Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Beroep op die Plesier-Liefhebbers

    Aan die genotsugtige, die liefhebber van plesier, die sensuele, bied spiritualisme ‘n minder subtiele vermomming. In sy growwer gedaantes vind hulle dit wat in harmonie is met hulle eie neigings. Satan neem duidelik kennis van elke sondaar se neigings en voorkeure en verseker geleenthede om aan daardie sondige begeertes te voldoen. Satan verlei die mens deur ongebreideldheid sodat hul fisiese, geestelike en morele krag verswak. Hy vernietig duisende deur hul hartstogte te bevredig en verdierlik die hele skepping in die proses. En om sy slinksheid te voltooi verklaar die geeste: Ware kennis plaas die mens bokant alle wette; wat is, is reg; God veroordeel nie; alle sondes is onskuldig. Wanneer die mensdom derhalwe geleer word dat begeerte die hoogste wet is, dat vryheid vergunning is, dat die mens alleenlik aan homself verantwoordelik is, moet ons dan nog steeds wonder waarom korrupsie seëvier? Menigtes aanvaar gretiglik die aanhitsing van hul begeertes. Satan vergaar duisende in sy net, wat verklaar dat hulle Christene is.DGrH 64.2

    Maar God het voldoende lig beskikbaar gestel sodat ons die vangstrikke kan identifiseer. Die basiese fondamente van spiritualisme is in konflik met die Bybel. Die Bybel verklaar dat die dooies niks weet nie, dat hulle gedagtes ontbind het; hulle het geen deel meer aan die vreugdes en hartseer van die wat lewe op aarde nie.DGrH 65.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents