Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Wat is Heiligmaking?

    Foutiewe leerstellings van heiligmaking ontstaan ook as gevolg van versuiming of verwerping van die goddellike wet. Hierdie teorieë wat vals in doktrine en gevaarlik in praktiese resultate is, geniet guns by die mensdom in die algemeen.DGrH 79.2

    Paulus verklaar, “Want dit is die wil van God: julle heiligmaking.” Die Bybel gee duidelike onderrig oor wat heiligmaking is en hoe dit verkry moet word. Die Verlosser het vir sy dissipels gebid: “Heilig hulle in U waarheid. U Woord is die waarheid.” Paulus leer verder dat gelowiges .. geheilig deur die Heilige Gees” moet word. 1 Tessalonisense 4:3; Johannes 17:17; Romeine 15:16.DGrH 79.3

    Wat is die werk van die Heilige Gees? Jesus het aan Sy dissipels gesê: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei,” en die psalmis sê: “U wet is die waarheid.” Aangesien die wet van God “Heilig, regverdig en goed” is, sal ‘n karakter wat uit gehoorsaamheid tot daardie wet gevorm is, heilig wees. Christus is die perfekte voorbeeld van so ‘n karakter. Hy sê: “Ek het My Vader se gebooie onderhou.” “Ek doen altyd daardie dinge wat Hom welgevallig is.” Johannes 15:10; 8:29. Die volgelinge van Christus moet soos Hy word - deur die genade van God moet hulle karakters vorm wat in harmonie is met die beginsels van Sy heilge wet. Dit is Bybelse heiligmaking.DGrH 79.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents