Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    7 — Ons Enigste Beskerming

    Die dienaars van God word verwys na die Woord as die enigste beskerming teen die misleidende mag van geeste van die duisternis. Satan wend elke moontlike plan aan om te verhoed dat die mens ‘n kennis van die Bybel ontvang. By elke herlewing van God se werk, word Satan gemotiveer om sy aktiwiteite te intensifiseer. ‘n Finale stryd teen Christus en Sy volgelinge sal binnekort begin. So na aan die waarheid sal die vervalsing wees, dat dit onmoontlik sal wees om onderskeid te tref, behalwe deur die bestudering van die Skrifte.DGrH 88.1

    Huile wie strewe om al die gebooie van God te onderhou sal opponeer, bespot en uitgekoggel word. Om hierdie lyding te deurstaan moet hulle die wil van God verstaan soos bekend gemaak in Sy Woord. Hulle sal Hom alleenlik kan eer indien hulle die korrekte begrip het van Sy karakter, regering en doestellings en dienooreenkomstiglik optree. Slegs hulle wie geestelik versterk is met die waarhede van die Bybel, sal staande kan bly deur die laaste groot konflik.DGrH 88.2

    Voor Sy kruisiging het die Verlosser aan Sy dissipels verduidelik dat Hy gedood sou word en weer sou opstaan. Engele was teenwoordig om Sy woorde op hul harte en gedagtes in te skerp. Maar die woorde is verban uit die dissipels se gedagtes. Toe die toets egter kom, het die dood van Jesus hul hoop vernietig, asof Hy hulle glad nie gewaarsku het nie. Net so word die toekoms vir ons deur die profesieë aangedui, so duidelik soos wat die dissipels die boodskap van Christus ontvang het. Steeds het menigtes geen meer begrip van hierdie toekomstige gebeure, as wat die geval sou wees indien hulle hierdie boodskappe nooit sou ontvang het nie.DGrH 89.1

    Wanneer God waarskuwings stuur, verwag God van elke persoon met verstand om ag te slaan op die boodskap. Die vreeslike oordele oor die aanbidding van die draak en sy beeld (sien Openbaring 14:9-11) behoort aan almal duidelik te maak wat die merk van die dier is en hoe om te vermy om dit te ontvang. 1Hierdie onderwerp word aangebied in Die Groot Stryd, Hoofstuk 38. Maar die massas van mense wil nie die Bybelwaarhede ontvang nie, omdat dit inmeng met die begeertes van die sondige hart. Satan voorsien die tipe misleidings wat mense liefhet.DGrH 89.2

    Maar God se oorblyfsel gelowiges sal die Bybel en die Bybel alleenlik gebruik as maatstaf vir leerstellings en die basis vir hervorming. Die opinies van geleerde manne, die gevolgtrekkings van wetenskaplikes, die besluite van godsdienstige raadsvergaderings, die stem van die meerderheid - nie een van hulle moet beskou word as bewys vir of teen enige leerstellngs van God nie. Ons moet alleenlik aandring op: “So sê die Here!” Satan mislei die mense om na leraars en predikante, pastore en professore van teologie te luister as hulle gidse, in plaas van om die Skrifte self te ondersoek. Deur hierdie leiers te beheer, kan Satan die massas beïnvloed.DGrH 89.3

    Toe Christus na die aarde toe gekom het, het die gewone man op straat gretiglik na Hom geluister. Maar die hoof van die priesters en leiers in die gemeenskappe het hul self verskans in vooroordeel; hulle het die getuienis van Sy Messiaskap verwerp. “Hoe is dit,” het die mense gevra, “dat ons geleerde predikante en leiers nie glo in Jesus nie?” Hierdie leiers het die gewone volk gelei tot verwerping van die Verlosser.DGrH 89.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents