Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opstanding van God se Volk

    Die stem van die Seun van God roep die ontslape regverdiges. Dwarsdeur die wêreld sal die dooies Sy stem hoor en hulle wie hoor sal lewe, ‘n groot menigte van elke nasie, ras, taal en volk. Van die tronk van die dood af kom hulle bekleed met onsterflikheid en heerlikheid en roep uit: “Dood waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?’’ 1 Korinthiërs 15:55.DGrH 125.3

    Almal kom uit die grafte in dieselfde gestalte as wat hulle die graf ingegaan het. Maar almal herrys met die varsheid en vitaliteit van ewige jeuglikheid.DGrH 126.1

    Christus het gekom om alles wat verlore is, te herstel. Hy herstel ons ellendige liggame en verander dit om te wees net soos Sy eie verheerlikte liggaam. Die sterflike, bederfbare liggaam, wat eens met sonde besmet was, verander na volmaak, mooi en onsterflik. Enige letsel of gebrek bly agter in die graf. Die verlostes sal “opgroei” tot die volle statuur van die ras in sy oorspronklike glorie, en die laaste bewysstukke van sonde word verwyder. Christus se gelowige, geregverdigde, geheiligdes se verheerliking sal verseker dat hulle in gees, siel en liggaam, die perfekte ewebeeld is van hulle Here.DGrH 126.2

    Die lewende regverdiges word verander “in ‘n oomblik, in ‘n oogknip.” 1 Korinthiërs 15:52. Op God se bevel word die regverdiges wie nog leef se liggame verheerlik en onsterflik gemaak en saam met die opgestane regverdiges opgeneem in die hemel om die Here te ontmoet. Engele vergader die uitverkorenes van die vier windstreke van die wêreld, van die een kant van die hemel tot die anderkant. Klein kindertjies word weer besorg in die arms van hul moeders. Vriende wie lank reeds deur die dood geskei is, word weer verenig, om nooit weer geskei te word nie en met gesange van blydskap vaar hulle saam op na die stad van God.DGrH 126.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents