Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents

Die Groot Hoop

 - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    10 - Die Groot Bevryding

    Wanneer die beskerming van menslike wette onttrek sal word van die groep wat die Tien Gebooie van God eer, gehoorsaam en onderhou, sal daar in verskillende lande ‘n besluit geneem word vir gelyktydige optrede teen hulle, om hierdie oortreders te vervolg. Soos die tyd nader kom wat in die dekreet aangekondig en gepubliseer word, sal bose mense ‘n komplot smee om hierdie beskuldigdes in een nag te dood sodat hierdie oortreders se afwykende optrede en teregwysings oor hulle oortredinge van God se gebooie, beeïndig kan word.DGrH 119.1

    God se dienaars - sommige in tronke, sommige in woude en berge - pleit vir goddellike beskerming. Gewapende vervolgers, aangevuur deur bose engele, berei voor om hierdie oortreders te dood. In hierdie finale uur sal God intree: “Maar julle sal sing soos in die nag voor ‘n fees, julle sal vrolik wees soos wanneer mense met fluitspel begin loop na die berg van die Here toe, na die Rots van Israel toe.” “Die Here sal Sy magtige stem laat hoor, Hy sal Sy krag openbaar in gloeiende toorn, verterende vuur, storm, onweer en hael.” Jesaja 30:29, 30.DGrH 119.2

    Terwyl hordes goddelose mense gereed maak om toe te sak op hul geïdentifiseerde prooi, is ‘n donkerte, swarter as die nag, besig om toe te sak op die aarde. Dan verskyn ‘n reënboog in die lug wat voorkom asof dit elke groepie gelowiges wie voortvlugtend is voor hul vervolgers, omsirkel. Die ontstoke hordes vervolgers raak stil. Die oorsake van hul woede is vergete. Hulle staar na die slmbool van God se verbond en smag daarna om beskerm te word teen die simbool se helderheid.DGrH 120.1

    ’n Stem uit die hemel word gehoor deur God se dienaars, wat sê: “Kyk op!” Soos Stefanus, die vroeë Christen martelaar, sien hulle die glorie van God en die Seun van die mens op Sy troon sit. Sien Handelinge 7:55, 56. Hulle sien die merke van Sy vernedering en hoor die versoek, “Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees ...” Johannes 17:24. “Hulle kom heilig, skadeloos en onbesoedeld! Hulle het My versoek tot lydsaamheid gevolg.”DGrH 120.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents