskiedenis wat nog nie opgeteken is nie. Sien hoe God se greep op ons hande al hoe sterker word namate die wêreld verkrummel. Ons toekoms is seker as ons hand in Syne bly.DGrH 5.4

    Maak nie saak wat vandag in u persoonlike lewe of in die wêreld om ons plaasvind nie - u kan Groot Hoop hê vir more. Maak vandag u hart oop vir die Groot Hoop wat God vandag vir u bied.DGrH 5.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents