Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Beroep op Intellek

    Aan mense met kultuur en verfyndheid, bied die prins van die duisternis spiritualisme aan in die meer verfynde en intellektuele aspekte. Hy verskaf genot aan die verbeeldingskrag met verruklike tonele en elegante uitbeeldings van liefde en liefdadigheid. Hy veroorsaak dat die mens soveel trots in sy eie prestasies en wysheid verkry dat hulle in hul harte eintlik die Ewige Een verag.DGrH 63.3

    Satan verlei mense nou soos hy Eva in Eden verlei het, deur ambisie te prikkel vir selfverheffing. “Julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees,” verklaar hy, “deur goed en kwaad te ken”. Genesis 3:5. Spiritualisme leer: “die mens is die skepping van vooruitgang ... tot die godheid”, en ook: “Die oordeel sal reg wees, want dit is die selfoordeel... die troon is binne in jou.” Nog iemand anders verklaar: “Enige regverdige en perfekte wese is Christus.”DGrH 63.4

    Satan het die feilbare mens verklaar as die enigste maatstaf vir oordeel. Dit is vordering. Nie boontoe nie maar ondertoe! Die mens sal nooit uitstyg bokant sy standaard van reinheid of goedheid nie. Indien hyself die mens se hoogste ideaal is, sal hy nooit ontwikkel tot iets beter as dit nie. Die genade van God alleen het die krag om die mens te verhef. Aan homself oorgelaat, is die mens se neiging afwaarts.DGrH 64.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents